PIESANG KARAMEL YSKAS TERT-BANANA CARAMEL FRIDGE TART

PIESANG KARAMEL YSKAS TERT-BANANA CARAMEL FRIDGE TARTtested

PIESANG KARAMEL YSKAS TERT-BANANA CARAMEL FRIDGE TART
Resep en foto:  Erica Pannels
FOOD LOVERS RECIPES
Banana, caramel fridge tart sprinkled with white Chocolate
1 pakkie tennisbeskuitjies
piesangs
1 blikkie karamel kondensmelk
½ boksie ultramel
1 botteltjie Orley Wipp
wit sjokolade vir versiering

Meng die karamel kondensmelk, ultramel en Orley Wipp saam tot dit lekker stewig begin raak.
Pak die tennisbeskuitjies in ‘n pirex bak.
Sny die piesangs en pak bo-op die beskuitjies.
Giet dan die mengsel in.
Herhaal lae weer met die beskuitjies, piesangs en vulsel totdat die mengsel op is.
Rasper wit sjokolade bo-oor vir versiering.
As dit klaar is, sit dit in die yskas vir ten minste 30 min.




VEGETABLE SOSATIE

VEGETABLE SOSATIEtested

VEGETABLE SOSATIE
Cherry tomatoes
Button mushrooms
3 colour bel peppers
shallots/small onion (par boiled)
pinapple chunks
Baby marrow
You can add sliced sweet corn cob as well

Baste with garlic infused olive oil an a bit of lemon juice.
BRON – Elize de Kock




VLINDERSLAAI

VLINDERSLAAItested

VLINDERSLAAI
500 g Hawain stirfry
500 g brocolli
250 g spek
1 groot ui
100 g macadamia neute, rou
125 ml slaaisous
sout/peper en gerookte paprika

Spoel gevriesde groente af in vergietes, laat staan 5 minute in baie warm water.
Braai ui en spek in botter, saam met 5 ml paprika, laat afkoel.
Strooi sout en peper oor groente, meng alles saam, ook grof gekapte neute en slaaisous.
Slaai word lekkerder as dit eers paar uur staan. Variasie, gebruik salami ipv spek. Enjoy.
Nota:
Jy kan enige slaaisous van jou keuse gebruik. Ek hou van Ina Paarman se Heuning en Mosterd of die bloukaas een.
Resep en foto: Floraine Wasserman Venter




MARIAN SE HEERLIKE SKAAP SKENKELS

 

MARIAN SE HEERLIKE SKAAP SKENKELStested

MARIAN SE HEERLIKE SKAAP SKENKELS
Het vanaand my mense met Lamb Shank en mash bederf
6 Lamb Shanks
Koppie Rooiwyn
Bottel marineer sous
1 Uie
1 eetlepel Knoffel
1 pakkieMushrooms
2 Wortels
Meat tenderiser
BBQ spice
Roosmaryn Ina Paarmen
Sout

Gooi Meat tenderiser oor en Marineer vleis in sous vir so uur.
Vee sous met jou hande af en braai vleis in pan met bietjie olie.
Sny die ui, wortels, mushrooms op en sit onder in pan. Meng n eetlepel knoffel met dit.
Gooi die speserye en sout oor vleis.
Meng die sous en wyn met mekaar en gooi oor vleis. Bedek met foelie.
Bak in 180°c oond vir 2 ure
BRON – Marian van Deventer




KOOS SE WORSKOS

KOOS SE WORS STEWtested
KOOS SE WORSKOS
Party mense noem dit wors potjie. Ek noem dit sommer wors stew want ek het rond gekrap in die pot.
Yster pot op die stoof.
Uie gebraai
Wors stukkies gesny en by gesit.
Tamaties in gesny
Aartappel bo-op gepak.
Deksel op die pot en stadig gekook tot die aartappels sag was
Lekker Kerrie met worceter sous gemeng en by gegooi.
Die kerrie is nie omdat die wors oud is nie, ons was net lus vir n kerrie dis.
Saam met rys bedien.

Foto en resep geplaas deur Koos van der Merwe




BLOUWILDEBEES SCHNITZEL

 

BLOUWILDEBEES SCHNITZELtested

BLOUWILDEBEES SCHNITZEL
Ek het nie regtig afmetings gemaak nie, maar hier is wat ek gebruik het:
Blouwildebees steaks lekker plat geslaan met vleishammer
Meel
Steak and chops braai salt
Sout
Peper
Peri-peri spice

Ek het die rou vleis eers in die meel mengsel geskud en toe in rou eiers gedip en weer in die meel mengsel. Daarna het ek maar net ge-deep fry.
Dis heerlik as jy nog so bietjie Aromat oor die gaar schnitzels gooi
Bron en foto: Roxelle De Vries

Resep geplaas deur Linda Venter




MELANIE SE HEERLIKE FUDGE

 

MELANIE SE HEERLIKE FUDGEtested

MELANIE SE HEERLIKE FUDGE
En hier is my eind produk….. Fudge gemaak vir die eerste keer in my lewe.
Die resep is soos volg

1,360 kg suiker
1 koppie warm water
1 blikkie kondensmelk
250g margarien
3 eetlepels stroop

Plaas alles in ñ dikboom pot, ek gebruik sommer stoompot sonder deksel. Bring tot kookpunt, sit hitte laag en roer vir 20 min terwyl dit kook. Verwyder van die hitte en klits ñ halwe teelepel tartaric acid in. Klits tot dit net begin stol, gooi uit in pan voor dit stol. Laat effens afkoel, sny in blokkies, en laat verder afkoel. Geniet!
BRON – Melanie Elms Volmer

Resep geplaas deur Linda Venter




GEBAKTE SPAGHETTI

BAKED SPAGETTItested
GEBAKTE SPAGHETTI
Maalvleis en uie gebraai gooi vloeistof af.
Gaar spagetti meng met vleis
N bietjie gemenge speseye
Tamatie puree of tamatie sous
Spagetti sous
Meng alles gooi in gesmeerde bak
Rasper mozzerella kaas oor
Bak in oond 180 – 30 minute
BRON – Emma Beetge




CARPACCIO MET N TWIST

CARPACCIO WITH A TWISTtested
CARPACCIO MET N TWIST
Koedoe / Kudu carpaccio. ( Alternatief enige bees fillet of snit ).
Sny die vleis en dun repies.
Marineer rou vleis in suurlemoensap, balsamiese asyn en olyfolie vir minimum 4 ure ( kan oornag ook laat staan ). Spesery met suurlemoen peper.
Botter beskuitjie van keuse liggies. Plaas snysel kaas, in hierdie geval Briekaas bo-op, smeer met hot English mosterd en plaas gedreineerde vleis snitte daarop. Sout na smaak. Bedrup met nog suurlemoen en tobasco na smaak.
As dit `n begin van die maand snack is, gebruik organiese ” baby herb ” slaai blaartjies en ingelegde ” capers “.
BRON – Johan Rossouw




GRONDBOONTJIEBOTTER EN APPELKOOSKONFYT SJOKOLADE KOEK

 

GRONDBOONTJIEBOTTER EN APPELKOOSKONFYT SJOKOLADE KOEKtested

GRONDBOONTJIEBOTTER EN APPELKOOSKONFYT SJOKOLADE KOEK
Weer een van my moerby koeke
125 g botter/margarien
250 ml strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
3 ekstra groot eiers
80 ml appelkooskonfyt
80 ml grondboontjiebotter (Ek het die met die stukkies grondboontjies in gebruik)
375 ml koekmeel
3 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
2 ml sout
125 ml kakao
250 ml karringmelk

Klop die botter, strooisuiker en geursel saam tot romerig. Voeg eiers een-vir-een by en klop goed na elke byvoeging. Voeg die konfyt en grondboontjiebotter by en klop tot glad.
Sif die meel, bakpoeier, koeksoda, sout en kakao saam en voeg om die beurt met die karringmelk by die eiermengsel. Meng tot glad. Skep in ‘n ronde gesmeerde en gevoerde 23 cm-veerklamppan.
Bak 45 minute in ‘n voorverhitte oond by 180°C. Laat effens in die pan afkoel en keer dan op ‘n draadrak uit om verder af te koel.

Nota:  Ek het 2 koeke gebak. Dit is ‘n 3 laag koek. Die 4de laag hou ek vir myself, lol Eerste laag: 3/4 blikkie Caramel treat oor die onderlaag gesmeer, dan 250 ml styfgeklopte room, sit 2de laag op. Op 2de laag: peer en aarbeikonfyt en weer 250 ml styfgeklopte room. Sit laaste koek laag bo-op. Bo-op het ek ‘n roomkaas versiersel gesmeer en ‘n lekker dik ganache bo-oor gegooi om af te loop, ek het nie die kant versier nie. Vars aarbeie bo-op rangskik en van die roomkaasversiering tussenin gespuit.

BRON – Petré van Jaarsveld