SOUTTERT VIERKANTJIES


SOUTTERT VIERKANTJIES
Ek het geen spesifieke resep vir dit nie, want dit hang af wat ek lus het om daar in te voeg of wat versoek word van die kliente.
1 middelslag ui, fyn gekap en gebraai
‘½ takkie seldery fyngekap
1 pimento/’½ soetrissie (enige kleur) ook fyngekap
‘n huisie knoffel, fyn
1 pakkie sampioene, (opsioneel) gerasper
een wortel, (groterig) fyn gerasper
dan jou keuse van vleisigheid, verskeidenheid koue vleis, bacon, hoender, tuna, gebakte vis gevlok, wat jy ookal van hou so 400ml daarvan omtrent
Meng al die bestandele saam en plaas in ‘n gesmeerde bakplaat.
Klits apart in ‘n houer die volgende:
6 eiers
2 eetlepels koekmeel
100 ml melk
2 ml fyn mosterd
gekapte pietersielie
Gooi dit eweredig oor die mengsel in die bakplaat en bak by 190°C vir ongeveer 25 min. Jou baktyd sal verskil van die grote van jou plaat (omdat dit dikker of dunner is)
Sny in vorms soos verlang. Dit kan warm of koud bedien word en die manne is baie lief hiervoor.
Moet nie sout byvoeg nie, die bestanddele het genoeg sout in, anders is dit te sout.
BRON – Martie Coetzee









