EENPOT MAALVLEISGEREG

2015-05-24-eenpottested

EENPOT MAALVLEISGEREG

½ teelepel droë pietersielie
1 teelepel vars knoffel, gekap
500 g bees maalvleis
1 pakkie potato bake (garlic en herb) Knorr
½ teelepels sout
2 koppies kook water
1 ¾ koppie volroom melk
2 koppies rou spiraal pasta

Verhit olie en soteer pietersielie en knoffel vir 2 minute. Voeg maalvleis by en braai tot gekleur. Roer potato bake en sout by. Voeg kookwater en melk by. Gooi pasta by en roer deur. Prut vir 25 minute sonder deksel oor matige hitte. Roer deur en plaas deksel op en laat prut vir nog ‘n verdere 10 minute. Sit warm voor met slaaitjie van eie keuse. Die is nie my resep vir my slaaitjie nie.
Foto: Elsie Jacobs Dreyer




CHICKEN BIRYANI-BRIYANI

 

2015-05-24-bryanitested

CHICKEN BIRYANI-BRIYANI

1 kg chicken cubed
500 g basmati rice
3 onions chopped
8 garlic cloves grated
1 big piece ginger grated
6-8 potatoes cubed
3 tablespoon masala
1 teaspoon chilli
1 tablespoon tumeric
1 tablespoon salt
Oil (frying potatoes)
Cinnamon stick
Cardomon

Fry potatoes in oil (set aside).
Cook rice and tumeric for 10 min.
Fry meat, onions then add garlic and ginger.
Add a cup of water and cook till water is cooked away.
Add spices braise for 5 min.
Add 1½ cup hot water cook till meat is tender.
Add ½ cup water, rice and potatoes.
Cook on low heat 20 min, stir and cook another 10 min.
Close pot for 30 min off the heat! Then serve!!!

Recipe and photo: Madelein Brinklaw

 



VINNIGE HOENDERPASTEI

2015-05-24-hoenderpasteitested

VINNIGE HOENDERPASTEI
3 groot hoender fillets
2 fyn gekapte uie
½  groen soetrissie fyn gekap
Bietjie wituiesoppoeier
Bietjie Chicken A’la King kitsmengsel
350 ml melk/room
Sout en swart peper na smaak
Olyf Olie
1 pakkie skilferkorsdeeg

Braai uie, soetrissie en gesnipperde hoender in bietjie olyf olie. Sout en swart peper na smaak. (Ek het sommer bietjie Aromat ook oor gestrooi)
Meng melk/room met soppoeier en kitsmengsel. Voeg by gebraaide bestanddele en laat prut tot hoender lekker sag en gaar is. Laat die vulsel afkoel.
Rol deeg uit en deel in twee. Bedek bodem van oondvaste bak met een helfde lagie deeg. Vul op met hoendermengsel. Bedek hoendermengsel met ander helfde lagie deeg en druk vas met vurk langs die kante.
Bak op 180ºC vir ongeveer 25 min of tot mooi bruin.

Voila! Geniet!!

Resep en foto: Dedrei Venter

 




TUNASLAAI VIR LIGTE ETE

 

tuna slaai Claudiatested
TUNASLAAI VIR LIGTE ETE

2 blikkies tuna,
8 opgekapte peppedews,
5 groot agurkies waarvan 1 fyn opgekap vir deur die tuna en die ander in repies gesny vir versiering, kwart komkommer sonder skil in halwe skyfies gesny,
5 free range groot eiers gekook vir 7 minute en afgespoel met koue water en in skyfies gesny,
2 groot rooi tamaties in skywe gesny,
slaai blare,
kool slaai met wortel in (Die sakkies wat jy on die winkel koop)
Spur sous so 6 eetlepels
Lancewood se balsamic en onion dip 3 eetlepels,
sout en peper,
paprika poeier en
1 ui fyn gekap.
Meng die tuna in ‘n bak met die Spur sous, balsamic onion dip, sout, peper, opgekapte peppedews, opgekapte agurkie, fyn gesnyde ui, kool slaai en meng alles saam. Dan sit jy die slaai op ‘n mooi bord en met ‘m roomys lepel sit jy 3 bolletjies tuna bo op die slaai. Dan maak jy die bord en slaai mooi met die tamaties, eiers, komkommer en agurkies. Strooi bo oor die eier paprika poeier.
Lekker smul

Foto en idee:  Claudia Bellink




HOENDERPASTEI MET SKUD DEEG

ertjies se hoender geregtested

HOENDERPASTEI MET SKUD DEEG
Skud deeg:
500 ml bruismeel
125 ml olie
125 ml warm water
knypie sout
Plaas al die bestanddele in ‘n houer wat ‘n deksel op het. Skud tot goed gemeng. Sit eenkant vir 5 min.

Vulsel:
Hoender fillete in stukkies gesny.
Braai saam ‘n klein stukkies ui tot mooi bruin.
Meng ‘n koppie gemengde groente en braai saam.
Los ‘n blokkie chicken stock in warm water en voeg by in die pan met hoender.
2 eetlepels hoendersoppoeier en meng, prut tot alles mooi saam bind.
Pienk sout en peper en ‘n BBQ spesery met ‘n lepel vrugte blatjang in.

Knie deeg so 30 sek en druk in ‘n gesmeerde bak, egalige lagie.
Skil 2 rou uie en sny in ringe en plaas op basis van die bak bo-op deeg.
Skep die hoendermengsel in die bak en rasper kaas op. Bak 25 min in oond by 180 ºC.
Lekker eet!
Foto en resep:  Ertjies de Witt




Paprika Hoender

 

2015-03-29-paprikahoendertested

Hoender en aartappels gebraaide uie in die Elektriese Braai Pan.

Ek braai eers die uie tot glaserig.

Dan sit ek hoender en aartappels is met Sout en Growwe peper en so 15 minute voor alles gaar is strooi ek Paprika.

Dan skep ek alles uit die Braai Pan uit en Stoom/Braai gemende groente in die hoender sousie wat agter bly in die pan.

Bedien Saam met Bruin rys

 

Koos vd Merwe




BRUINSOUS

2015-03-22-bruinsous003tested
BRUINSOUS
Foto en idee:  Koos van der Merwe
Daar het nou al ‘n paar keer mense gevra hoe maak ons, ons eie bruin sous/Gravy.
Ek het gisteraand Lam Tjops in die oond gebak.
Soos die sous nou uit bak bly dit in die pan lê.
As jy dit lank los soos in die geval oor nag dan is dit die volgende oggend soos Marmite in daai pan.
Ek het water by gesit, so 200 ml en op die stoof se plaat gesit om stadig te kook.
1 Blokkie Lamb Stock by gesit en gekook tot alles mooi los is in die pan en die Stock gesemelt is. …
1 eetlepel Maizena met 30 ml warm water aan gemaak en by gevoeg. Alles gekook tot dit mooi stol.

 




Patat Gereg

 

2015-02-21-patatstested

Kook patats gewoon weg.. Laat koud word…

Sny phyllo pastry in vierkante..

Skep patatas in vierkant neem 4 punte van pastry bymekaar en twist dit.. Dat dit n sakkie maak..

Sit in gesmeerde bak..

As bak volgepak is gooi caramel suiker bo oor so ook vars room…

sit in oond en bak tot lekker dik sous vorm en bruin is…

 

Bron Sarie Uys Brits




Mediterreense feta-gebak

 

2015-02-21-liezllouwtested

Bedien saam met woodfired ciabatta:

Benodig

Feta Kaas

Knoffel(Heel huisies)

Cocktail Tamaties

Vars Roosmaryn

Gesnyde rooi uie

Spuit bietjie spray and cook onder in n pan of bak of gooi bietjie olyf olie in.

Pak lae in die bak.

Feta Kaas, Heel knoffel  huisies,  Cocktail tamaties,  vars rosemaryn en laaste die gesnyde Rooi uie.

Gooi nog olyf olie oor als.

Die Olyf olie  help dat dit nie te hard bak nie.

Strooi gemaalde growwe swart peper oor

Bak in oond op 140 grade vir 60 min.

Die knoffel moet sag wees.

Jy kan nou nog gemaalde swart peper oor strooi as jy meer smaak van peper wil gee.

Bron Liezl Louw




SPINASIE-EN-AARTAPPELGEREG

 

2015-02-21-spenasietested
SPINASIE-EN-AARTAPPELGEREG

Neem een skilfer kors deeg…
Spuit spry en cook lê deeg in pan…
Oorskiet spinasie…
Braai rooi uie 2 huisies knoffel. Green pepper vars origanum mushrooms tot bruin..
Sout en.pepper na smaak..
Kook 3 tot 4 Aartappels in blokkies gesny tot sag…
Dan pak jy jou lae… Uie, aartappels oorskiet spinasie… Rasper kaas oor..
Klits so 4 eiers en so 150 ml varsroom saam… Gooi oor kaas..
Sit bo op ontpitte olywe…
Sit in oond en bak so 45 min

BRON:  Sarie Uys Brits