BOELIE BIEF KOEKIES

tested

BOELIE BIEF KOEKIES
2 blikkies Boelie Bief – Fyn gemaak met ‘n vurk
1 klein ui – fyn gekap ( +- ½ koppie )
4 iers –  geklits
2 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
10 ml braai speserye
2 teelepels sout

Meng alles saam.
Bak ‘n lepel vol in olie tot bruin.

Source : my ma – weet nie waar sy dit gekry het nie – Alecia Steyn




TOMATO TART

tomato tart adamtested
TOMATO TART
350 g mixed, ripe tomatoes, sliced
sea salt
freshly ground black pepper
2 free-range eggs
400 ml double cream
150 g mature Cheddar cheese, grated
40 g butter, melted
200 g ready-made filo pastry
1 small bunch fresh marjoram or oregano
olive oil
Preheat the oven to 180°C/350°F/gas mark 4. Place the sliced tomatoes in a colander and sprinkle them with salt and pepper. Adding salt to them will bring out their flavour and also reduce the amount of moisture that seeps into the tart. Leave the colander over a bowl or in a sink while you get on with the rest of the tart.
To make the filling, beat the eggs in a bowl, then add the cream, grated cheese and a good pinch of salt and pepper. Mix together well and put to one side.
Take a large tart tin (either a 10” round tin, or roughly 8” x 11” rectangular tin) and brush it with a little of the melted butter. Cover the tray with a layer of filo pastry, overlapping the sheets so there are no gaps. Brush this base layer with more of the butter and repeat 4 or 5 times until you have a sturdy base for the filling.
Pour the cream mixture onto the filo base and make sure it’s evenly spread over it. Lay your tomatoes on, as neatly or as scruffily as you like, then season it again.
Pick the leaves from the herb sprigs and toss them in a little olive oil to lightly coat them. Sprinkle these over the tart, then place it on the bottom shelf of the hot oven for 40 to 45 minutes, until bubbling and golden. Leave to cool for a few minutes then serve with a simple, fresh salad.

Photo:  Adam Cloete




KEER GESNYDE APPEL OM BRUIN TE WORD


KEER GESNYDE APPEL OM BRUIN TE WORD

Janieta Nell Sny die appel in skyfies, en “bind dan weer vas” met ‘n rekkie om. Die appel verkleur nie.

Rina Kleinhans Spoel die appel af onder die water nadat dit gesny is en bind dit weer vas soos Janieta Nell se of sit in ‘n lugdigte sakkie ek vat die zip lock sakkies en druk dan al die lug uit. Dit is die metaal van die mes wat die appel verkleur en dit help om dit af te spoel is my ondervinding.

Michelle Joubert So paar druppels suurlemoensap in die sakkie! Skud, en viola!! Kan lekker in die kosblik gebere word sonder om bruin te word

Carlien Grobler Dip die gesnyde appel in Mountain Dew koeldrank vir paar sekondes….




KONDENSMELK VERSIERING

2014-05-31-vanillacakewithcaramelicing
KONDENSMELK VERSIERING
Bron:  Dassie Meyer
FOOD LOVERS RECIPES
1 blik kondensmelk (oornag verkoel)
½ koppie versiersuiker
250 g margarien
2 teelepels karamel geursel

Klits margarien en versiersuiker met bietjie kondensmelk, klits goed.
Voeg res van kondensmelk geleidelik by, klits goed. Voeg laaste geursel by.
Ek vries dit ook wat nie gebruik word nie. kondensmelk moet net koud wees.




MEATBALLS AL FORNO

Meatballs al fornotested
MEATBALLS AL FORNO
Ingredients:
350g Penne/Tortiglioni/Rigatoni
350g Extra Lean Steak Mince
1 ball mozzarella diced
100g Parmesan
2 tubs RIF Tomato & Basil/Tomato & Chilli/Creamy Tomato
Fresh Basil
25g Butter
1 egg
Olive oil
Sea Salt & Black Pepper

Directions:
Preparation: 10 mins
Cooking: 30 mins
1. bring a pot of water to the boil, add salt and cook your pasta until aldente…
2. mix your meat, egg & 50g parmesan and roll into tiny meatballs…
3. heat your butter & a couple of tbsp of olive oil and cook your meatballs until browned all over…
4. drain on kitchen paper…
5. add your meatballs, cheese, 30g parmesan and RIF sauce to your pasta and mix together…
6. pour into a greased oven dish, top with remaining parmesan and fresh basil…
7. cook in a pre-heated oven at 190 degrees for 15-20 mins until golden…
Source: AllThe Meals
Photo:  Venita Bok Nolte




PETRO SE FYN PERSKEKONFYT

2016-01-04-petrosefynperskekonfyt
PETRO SE FYN PERSKEKONFYT
1 Kg perske vleis – fyngemaal of stukke
650 g suiker (of meer na smaak – ek hou nie van baie soet konfyt nie)
Gooi suurlemoensap by om smaak te balanseer en ook pektien aan te vul indien die perskes baie ryp is.
Roer tot die suiker opgelos is.
Kook tot die mengsel die regte stadium bereik het.
Bottel in warm gesteriliseerde bottels.
Bron en foto:  Petro Borchard




PETRO SE APPELKOOSKONFYT

2016-01-04-petroseappelkooskonfyttested
PETRO SE APPELKOOSKONFYT
1 Kg appelkose – ontpit
650 g suiker (of meer na smaak – ek hou nie van baie soet konfyt nie)
Gooi suurlemoensap by om smaak te balanseer en ook pektien aan te vul indien die appelkose baie ryp is.

Roer tot die suiker opgelos is.
Kook tot die mengsel die regte stadium bereik het.

Bottel in warm gesteriliseerde bottels.
Bron en foto:  Petro Borchard




SUIKERLOSE MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK IN N ROOMYSBAK

2015-12-21-suikerlosemikrogolfsjokoladekoekin‘nroomysbaktested
SUIKERLOSE MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK IN N ROOMYSBAK
Vir die koek:
370 ml xylitol
500 ml koekmeel
125 ml kakao
‘n knippie sout
15 ml bakpoeier
4 ekstra groot eiers, geskei
124 ml sonneblomolie
5 ml vanielje geursel
250 ml warmwater
Vir die versiering:
250 g roomkaas
2 groot piesangs
1 eetlepel heuning

Sif die meel, kakao, sout en bakpoeier saam in ‘n mengbak en voeg die zylitol by. Meng goed deurmekaar. Meng die eiergeel, olie en vanilla geursel en voeg die warmwater by. Voeg nou die meelmengsel bietjie vir bietjie by die vloeistofmengsel en meng baie deeglik tot ‘n redelike stywe beslag. Klits die eierwit styf en vou by die beslag in. Skep die beslag in ‘n roomysbak en bak vir 12 – 14 minute op 70% in die mikrogolf.

Vir die versiering:
Maak die piesangs fyn en meng dit deeglik saam met 1 eetlepel heuning met die roomkaas. Smeer oor die koek en gebruik as vulsel indien die koek gesny word vir ‘n laagkoek. Plaas die koek in die yskas sodat die mengsel kan stol.

Foto: Adam Cloete

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.




NADINE SE KOLWYNTJIES

2015-12-20-nadinesekolwyntjiestested
NADINE SE KOLWYNTJIES
(Kry 12, verdubbel dan kry jy 24)
250 g bruismeel
250 g botter
250 g strooisuiker
¼ teelepel koeksoda
4 eiers
2 teelepels vanilla essence
3 eetlepels melk

Meng alles saam en bak kolwyntjies teen 170°C vir 20 min.

Versiersuiker:
300 g botter
675 g versiersuiker
4 eetlepels melk

Meng botter vir 4 minute.
Voeg versiersuiker by en meng twee minute.
Voeg melk by tot dit is soos wat jy daarvan hou.
Bron en foto: Nadine Nortier




GIDEON SE CHILLI BITES

2015-12-17-gideonsechillibitestested
GIDEON SE CHILLI BITES

my chillie bites was heerlik

500g bruismeel
2 eiers
2 gerasperde wortels
2 gekerfde rissies
1 fyn gekerfde ui
15 ml kerrie
2.5ml sout
2.5 ml fennel
2,5 ml cumin
2.5 ml corriander
n bondeltjie grasuie
olie vir diepbraai

meng alles saam in n mengbak en voeg n bietjie water by en meng tot n deeg skep dan met n teelepel en bak in die olie tot gaar
bron : resepte en wenke vir jagters !

Foto:  Gideon Louw