MAKLIKE HONEYCOMB


MAKLIKE HONEYCOMB
1 ½ koppie suiker
¼ koppie heuning
¼ koppie water
12.5 ml koeksoda

Spuit ‘n groot bakplaat met spray en cook (ek gebruik sommer my plat beskuitpan).
Gooi die heuning, suiker en water in ‘n kastrol en roer aanhoudend op stadige hitte tot die suiker gesmelt is. Sit plaat effens warmer en kook tot suikertermometer styg tot 148°C. Wees versigtig vir brand (dit brand maklik as plaat te warm is). Haal van plaat af en klits koeksoda vinnig by met ‘n draadklopper.
Keer pot uit op die bakplaat. Ek gebruik my metaal slaplemmes om soveel moontlik uit te krap en versprei oor die hele pan. Laat hard word en breek in stukke. Variasie: Smelt sjokolade in ‘n dubbelkoker en doop honeycomb daarin. Plaas terug op bakplaat tot gestol. Bêre in lugdigte houer in yskas/vrieskas.
Resep en foto: Gillian Vermeulen

Tweede foto: Nicolette Papas
Ek gooi dit in ‘n klein metaal oond pan wat gesmeer is met botter of gespuit is met spray and cook.
En maak seker jy kook die stroop lank genoeg. Paar mense wat die resep gesien het, kook dit hopeloos te kort dan maak hy nie die honeycomb nie. Ek kyk gewoonlik my stroop om te sien of dit reg is.
Maar het die gekry wat ook baie help vir die wat dit vir die eerste keer maak:
Cook, without stirring, for 5-7 minutes or until the syrup reaches crack stage (154°C) on a sugar thermometer. Remove from heat and set aside for bubbles to subside. Add the bicarbonate of soda and quickly stir with a wooden spoon until combined (mixture will bubble and foam).
3de Foto:  Lelane van der Walt




DIE VERSKIL TUSSEN ‘N MALVA-, JAN ELLIS- EN ASYNPOEDING


DIE VERSKIL TUSSEN ‘N MALVA-, JAN ELLIS- EN ASYNPOEDING
Almal is poedings wat in sous gebak word.

Malvapoeding se beslag bevat room en daar is brandewyn in die sous.

Jan Ellispoeding kry geen alkohol of room by nie, maar daar is room in die sous.

Asynpoeding kry geen room nie, en daar word ‘n soetsuur sous van suiker en asyn oorgegooi.
Photo: Silvia Van Eck
Geplaas deur Sonja Lubbe De Jager




ONE POT CHICKEN, RICE AND VEGETABLES


ONE POT CHICKEN, RICE AND VEGETABLES
For lunch today, I didn’t feel like doing chicken, rice and veggies separately, so I decided to try something different and it was sooo yummy.
1 Large onion
6 skinless chicken breasts
1 Teaspoon crushed garlic
1.7 liter of boiling water
2 cups jasmine rice
squirt of lemon juice
2 cubes of chicken stock
5 ml salt
2 ml pepper
2 ml dried parsley
half a head of broccoli
half a head of cauliflower
1 mielie
100 ml chutney

On high heat, fry peeled and chopped onion until brownish.
Add cut up chicken and season with some salt, pepper and parsley.
Once chicken is brownish and cooked, add a teaspoon of crushed garlic. I add the garlic last because I don’t like burnt garlic.
Let that all fry together for 2 minutes and add a squirt of lemon juice.
I boiled the kettle and added a full kettle of 1.7 litres of water. As soon as it was boiling again in the pot, I added 2 cubes of chicken stock. Let the stock boil a little and added 2 cups of jasmine rice.
I am sure any rice will be fine but we only eat jasmine rice.
Reduced heat and let it boil together for about 15 – 20 minutes for rice to cook.
I then added the cut up broccoli and cauliflower.
I had a left over mielie from Thursday night, so cut that up quick and chucked it all together in the pot.
Covered the pot and let it all boil, stirring every few minutes until veggies were soft.
Opened the pot to reduce excess water by letting it still cook.
Turned heat off, added chutney and a little more salt and mixed it in.
IT IS DEVINE AND VERY TASTY!
The kids love it and took me less than an hour to make, with minimal dishes.
This made a huge pot.
NOTE: I would have liked to have added carrots too, but didn’t have and didn’t feel like going to the shop today.
Photo and recipe: Leanne Rossouw




CHANTE SE GEWILDE KARAMEL KAASKOEK


CHANTE SE GEWILDE KARAMEL KAASKOEK
Kors:
2 pakkies Tennis beskuitjies
½ koppie gesmelte botter of margarien

Vulsel:
900 g roomkaas
1 ¾ koppies strooisuiker
4 eiers
knippie sout
1 teelepel vanilla geursel
2 x ¾ koppie vars room (360 ml)
2 eetlepels suurlemoensap
1 blik karamel treat

Voorverhit die oond na 160°C en voer ‘n (groot) spring vorm pan uit met bak papier en spuit dan met cook n spray.
Druk al die beskuitjies fyn en meng met botter. Druk mooi vas in die pan met die agterkant van ‘n maat koppie.
Meng die roomkaas tot sag en voeg dan suiker by. Meng vir nog ‘n paar minute. Voeg een eier op ‘n slag by en meng goed voor jy die volgende een byvoeg.
Gooi nou die res van die bestanddele by en meng alles goed. Gooi die vulsel oor in die kors.
(Hierdie deel is belangrik, dit help sodat die kaaskoek nie plat val of kraak nie)
Draai foelie om jou spring vorm pan om dit water dig te maak. Maak seker dat jy dit baie mooi langs die kante toedraai, sodat geen water aan jou kors kan raak nie.
Plaas die pan in ‘n groter oond pan en gooi warm water in die groot pan, tot ongeveer halfpad in die middel van die spring vorm pan.

Bak die kaaskoek vir 1 uur en 30 minute en skakel dan die oond af en maak die deur van die oond oop. LOS DIE KAASKOEK NOG 2 URE IN DIE OOND!
Sit nou die kaaskoek oornag in die yskas. Wanneer dit heeltemal afgekoel en gestol is, kan jy dit versier met 1 blikkie karamel treat en kersies.
Heerlik verby!
Foto en resep: Chante Putter




HALLOUMI OMELETTE


HALLOUMI OMELETTE
3 eggs
3 teaspoons cold milk
butter (for frying) or oil (for frying)
salt and pepper
1⁄4 cup grated halloumi cheese

Break eggs into a bowl.
Add milk, salt and pepper.
Beat lightly.
Add the butter to a preheated frying pan and increase the heat until the butter sizzles.
Pour in the egg mixture and cook until the top is still liquid.
Add the grated Halloumi and fold over one-third of the omelette.
Reduce heat to medium and cook 2-3 minutes on each side and tip over onto a warm serving plate. Serve with fresh salad.
I added baby spinach, roughly torn.
Recipe and photo : Melissa Ann Vermeulen




MICHELLE SE WENNER BROODSLAAI


MICHELLE SE WENNER BROOD SLAAI
125 ml mayonnaise
15 ml mosterd
25 ml water
50 ml asyn
30 ml melk
60 ml suiker
4 eiers rou
4 eiers, gekook en in blokkies gesny
argurtjies, in wieletjies gesny
kaas blokkies
Brood (crutons) wat in blokkies gesny is en in olie gebraai is tot goud bruin.

Gooi alles in ‘n groot slaaibak.
Klits eiers en suiker tot skuim, meng water, mosterd en asyn, voeg by eiers en meng goed.
Roer oor matige hitte tot verdik.
Klits met ‘n eierklitser tot dit ‘n glazed tekstuur het. Jy moet vinning werk sodat die eierwit nie stol en wit frimmels maak nie en laat koel af. Roer die mayonnaise en melk by. Gooi ½ uur voor bediening oor res van die bestanddele.
Resep geplaas deur: Michelle du Plooy




ANNA’S LAMB RIB


ANNA’S LAMB RIB
1 cup tomato sauce
½ cup honey
little bit of Worcester sauce
salt and black pepper to taste

Mix all the ingredients together and add the lam.
Leave for 2 or 3 hours in the sauce and bake on 180 ºC  for 1 ½ hours.
You can also put it on grill for the last few minutes.
Photo and recipe: Anna Mtshweni




LEMOENBESKUIT


LEMOENBESKUIT
1.5 kg bruismeel
7 ml bakpoeier
625 ml lemoensap
gerasperde lemoenskil van 2 lemoene
500 g bak margarien (kamer temperatuur)
1 teelepel sout
2 koppies suiker (bruin of wit)
3 eiers

Meng al die droë bestanddele saam. Vryf die margarien in meel (moet lyk soos mieliemeel)
Meng lemoensap, lemoenskil en eiers, voeg by droë bestanddele en meng goed. As die deeg ‘n bietjie styf is voeg bietjie koue water by. Spuit pan met spray ‘n cook.
Jy kan bolletjies rol of deeg in pan druk.
Bak +- 1 uur by 180°C.
Laat afkoel in pan.
Breek in stukke of sny in vingers en droog.
Dis ‘n baie bros beskuit, amper ‘n koekie.
Wenk: -ek vervang die gewone bruismeel met bruin bruismeel meel.
Dit is net so lekker. Bietjie ‘n growwe beskuit.
Resep deur-Amanda Van Der Walt
Foto: Rheda Vreken
Foto 2: Elsabie Templeton
Lemoen beskuit💕 dis heerlik! Ek was nogal effens bekommerd oor die resep geen karringmelk of melk inkry maar die lemoensap en gerasperde skil maak perfekte geur kombinasie vir hierdie beskuit. Ek hoop net dit word nie opgeëet voor dit uitgedroog word! Die tekstuur is presies soos karringmelkbeskuit.




IZA SE PATATTERT


IZA SE PATATTERT
6 koppies rou patats, in blokkies gesny of genoeg om jou bak vol te maak
1 eier
½ koppie suiker
1 koppie melk
1 teelepel vanilla / karamel geursel

Kook patats tot gaar en maak fyn,  meng met die bestanddele, sit in oondbak en bak vir 30 minute by 180°C. Gooi die volgende sous oor wanneer die eerste 30 minute verby is:

1 koppie bruinsuiker
2/3 koppie meel
1 koppie margarien / botter
1 koppie neute (opsioneel)

Smelt botter, voeg suiker en meel by en meng deur.
Giet oor die gebakte patats, strooi neute oor en bak vir ‘n verdere 30 min by 160°C.
Die suiker maak so lekker bros lagie bo-op.
Hierdie is HEMELS en kan gevries word.
Resep en foto: Iza Hanekom Loubser




IDEES VIR BROODSLAAI


IDEES VIR BROODSLAAI
Ek het ‘n baie goeie wenk. Dit klink vreemd, maar dit werk die beste vir broodslaai. Wanneer jy jou brood in blokkies gesny het, pak dit op ‘n bord/glasbak en sit in in die mikrogolf vir 2-3 min (doen 1 min op ‘n slag tot jou blokkies lekker hard is)
Dit klink vreemd, maar dit werk wonderlik. Ek hou nie daarvan om dit in olie te braai nie, want dan is dit vir my te olierig. Wanneer jy dit in die mikrogolf maak, word dit ook nie pap as jy jou sous oorgooi nie.
Ek sit ook so paar blokkies geblikte pynappel en klein tamatietjies in my broodslaai, saam met bros gebraaide spek, spruituie fyngekap, geblikte pitmielies, skuifies agurtjies en blokkies Cheddar kaas. Heerlik!

Heidi Van der Merwe – Ken jy al Broodslaai?
4 tot 6 snye witbrood in blokkies gesny, Korsies en al. Braai in olie tot ligbruin . Dreineer op kombuispapier. Ja “croutons”.
2 hardgekookte eiers, in blokkies gesny
Ongeveer 200 g Gouda kaas in blokkies gesny
2 tot 4 soet/suur agurkies in blokkies gesny
Ongeveer 200 ml mayonnaise
knippie suiker
knippie sout
1 eetlepel mosterd of meer na smaak
2 eetlepels olie. Ek gebruik sonneblomolie
Meng die sous bestanddele saam en hou eenkant.
Net voor julle eet, sit alles bymekaar in ‘n bak, meng met sous.

Chante Putter – Dis die resep wat ek gebruik:
75 ml suiker
5 eiers (geklits)
75 ml asyn
75 ml water
5 ml mosterdpoeier
45 ml mayonnaise
45 ml room of ongegeurde jogurt

Klits die suiker lepels-gewys by die eiers. Meng die asyn, water en mosterdpoeier en klits by die eiermengsel. Roer die sous oor matige hitte tot dit begin verdik. Verwyder van die stoof en klits die sous goed met ‘n eierklitser. Laat afkoel. Roer die mayonnaise en room by.
Idees, foto en resep geplaas deur: Chante Putter