CHILLI BITES WITH CHANA FLOUR


CHILLI BITES WITH CHANA FLOUR
500 g chana flour
350 ml luke warm water
10 chilli’s
1 small onion, finely chopped
pinch of salt
1 teaspoon masala
5 mint leaves
20 g fresh coriander

Mix all together.
Deep fry spoons full in deep oil, (oil must not be too hot) for about 7 minutes.

Recipe and Photo: Jenett van der Merwe




VERSUIKERDE LEMOENSKILLE


VERSUIKERDE LEMOENSKILLE
Ek het gisteraand die lemoenskille gedoen en het baie mooi gekom.
Dit kan gebruik word vir op ‘n kaasbord en ook vir versiering van koeke byvoorbeeld.
Die skil van vier lemoene word afgeskil en al die wit aan die binnekant word met ‘n dun skerp messie uitgesny.
Dit word in dun repies met ‘n skêr geknip of met ‘n skerp mes gesny.
Gooi dit dan in ‘n bak en gooi kookwater oor sodat dit bedek is en los vir 2 minute en dreineer.
Plaas dit dan in ‘n klein kastrol en voeg by 80 ml water en ook 80 ml suiker.
Kook dit nie te vinnig sonder om te roer tot al die water weggekook is.
Verwyder uit die kastrol en pak oop op ‘n bord of waspapier.
Resep en Foto: Gideon Louw




KOLWYNTJIES


KOLWYNTJIES
Kook saam:
125 ml olie
185 ml melk
Laat heeltemal afkoel.

Klits saam:
250 ml suiker
4 eiers (klits een vir een eier by suiker tot lig van kleur)

Meng droë bestanddele saam:
375 ml meel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
Meng goed.

Voeg nou droë bestanddele om die beurt met melk, so in drie gedeel om die beurt by.
Voeg nou 5 ml vanilla geursel by deegmengsel.
Skep in kolwyntjie pannetjie en bak 15 minute in oond van 180ºC.

Heerlike versiering:
Klits saam tot lekker glad:
1 koppie versiersuiker
¼ koppie botter
Roer die volgende by, moenie klits:
¼ koppie roomkaas
5 ml vanilla essense
Versier kolwyntjies soos verkies.
Heerlik, lekker eet!
Resep: Lynne Du Plessis
Terugvoer:  Juanita Vermeulen
Hi Lede ek het gaan rond krap op die blog opsoek na ‘n cupcake of kolwyntjie resep. Ek het op die een afgekom sonder ‘n foto en besluit om dit te maak. Mensig dis vrek lekker. Lekker sag en klam. Glad nie droog nie.
Nota: Die versiersel se resep se verhouding teenoor die hoeveelheid kolwyntjies is uit. Ek het 36 kolwyntjies met die resep gekry en kon net 18 kolwyntjies versier so dalk maak die
versiersel se resep dubbeld aan. Lekker naweek




KRAKERIGE SPEK MENGELSLAAI


KRAKERIGE SPEK MENGELSLAAI
500 g spek met vetrandjie sodat dit lekker uitbraai, maar nie te hard nie.
1 klein soet pynappel, opgesny
½ Engelse komkommer, in ringe gesny
250 g ferm zz2 rosa babatamaties, gehalveer (myne was groter en is in drie dele gesny)
4 sprietuie (spring onions), opgesny
Ina Paarman Garlic Pepper
sout na smaak (pasop vir te veel, die spek bevat genoeg sout)

Meng die slaaibestanddele in ‘n medium slaaibak.
Braai spek, dreineer vet en meng met slaai.
Geniet saam met lekker vars broodrolletjies met botter.
Nota: Moenie die slaai lank laat staan nie, die sappe van die tamatie ensovoorts, sal die spek pap maak.
Bedien dadelik.
Resep en Foto: Christelle van Rooyen




VINNIGE MACARONI EN MAALVLEIS


VINNIGE MACARONI EN MAALVLEIS
Resep en foto: Alet Cruywagen
FOOD LOVERS RECIPES
500 g maalvleis
500 g rou macaroni
1 blikkie boerie relish
sout en knoffelpoeier
1 eetlepel maizena
½ koppie melk
kaas vir bo-oor

Braai maalvleis in kastrol tot gaar.
Voeg macaroni, klaar gekook volgens die aanwysing op die verpakking by.
Voeg boerie relish,  sout en bietjie knoffelpoeier by.
Laat prut.
Meng maizena en melk en voeg by,  dit gee dit ‘n lekker sousie.
Rasper kaas bo-oor en sit die deksel op. As kaas gesmelt is, kan jy eet.
Maklik alles in een kastrol en vinnig.




CHERRY COCONUT OATS BAR


CHERRY COCONUT OATS BARS
1 cup all-purpose flour
3 tablespoons confectioners’ sugar
½ cup cold butter, cubed

FILLING:
2 large eggs
1 cup sugar
1 teaspoon vanilla extract
¼ cup all-purpose flour
½ teaspoon baking powder
¼ teaspoon salt
¾ cup chopped walnuts
½ cup quartered maraschino cherries
½ cup sweetened shredded coconut

In a small bowl, combine flour and confectioners’ sugar; cut in butter until crumbly. Press into a lightly greased 13 x 9-in. baking pan. Bake at 350°C for 10 to 12 minutes or until lightly browned. Cool on wire rack.
For filling, in a small bowl, combine the eggs, sugar and vanilla.
Combine flour, baking powder and salt; add to the egg mixture and mix well.
Stir in walnuts, cherries and coconut. Spread over crust.
Bake for 20-25 minutes or until firm.
Cool on a wire rack.
Cut into bars.
Recipe: Natasha Meyer




VARKTJOPS IN ‘N KITS


VARKTJOPS IN ‘N KITS
4 varktjops
sout en peper
jou keuse speserye

Sous
30 ml soet rissie of rissie-knoffelsous
30 ml blatjang (Ek het jalapeno blatjang gebruik)
30 ml suiker
30 ml Worcestersous

Keep die vetrante van die varktjops in sodat dit goed uitbraai.
Plaas die tjops langs mekaar in ‘n bakpan.
Meng al die sous bestanddele saam sodat dit ‘n pasta vorm is.
Ek sit ‘n titsel water by.
Smeer elke varktjop met van die pasta, bak, draai om en smeer aan anderkant.
Bak tot gaar.
Resep: Morne Kriel
Foto:  Ilze Jacobs




CHUTNEY / BLATJANG VARKTJOPS


CHUTNEY / BLATJANG VARKTJOPS
8 varktjops
¼ koppie chutney/blatjang
2 eetlepels heuning
1 teelepel mosterdpoeier
1 teelepel geelsout/aromat
¼ teelepel kerriepoeier

Sout die varktjops.
Meng al die bestanddele.
Skep ¼ koppie van die sous oor die varktjops.
Bak ¼ uur, draai om die tjops en gooi ander sous oor die anderkant van die tjops.
Bak ½ uur lank tot mooi bruin.
Resep: Carol Elliott Claassen
Resep geplaas deur Morne Kriel




GROOTMAAT CREMORATERT


GROOTMAAT CREMORATERT
3 koppies cremora poeier
1 pakkie suurlemoen jelliepoeier, maak aan met 1 koppie kookwater, laat afkoel
Voeg 1 blikkie kondensmelk en 1 blikkie gedreinde fyn pynappel by, meng goed.
Voeg ¾ koppie suurlemoensap by en meng goed.
Klop 1 blikkie Ideal melk (moet oornag in yskas) lekker styf en vou dit in by die ander mengsel tot goed gemeng.
Skep in voorbereide kors van jou keuse.
Dit is soos ‘n Cremora yskastert en kan ‘n nasie voer, maar vir 40 mense sal ek hom dubbel maak.
Resep: Magda Van Der Merwe

Resep:  Elmarie Reyneke Bothma
5 blikke kondensmelk
10 koppies cremora
2 ½ koppie suurlemoensap
Klits tot room. Geen water.
Skep op kors van koekies en botter wat fyn gedruk is.




HOMEMADE PORTUGUESE ROLLS


HOMEMADE PORTUGUESE ROLLS
5 cups of all purpose flour (plus more for kneading)
1 ¼ tablespoon salt
1 ¼ tablespoons sugar
1 packet of active dry yeast or instant yeast
3 cups warm water

Mix 1 cup water, sugar, salt, yeast and 1 cup flour in a bowl.
Leave to froth, about 15 minutes.
Place the rest of the flour in a mixing bowl, add the frothed mixture and mix with your hand or with a dough hook, adding the rest of the water till a smooth dough is formed.
Knead for at least 10 minutes until the dough is smooth and forms a ball.
Place in an oiled bowl, cover and store in a warm place until the dough doubles in size. Approximately one hour.
Shape the dough into balls, make a crease with your palm to form a crease and let rise for at least one hour or until doubled.
Dust lightly with flour.
Bake at 200ºC for 20 to 25 minutes until golden brown.
Recipe and Photo: Reneé Van Blerk Cupido

Lilly Kalla Bonthuys:
‘n Potugese vriendin het my geleer, as jy die deeg bolle opmaak, moet jy die sny in deeg druk en omdraai met sny na onder.  Waneer jy dit in pan sit om te bak, moet sny na bo wys. Onthou ook – maak bolletjies wat met meel bestrooi is toe in ‘n brood doek om te rys.
Ek gebruik nog gebleikte meel slope, kom ek probeer verduidelik. Jy gooi die lap in skinkbord met lengte na jou toe, dan plaas jy deeg klaar in meel gerol en met sykant van die hand sny gemaak verkeerd om op die lap, seker so 2 langs mekaar. Nou vou jy die lap oor die degies (soos koevert) Plaas dan weer die volgende degies en doen dieselfde. Seker so 6 tot 8 degies per skinkbord. Laat rys tot die lap so begin opstaan. Draai die degies om met sny na bo, plaas op bakplaat en bak by 180 ºC tot goudbruin.
Hou die vars botter reg. Kom ek gee sommer my hoeveelhede, dan werk dit dalk beter uit.
1 kg koekmeel
1 pk kitsgis
15 ml sout
30 ml suiker
600 ml louwarm water
so bietjie olie om af te knie (50 ml)