GROENTEGEBAK

GROENTEGEBAK
Die groente is gewone growwe of bake veggies, gaar gestoom. Meng met vars room en wit uie soppoeier. Bak in die oond vir 25 min of tot mooi goudbruin.
Celeste van Vuuren

GROENTEGEBAK
Die groente is gewone growwe of bake veggies, gaar gestoom. Meng met vars room en wit uie soppoeier. Bak in die oond vir 25 min of tot mooi goudbruin.
Celeste van Vuuren

ELSABE SE VINNIGE LEMOENKOEK
3 eiers
1 koppie suiker
3 eetlepels botter (gesmelt)
¼ teelepel sout
1 ½ koppie koekmeel
1 ½ teelepel bakpoeier
¾ koppie melk
Klits suiker en eiers vir 5 min. Sif droë bestanddele saam. Meng eiermengsel met meelmengsel. Voeg melk by en dan gesmelte botter. Bak 30 min op 180̊ C.
Stroop
1 koppie water
1 eetlepel botter
2 koppies suiker
2 eetlepels gerasperde skil
1 koppie lemoensap
Kook die eerste vier bestanddele saam en laat afkoel. Voeg die lemoensap by en giet oor die warm koek. Versier met room.
Resep en foto: Elsabe Britz Vander Watt