APPELKOOSKOEKIES VIR DIABETE


APPELKOOSKOEKIES VIR DIABETE
(Lewer 40 stafies)
150 ml “lite” margarien
200 ml bruinsuiker
1 eier
5 ml vanieljegeursel
500 ml meel, gesif voordat dit afgemeet is
250 ml hawermout
5 ml bakpoeier
knippie sout
5 ml fyn kaneel
150 ml appelkoossmeer

Room die margarien en suiker tot lig en donsig, maar nie langer as 2 tot 3 minute nie. Voeg eier en vanieljegeursel by en klits 1 minuut. Sif die meel en bakpoeier en voeg by die mengsel. Meng.
Voeg die hawermout, sout en kaneel by en meng tot ‘n sagte, krummelrige deeg. Voeg ‘n bietjie afgeroomde of laevet melk by, indien nodig. Druk en tik die helfte van die mengsel in ‘n gesmeerde rolkoekpan van 30 cm x 20 cm. Smeer egalig met appelkoossmeer en rasper orige deeg bo-oor. Bak 25 tot 30 minute teen 180°C. Laat afkoel en sny in 40 stafies, vingers of koekies.

Dieetkundige se aantekening:
Onthou, die GI van n beslag kan verhoog as dit te lank of te vinnig geklits word. Indien jy nie diabetiese (suikervrye) appelkoossmeer in die hande kan kry nie, kan jy gewone appelkooskonfyt gebruik. Die GI sal dan verhoog tot 62. As die konfyt of smeer heeltemal weggelaat word, verhoog dit die GI tot 66.
Voedingswaarde per koekie:
Glukemiese indeks 57, vet 2g, koolhidrate 12 g vesel 0,5 , proteien 1g kJ 299
Een koekie is gelyk aan 1/2 stysel en 1/2 vet.
Resep: Petré Van Jaarsveld

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

 




SONIA SE KAAS BRAAIBROODJIES

2015-11-23-soniasekaasbraaibroodjie
SONIA SE KAAS BRAAIBROODJIES

`n Pak winkel vetkoek deeg
2 x “patato bake” pakkies (ek koop verskillende geure en meng die twee saam )
250 ml room
250 ml melk
kaas

Vat die deeg en rol hulle balletjies uit pak so 2-3cm uitmekaar uit in n diep oond pan. Maak jou patato bake, room en melk aan en gooi oor die deeg balletjies, rasper kaas bo oor en bak teen so 150grade 15-20 min loer maar kort kort of hy gaar is .

Baie baie lekker! Die patato bake mix maak n lekker room sousie aan die onderkant~pancake.

Resep: Bonita Colyn
Geplaas deur: Sonia Knoetze




LETITIA SE PASTASLAAI

2015-11-23-pastatested
LETITIA SE PASTASLAAI

Braai 2 pakkies bacon bits tot crispy, voeg dan geelpeppers, redpeppers en greenpepper by, net halwe van elk wat klein blokkies gesny is.
Braai vir so 10 minute, gooi dan whole kernel mielies by en laat op lae hitte braai vir nog 10 minute.
Gooi by gekookte pasta. Laat afkoel, gooi dan 1 blik kondensmelk en mayonaise by.
Los in yskas tot dit tyd is om te eet.
Die is altyd ‘n wenner in my familie.

Bron en Foto: Letitia Van Dyk