PIZZA SANDWICH OP DIE KOLE

pizza sandwich op die koletested
PIZZA SANDWICH OP DIE KOLE

Enige 2 pizza base’s van jou keuse, stop dit met ektra kaas, vulsel van jou keuse, en braai op medium tot lae kole temperatuur tot vulsel smelt en pizza base verbruin.
Ek het ‘n club pizza base en hawain base gebruik, en hope kaas ( cheddar, feta), hoender, peppadew ingesit. Toegemaak soos toebroodjie en gebraai.

Resep en Foto Lelane van der Walt




KOOS SE KERRIE SOUS

 

Koos se kerrie sous.tested

KOOS SE KERRIE SOUS
Genoeg vir 2 kg Vleis

5 uie Fyn gesny
50ml olyf olie
6 Knoffel huisies fyn gesny of gedruk
2 teelepels Gemmer poeier
1 Rooi Pepper
4 Tamaties fyn gesny
2 Eetlepels botter
1 Teelepel turmeric
2 teelepels cumin powder
2 teelepels fyn coriander
2 teelepels Hot English Mustard poeier
1 Teelepel Paprika poeier
2 teeleps growwe chilli’s of poeier
Sout en peper saam met hoof dis.

Aanwysings

1 Gooi die Gemmer en chilli’s saam in n beker met water en meng dit goed. Net so 50 ml water
2 Braai uie, Red pepper en knoffel in n ysterpot met die olyf olie tot uie sag en glaserig is.
3 Gooi die gesnyde tamaties by en Roer die heel tyd vir so 5 minute
4 Gooi nou die Gemmer, Chilli pasta in saam met die ander droe speserye en roer deur. NIE die Turmeric nie. Gooi water by net om alles te bedek en roer goed.
5 Sodra die mengsel begin kook draai die hitte af en laat prit vir 15 minute terwyl jy kort kort roer. Die sous gaan begin dik raak so moenie dit brand nie. Moenie weer water by gooi nie haal liewer af van die plaat af en laat staan
6 Na 15 minute haal die pot van die plaat af sodat die sous kan afkoel
7 Maak alles fyn. Met n blender.
8. Plaas nou die botter in n pan op die plaat tot dit begin kook en gooi die Turmeric by en roer/braai vir 1 minuut tot dit begin bruin raak.
9 Gooi die Botter Turmeric by die ander sous en sit weer in die ysterpot om te prit vir 5 minute.
10 Jy kan die mengsel in die yskas bere vir iets soos 4 dae of vries tot jy dit wil gebruik
11 Ek het hoender en aartappel ge-precook.
12 Die sous is uit die pot gegeskep en die hoender en aartappels is in die pot geplaas.
13 Toe gooi ek die sous oor alles sit die plaat op no1 en los dit nou om te trek
14 Bietjie Parsley oor gegooi net vir iets anders in die kleur
Resep en Foto: Koos van der Merwe




BIERBLIK VLEIS BAKKE

bierblik braaiBIERBLIK VLEIS BAKKEtested

BIERBLIK VLEIS BAKKE
800g  maalvleis
koljander blare, gekap
basilie kruid, gekap
pietersielie, gekap
varkpens bacon
uie, gekap
sout en peper
Vulsel:
blokkies groente
olyf olie
chedder kaas

Meng kruie, sout, peper en maalvleis.
Maak vyf groot frikkadelle. Met ‘n bierblik druk gat in die middel en vou rondom blik.
Draai 2 tot 3 stukke bacon om elke maalvleis bakkie. Trek blik uit.
Meng groente uie en olyf olie.
Vul elke maalvleis bak met groente en plaas blok kaas bo-op.
Braai in ketel braai tot jou smaak.
Kan ook groente meng met kaassous en dan braai.
Resep en foto:  Hendrik Markgraaff




JAPTRAP PILCHARD TERTJIES

Japtrap pilchard tertjiestested
JAPTRAP PILCHARD TERTJIES

125 ml melk
125 ml olie
300 ml Meel
1 Eier
2 teelepels Bakpoeier
Knippie sout

Meng aan soos slapperige deeg. Skep lepelsvol in kolwyntjie pannetjies (klein of groot). So halfvol.

VULSEL –
1 blikkie pilchards in tamatiesous fyngemaak.
Gerasperde kaas en fyngekapte uie kan bygevoeg word.
Skep halwe teelepel vulsel net bo op deeg. Degie vorm mooi om vulsel.

Bak 180 grade C – tot ligbruin en gaar. Word baie vinnig gaar.
Vulsel is genoeg vir dubbel aanmaak.
Die resep is baie lekker met pickled (curry) fish.
Resep en foto: Elize van Wyk




HEIBRE SE MAALVLEISPOFFERS

katkoppe frikadelle in deegtested
HEIBRE SE MAALVLEISPOFFERS
Klits saam:
2 Eiers
125ml Olie (halwe koppie)
Voeg by bogenoemde:
250ml Koekmeel (een koppie)
10ml Bakpoeier (twee teelepels)
2ml Sout
2ml Fondor
Metode:
Deeg is baie slap.
Bespuit of smeer kolwyntjie pannetjies.
Skep eers bietjie deeg onder in, dan bietjie maalvleis en dan weer deeg bo-oor.
Bak in oond by 232 grade celseus tot goudbruin.
Maak maalvleis, of enige ander vulsel ( tuna, spinasie en kaas, bacon, mushrooms, ens) eers gaar voordat jy begin met deeg. Daar kan ook kaas bo-oor gestrooi word voor jy dit in die oond sit.
Baie lekker en maklike resep vir kosblik of funksie as jy ietsie te ete moet saamvat.
(Bron: onbekend) die resep is by my ma gekry en sy het dit weer iewers gekry….

BRON: Heibre Schronen




ELSJE SE LAAGSLAAI

 

laagslaaitested

ELSJE SE LAAGSLAAI
Gebruik bak wat vierkantig is, want jy skep van onderste tot boonste laag.
Blaarslaai, repies gsny
1kg gevriesde ertjies
Groen peper blokkies gkap
2 k mayonaise
1 tl bruin suiker
1 tl garlic sout
250 gr bacon crisp gebraai fyngsny
3 gkookte eiers, blokkies gesny
2 k gerasperde cheddar kaas
Pak in lae slaai, peppers, ertjies.
Gooi mayonaise bo op,
Strooi suiker en garlic sout oor,
Strooi bacon stukkies op mayonaise, eiers volgende laag, en kaas bo op
Maak toe met kleef plastiek, laat staan vir 2 ure tot opdiening
Ete op sy eie!!!
Resep en foto: Elsje Stander.




SOET BEETSLAAI

 

12743540_10208393376333504_3535213801540337306_ntested

SOET BEETSLAAI
Gerasperde gaar beet.
Klits saam:
1 eier
1 koppie suiker
1 koppie asyn

Sit dan op plaat en kook tot dit wil oorborrel, roer die hele tyd om seker te maak die eier skif nie.
Gooi warm oor beet.
Koel af en sit in yskas.
Ek sit dit sommer in ‘n tupper houer met deksel in die yskas… hou baie lank.
Resep en foto deur: Corinne Munro




GIDEON SE DRY RUB RIB

GIDEON SE DRY RUB RIBtested

GIDEON SE DRY RUB RIB
Een eetlepel van elk van die volgende:
komyn
paprika
knoffel vlokkies
granulated onion
chillie powder
bruinsuiker
kosher salt

1 teelepel cayene peper
1 teelepel swart peper
1 teelepel wit peper
Meng alles saam, vlek die rib en strooi oor en vryf orals goed in laat staan vir +- 3 ure en braai dan oor stadige kole vir +- 45min sjoe dit was lekker !! Saam met dit het ons braai brode gehad en skaap stertjies vir n voordereg ek het natuurlik toe die wave gekry om vir my drie skaap stertjies appart te kerrie deur dit te sprinkel met n bietjie kerrie poeier en borrie gemeng en was dit nou nie lekker nie n kerrie skaapstettjie hmmmmmmmmmm !

Bron Gideon Louw




JOHAN SE ROU MANGO ATJAR

Johan se rou arjartested

JOHAN SE ROU MANGO ATJAR
Om die masala te maak:
100 g fenugreek sade
100 g growwe sout
6 g borrie
100 g droë rissies
15 g astoefida (hing)( vervang met 15 g uiepoeier )
150 ml olie
1 hele rooirissie
Verhit die olie, voeg die droe rissies by. Bring die hitte af en voeg die fenugreek sade en sout by. Roer deeglik vir so 1 minuut. Sit al die ander bestandele in behalwe die astoefida( of uiepoeier ). Roer elke minuut vir die volgende 10 min, Haal af en voeg die astoefida ( of uiepoeier ) by. Laat afkoel.

Om die atjar te maak:
3.5 kg groen mango’s
12 korrels swart peper
15 ml mosterdpoeier
15 ml sout
500 ml olie
1 hele bol knoffel of 50 ml gedroogte knoffelvlokkies
6 klein groen rissies
180 ml bruin asyn
30 ml mosterd saad
30 ml kerrie
100 ml methi masala soos bo aangemaak
Versnipper die mango’s, en sit al die bestandele saam in ‘n bak, meng goed. Bedek en plaas in yskas vir 3 dae.
Elke dag roer die mengsel. 3de dag kan gebottel word.
Resep en foto: Johan du Preez Snr




ULTIMATE FISH CAKES

tested

ULTIMATE FISH CAKES
500 g of fresh hake or any other available white fish
150 ml milk
300 g of potatoes, peeled and chopped into cubes
8 chopped anchovy fillets (optional)
3 tablespoons of finely chopped onions
3 tablespoons of chopped flat-leaf parsley
2 eggs, beaten lightly
freshly squeezed juice of lemon or lime
vegetable oil for frying

Place the fish into a pan with the milk.
Bring to the boil and then allow to simmer for 4 minutes.
Remove from the heat and allow to stand, for another 5 minutes.
Remove the fish from the pan with a slotted spoon and set aside.
Cook the potatoes in salted boiling water. Drain well.
Mash the potatoes and season with salt and pepper. Flake the fish into the mash.
Mix in the onions, parsley, lemon and beaten egg.
Make into patties and flatten slightly in the palm of your hands.
Dust lightly with flour and fry in the vegetable oil
This recipe make about 12 fish cakes.

Resep kom van ou portuguese vriend. – Franco Dippenaar