THAI OVEN CHICKEN

13619958_10209303001114216_5435483786522001140_n (1)tested
THAI OVEN CHICKEN
4-6 chicken portions (we used thighs)
Marinade:
20 grams chopped coriander leaves
4 crushed garlic cloves
2 chopped chillies (we used jalapeño)
5 cm grated fresh ginger
60 ml (¼ cup) brown sugar
60 ml (¼ cup) honey
60 ml (¼ cup) soya sauce
30 ml / 2 tablespoons) fish sauce
juice of one lime

Preheat oven to 180°C.
Spray oven dish with cooking spray.
Place chicken in dish
Mix all ingredients together. Mix well. Pour over chicken. Make sure it is covered all over.
Cover dish with tin foil and bake for 40 minutes.
Set oven to 200°C.
Uncover (remove tin foil) chicken and bake uncovered for another 15 minutes while basting with sauce every now and then.
Serve with rice, lime wedges and fresh tomato.

Recipe and photo: Elize de Kock




INGRID SE PATATO BAKE

13502043_10154283345274798_6032439121056918713_ntested
INGRID SE PATATO BAKE
6 aartappels in wedges gesny, sprinkel met olyf olie en kruie van jou keuse (ek het Italian cheese gevat van Ina Paarmans).
Bak in bak in die oond tot sag.
2 uie in ringe gesny
Braai in olyf olie vir 20min. Roer af en toe as pan begin brand onder gooi bietjie water by. Hou gereeld dop.
Kaas witsous
Botter 2 eetlepels
2tot3 eetlepels meel
Melk
Kaas (mature gebruik ek)
Teelepel mosterd
Smelt botter en voeg meel by en roer.
Voeg die melk gebruik jou eie diskresie hoeveel, en dan die mosterd en kaas. Roer aan houdend tot dit dik is. Dit moet nie baie dun wees nie looperig maar dik.
Sprinkel gebraaide ui oor en dan die kaassous. Sprinkel bietjie gerasperde kaas oor en opgekapte pietersielie.
Bak in oond op 180grade vir so 15-20min. Bedien as n bykos by braaivleis.

Bron en foto: Ingrid Mouton




FRIKKIE SE BRUINBESKUIT

13516223_10208576525743285_7645387084779524327_ntested
FRIKKIE SE BRUINBESKUIT
3 kg koekmeel plus 2 koppies (23 koppies)
15 teelepels koeksoda
12 teelepels kremetart
3 teelepels bakpoeier
3 teelepels sout
3 koppies hawermout
1½ koppies saadjies
1½ koppies sonneblompitte
1½ koppies klapper
6 koppies semels
Meng alles saam.

Smelt 1.5 kg botter gemelt oor lae hitte.
Voeg 4½ koppies bruinsuiker by en roer tot gesmelt oor lae hitte.
Voeg 1.5 liter maas / karringmelk/ gewone jogurt by.
Klits 9 eiers en vog by nat bestanddele.
Meng nat met droog. Knie effens.
Maak panne op. 3.25 kg per pan. Maak gelyk.
Druk af met snyer en bak vir 34 min by 140°C.
Draai panne en bak weer 34 minute. Koel af tot handteerbaar en breek beskuit in stukke. Droog by 80°C vir 4 ure.
Ek droog in 2 sarsies uit.
294 stukke. Die resep is geskik om halveer te word, want dis ‘n baie groot resep.

Resep en foto: Frikkie Jones




KLAM SJOKOLADEKOEK

13533341_1028380130549118_1798364046149723989_ntested

KLAM SJOKOLADEKOEK
4 eiers
1 ¼ koppie suiker
2 eetlepels fyn appelkooskonfyt
½ teelepel sout
1 koppie kookwater
½ koppie kookolie
½ koppie kakao
2 koppie koekmeel
3 teelepel bakpoeier

Klits eiers, suiker, sout en appelkooskonfyt tot liggeel. Meng kookwater, kakao en olie. Sif droë bestanddele saam met eiermengsel, voeg die kakaomengsel by en klits goed. Bak in twee gesmeerde panne teen 180ºC vir 30 min.
Versier na smaak.
Foto: Lynette Smith




WILMA SE HOENDERPASTEI

13502031_1026286584128487_6817477721498256498_ntested
WILMA SE HOENDERPASTEI

2 Hoender Braaipakke
2 Rolle Gekoopte Skilferkors Pasteideeg.
3 Aartappels geskil en in blokkies Gesny
2 Medium Uie, Geskil en fyn opgesny
1 Houertjie Wit Knoppie Sampioene, opgesny
250ml Rou Ertjies
1Groot Wortel geskil en in blokkies gesny
7 Kruienaeltjies
10ml Braaispeserye
10ml Gedroogde Gemengde Kruie
Sout en Swartpeper na smaak
Metode
Braai die uie en sampioene in klein bietjie olyfolie tot sag maar nie bruin nie. Strooi die geurmiddels oor en braai vir ‘n paar minute. Voeg die hoender by en braai liggies. Voeg 1lit water by en Kook tot die hoender gaar is. Verwyder die hoender van die bene, Pluis of sny vleis in blokkies. Voeg die aartappels en wortel by en kook tot die aartappels en wortel gaar is. Voeg die sampioene en ertjies by en kook vinnig tot meeste van die water verdamp het. Verdik indien nodig met Maizena aangemaak met bietjie van die aftreksel.
Voer ‘n bak met ‘n 2lit volume uit met die pasteideeg. Skep die hoendervulsel op en verf die kante van die bak met melk. Sit die ander rol deel bo-op. Druk die kante aanmekaar vas met ‘n vurk. Smeer melk oor die deeg, maak ‘n paar gaatjies in die deeg vir die stoom om te ontsnap.
Bak in ‘n voorverhitte oond, 180grC tot die kors goudbruin is. Bedien met ‘n Lekker slaai.

Bron en foto: Wilma Josey Verster




LAE KALORIEë LASANGE ALA CLAUDIA

13393939_10209941338628939_4601791944383313191_ntested
LAE KALORIEë LASANGE ALA CLAUDIA
5 groot murgpampoentjies (baby marrows)
1 pak gesnyde sampioene
3 knoffel huisies
2 teelepels Sambal oelek of chilli vlokkies
500 g mince
1 groot rooi ui fyn gesny
1 blikkie tamatie stukkies sonder toegevoegde suikers
paar blare vars basil fyn gesny
2 teelepels gedroogde oregano
1 potjie Creme fraiche
parmezan of pecorino grated en morzarella grated
sout en peper na smaak
Jy kan maar hoef nie die baby marrows te grill nie. Ek het hulle op die grill gesit want dit bring die smaak beter uit. Braai jou ui en sit by die mince. Braai tot bruin en sit by jou sampioene en kruie. Sit jou chilli by en voeg die blikkie tamatie stukkies by. Jou vulsel vir die lasagne is nou reg. Was die baby marrows en sny in die lengte in halwe cm dikte snye. Grill hulle net vinnig of gebruik hulle net so. Sit eers ‘n dun lagie van die mince mengsel in die oondbak en dan begin jy lagies maak. Sit dan die baby marrow eerste lagie op dan mince en bo op die mince so 5 teelepels creme fraiche en bietjie morzarella en pecorino kaas. Dan weer ‘n nuwe laag baby marrow en so gaan jy aan. Elke laag creme fraiche mince en kaas. Eindig met die laag mince en strooi die laatse kaas bo oor en bak op 180c vir 30 minute in die oond. Lekker eet
Resep en foto: Claudia Bellink




BANTING BRAAIBROODJIES

13330917_10209924000195489_1480976056488185980_ntested
BANTING BRAAIBROODJIES
½ blomkool fyn gemaal in ‘n voedsel verwerker/food processor
2 eiers
½ koppie morzarella en parmesaanse kaas gemeng/of pecorino (jy kan ook net morzarella gebruik)
bietjie gedroogde oregano en basil
sout en peper na smaak
1 teelepel olyfolie
Verwarm oond op 180 ºC. Sit die halwe blomkool in die voedsel verwerker en maal fyn. Sit die eiers, kruie,  kaas en sout en peper by en meng so paar sekondes goed deur in die voedsel verwerker.
Sit bakpapier op ‘n oond plaat en smeer met ‘n kwassie of jou hande die papier in met die teelepel olyfolie.
Skep met ‘n lepel die mengsel vir 4 broodjies op die plaat en druk langs die kante om ‘n mooi vorm te kry.
Maak dit so 1 cm dik.
Bak in die oond vir 40 minute en draai die broodjies dan om met ‘n spaan en bak vir nog 10 minute.
Haal hulle uit en laat bietjie afkoel en sit dan die braai broodjie bestanddele op en braai soos ‘n gewone braai broodjie.

Resep en foto: Claudia Bellink




MARLENE SE GROENTESOP

13344511_10208629949242362_6950196279786866779_ntested
MARLENE SE GROENTESOP
8 stukke bees shin
2 uie
1 bos sellery
3 groot rape
3 groot aartappels
2 tamaties
5 groot wortels
1 koppie pietersielie
2 leeks
Spagetti
1 blokkie beef stock
1 pakkie thick veg soup

Braai shin bietjie bruin en sit sout en peper by.
Voeg 1 beef stock blokkie opgelos is water en voeg by.
Sodra dit kook vul pot met 1 lt water en kook vleis sag.
Intussen berei groente: rasper wortels rape,uie sny leeks en sellery in stukkies.
Kap pietersielie fyn en laaste die aartappels.
Die tamaties se skil moet af wees, so lê dit in warm water.
As vleis sag is, voeg al die bewerkte groente by en kook weer tot sag.
Laastens die spagetti voeg net nog kook water by.
Sit jou speserye in na smaak en dan die pakkie thick veg soup, sit op lae hitte.
Roer goed jy kan water byvoeg as jy voel dit te dik.
En siedaar as pasta sag is is sop reg.
Ons was drie wat vanaand geëet het en ek het in groot stoompot gemaak.
Het weer ‘n ketel water gekook en bygevoeg, vir nog so 5 min gekook, afgesit en môre skep ek in sakkies en vries.

Bron: Marlene Minderon




CUPPACHINO PAVLOVA

13344679_1289022407792798_5677451235108597395_ncappuchino pavlovatested
CUPPACHINO PAVLOVA
Serves: 8 – 10
250 g caster sugar
4 teaspoons instant espresso powder (not instant coffee granules)
4 large egg whites
1 pinch of salt
2 teaspoons cornflour
1 teaspoon white wine vinegar
300 ml double cream
1 teaspoon cocoa powder

Preheat the oven to 180°C/gas mark 4/350°F.
Line a flat oven sheet with baking parchment and, using a 23 cm/9-inch cake tin, draw a circle on it.
Mix the sugar with the instant espresso powder in a small bowl and set aside.
In a clean, grease-free metal bowl whisk the egg whites and salt until they are holding soft peaks.
Keep whisking while you add the sugar-coffee mixture a tablespoon at a time.
When you have a firm, ecru-coloured meringue, fold in the cornflour and vinegar using a grease-free metal spoon.
Dollop the meringue mixture inside the drawn circle. Smooth and shape it with a spatula so that it looks rather like the crown of a boater: it must be flat on top.
Put it in the oven and immediately turn down to 150°C/gas mark 3/300°F and cook for an hour.
Switch off the oven and leave inside until cool.
Once the base is cool, lift it carefully in its paper and place it top-side down on a flat plate and peel off the paper.
Whip the double cream until thick but soft and spread delicately over the top of the meringue.
With a teaspoon, push the cocoa through a fine sieve or tea strainer to decorate the top, cappuccino-style.

Photo:  Reon Conradie

Nota:   Ekt dit dubbel aangemaak en op die eerste pavlova room en gekapte pekanneute gesit en toe die ander een bo op met room en sjokolade oor gerasper.




ELTHEA SE SNEEUBALLE

13335614_1764436423801294_8652403266795188129_ntested
ELTHEA SE SNEEUBALLE

125 g botter
125 g strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
2 eiers
375 ml bruismeel
125 ml melk
125 ml room
50 ml versiersuiker
500 ml klapper
250 ml fyn appelkooskonfyt

Voorverhit oond tot 180►7C. Smeer of spuit met kleefwerende kossproei 2 kolwyntjiepanne met groot holtes.Verroom botter,suiker en geursel saam, voeg die eiers een vir een by en klop goed na elke byvoeging. Roer die meel en melk beurtelings by die smeermengsel. Skep die kolwyntjiepanholtes twee derdes vol beslag. Bak die kolwyntjies sowat 15 minute tot gaar.Haal dit versigtig uit die panna en laat afkoel op ‘n draadrak. Sny die ronde boonste deel van die kolwyntjies met ‘n skerp messie af. Klits die room en versiersuiker saam totdat dit dik is, jy kan meer versiersuiker gebruik as dit te slap is. Skep ‘n bietjie van die room op elke kolwyntjie en plaas die ronde bostuk daarop terug. Smelt die konfyt en verf dit oor elke kolwyntjie met ‘n kwas. Rol kolwyntjies versigtig in die klapper. Lewer 24kolwyntjies.

Bron: Elthea Hass