KIRSTIE’S THAI CHICKEN NOODLE

KIRSTIE’S THAI CHICKEN NOODLE
Ingredients:
2 Chicken Fillets cut up into blocks
Half a bag of chinese noodles
1 Onion cut up
Half a green pepper cut
Three small red peppers cut
1 Cabbage cut
2 Cups French Frozen Stirfry Vegetables
30ml Sweet Chilli Sauce
15ml Soya Sauce with 30ml water added
15ml oil
1 Teaspoon Maizena
15ml White Vinegar
45ml Woester Sauce
15ml brown sugar
15ml oil for the chinese noodles
Salt & Pepper to taste
1 Cup water

Method:
1. In a pot of boiling water add halve a bag of the chinese noodles with oil and salt and boil for 25min just covered with water.
2. After the noodles is cooked, drain and add the 15ml oil and mix well and set aside.
3. Now in a pan fry the onion in the oil and add salt and pepper.
4. Fry the onion till golden brown and add the chicken.
5. Add the woester sauce to the chicken and onion.
6. Add the green and red pepper and fry well.
7. Add the cabbage and mix well.
8. Add the stirfry vegetables and a cup of water.
9. Now you add the soya sauce, vinegar, brown sugar and maizena.
10. You will see the consistency will change and will thicken a little, add the sweet chilly sauce and mix well and fry for 20min.
11. Now here comes the tricky part, after the mixture is fried well add the chinese spaghetti one scoop at a time and mix in with the stirfry and chicken mixture till it is well mixed.
12. If all the spaghetti is added, you can eat up!
13. It is not overspised it is all natural goodness, and tastier than I thought!
14. Make sure you make enough because after this dish there will be nothing left and everyone wants to come back for more!
15. Simply Delicious!!!

BRON EN FOTO: KIRSTIE TOWNSEND




MAGRIET SE SCONE-WICHES

sconwichtested
MAGRIET SE SCONE-WICHES
Hierdie is my dierbare skoonsus Magriet se reseppie.
4 eetlepels olie
1 eier
¾ koppie melk
1 koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
1 ½ koppie Chedder kaas
Knippie soutKlits olie, eier en melk goed.
Sif droë bestanddele saam.
Voeg kaas by.
Skep beslag in warm snackwich pannetjie.
Bak tot goud bruin.
Geniet soos wil!!!

Foto: Thelma En Wessel DuPreez
Resep: Magriet




FRIKKIE SE NUWE SJOKOLADEKOEK

frikkie-se-sjokoladekoektested
FRIKKIE SE NUWE SJOKOLADEKOEK
6 eiers,  geskei
Knippie sout
1½ koppies strooisuiker
1 koppie (250 g)sagte botter of bakmargarien.
2 koppies meel
½ koppie kakao
Ongeveer 200 ml melk
2 teelepels vanilla geursel
17½ ml bakpoeier

Sit ‘n bakkie kookwater onder in die oond en voorverhit tot 180°C.
Klits die eierwitte en sout saam tot styf en hou eenkant.
Klits die botter,  eiergele en strooisuiker saam tot baie lig en donsig.
Sif die meel en kakao saam.
Meng die melk en vanilla.
Meng die meel en melk beurtelings by die bottermengsel.  Meng op stadige spoed en waak teen “overmixing”. Meng tot net gemeng.
Sprinkel die bakpoeier oor en vou die eierwitte in 2 sarsies in.
Giet in voorbereide koekpan wat met papier uitgevoer is.
Plaas in oond en verlaag die hitte na 170°C.
Bak ongeveer 60 min tot toetspen skoon uitkom.

Keer koek uit op afkoelrak en koel onder ‘n nat vadoek af.

Sny in 3 lae en vul met vulsel van jou keuse.
Hier het ek ‘n tuisgemaakte karamel en 70% sjokoladeganache gebruik.

Resep en foto: Frikkie Jones




FRIKKIE SE SKILFERKORSDEEG

frikkie-se-pasteitested

FRIKKIE SE SKILFERKORSDEEG
500 g koekmeel
350 g botter,  gerasper en gevries
250 ml yskoue water gemeng met
15 ml suurlemoensap
10 ml sout

Meng die meel en sout.
Vryf 50g van die botter in die meel in.
Voeg die water bietjies, bietjies by en meng liggies tot die meel bymekaarkom en ‘n deeg vorm.  Knie goed tot elasties en rol uit.  Vou op en verkoel 25 min.
Rol weer en plaas ‘n strook botter in die middel van die deeg.  Vou een kant oor en sit weer ‘n laag botter  bo op die deeg bo oor die ingevoude kant. Vou die ander los kant oor.  Druk kante vas om lug in te seel en vou op in 3.  Bedek en verkoel weer 25 min.
Herhaal die boonste stap weer met die laaste botter en vou en verkoel weer 25 min. Teen die tyd het jy 729 lagies deeg wat heerlik vlokkig sal wees. Rol weer uit en gebruik soos nodig. Bak 20 tot 25 min by 200°C.
Vir groter terte bak 15 min by 200ºC en verlaag die hitte na 180°C en bak tot deurgebak en gaar.
Bron en foto: Frikkie Jones




GEBAKTE RED VELVET KAASKOEK MET PEKANNEUT BRITTLE

red velvet frikkietested

GEBAKTE RED VELVET KAASKOEK MET PEKANNEUT BRITTLE
Resep en foto: Frikkie Jones
FOOD LOVERS RECIPES
1 pakkie Nutticrust koekies fyngemaak
100 ml gesmelte botter
1.25 kg roomkaas by kamertemperatuur
200 ml gewone jogurt
375 ml strooisuiker
1 teelepel vanilla poeier
knippie sout
5 eiers
3 eetlepels kakao
3 botteltjies rooi kleursel of 60 ml beet konsentraat*
125ml suiker
60 ml water
125 ml gekapte pekanneute

Beet Konsentraat:
Skil en rasper 2 kg beet
Bedek met kookwater en kook 2 ure oor matige hitte tot dit beet grys is en die water rooi.
Syg deur ‘n doek en gooi die vloeistof in die pot sit 1 eetlepel asyn by en kook tot die vloeistof met 2/3 verminder het.
Koel af en gebruik in koeke

Berei jou 23cm veerklamppan met paPier op die bodem en kante.
Meng die koekiekrummels met die botter en druk op die bodem van die pan vas. Verkoel tot benodig.
Klits die suiker en eiers saam en bêre die klitser. Hou eenkant.
Roer die roomkaas, kakao, jogurt, kleursel, vanilla saam tot glad. MOENIE KLITS NIE ANDERS KRAAK DIE KOEK.
Voeg die eiermengsel by en roer tot gemeng.
Giet in kors en bak soos volg:
15 min by 200°C voorverhit en maak dan die oonddeur oop en verlaag die hitte na 100ºC.
Sodra die liggie aankom, maak oonddeur toe en bak ‘n verdere 90 min.
Skakel oond af en laat in oond afkoel.
Laat staan 48 uur in yskas. Ontvorm die kaaskoek versigtig en sit die fyngekapte brittle bo op.

Brittle:
Verhit die suiker en water oor matige hitte. Wieg die pan om die suiker te help oplos. MOENIE N LEPEL DAARIN DRUK NIE. DIT GAAN SANDSUIKER.
Sodra die suiker gesmelt is, verhoog die hitte en kook die water uit. Wieg die pan af en toe.
As dit suiker begin verkleur. Wieg die pan om dit die verlangde kastaiingbruin kleur te kry. Voeg die neute by en skud die pan om die neute te bedek. Keer uit op silikon papier en koel af tot hard. Kap fyn in voedselverwerker en sprinkel ‘n lekker laag oor die koek net voor opdiening.
12 porsies




FRIKKIE SE GEBAKTE KAASKOEK

frikkie se kaaskoekfrikkie se kaaskoek 2tested

FRIKKIE SE GEBAKTE KAASKOEK
Resep en foto: Frikkie Jones
FOOD LOVERS RECIPES
Kors:
100 g gemmerkoekies
50 g gerolde hawermout
75 g botter, gesmelt
Vulsel:
1.25 kg roomkaas by kamertemperatuur
290 ml strooisuiker
10 ml vanilla ekstrak
knippie sout
5 groot eiers by kamertemperatuur

Vir Sjokolade kaaskoek (opsioneel):
120 ml warm sjokolade poeier
20 ml kakaopoeier
kookwater om bg. aan te maak tot glad. In totaal moet alles nie meer as 150 ml aangemaak wees nie.

Bolaag:
1 blik karamel kondensmelk
growwe sout vir bo-op

Smeer ‘n 23 cm veerklamppan met margarien.
Bedek die bodem en kante van die pan met silikon papier.
Verwerk die koekies en hawermout in voedselverwerker tot krummels. Meng met die botter en druk vas teen bodem van die pan. Verkoel tot benodig.
Klits die eiers, strooisuiker, sout en vanilla tot goed gemeng.
Werk die roomkaas tot glad en sag MET DIE HAND. Voeg die eiermengsel by en meng versigtig tot glad MET DIE HAND.
Skep twee derdes van die mengsel in die pan oor die kors. Maak gelyk. Meng die sjokolade stroop met die oorblywende derde beslag en skep bo-oor die vanilla mengsel. Maak gelyk.
Bak 10 min in ‘n 200°C oond. Verlaag die hitte na 100°C en bak vir nog 90 min. Skakel die oond af en laat in oond afkoel.
Verkoel in yskas ten minste 2 dae voor bedien word.
Ontvorm die kaaskoek versigtig en roer die karamel kondensmelk tot glad. Verdun met ‘n leksel melk en smeer oor die koek. Sprinkel ‘n paar korrels growwe sout oor om die baie soet teë te werk.
Bedien by kamer temperatuur (met lewensessens agterna)

 




FRIKKIE SE BILTONGPATEE

FRIKKIE SE BILTONGPATEEtested

FRIKKIE SE BILTONGPATEE

250 g roomkaas
100 g droë gerasperde biltong
sout en peper na smaak
15 ml suurlemoensap

Meng alles saam. Proe en geur.
Laat staan oornag.
Bedien met kraakbeskuitjies, melba roosterbrood of ‘n broodjie.
Bron: Frikkie Jones




WAYNE SE TANNIE SE BOELIE-BIEF TERTJIES

wayne se tertjiestested

WAYNE SE TANNIE SE BOELIE-BIEF TERTJIES
Resep en foto:  Wayne Dugmore
FOOD LOVERS RECIPES
My tannie het op ‘n stadium vir troues gebak. Al die mense was altyd gaande oor hierdie tertjies. Dit bly tot vandag toe nog een van my gunstelling happies.
1 blik boelie-bief, fyngedruk met vurk
1 groot ui, fyngerasper
2 groot tamaties, fyngerasper
2 eetlepels pietersielie
2 koppies cheddar kaas, gerasper
2 eiers, geklits
2 hoogvol eetlepels bruismeel
Rooipeper vir bo-oor (opsioneel)
Paprika vir bo-oor (opsioneel)

Voorverhit jou ond tot 180°C.

Bespuit jou klein cup-cake pannetjies.
Meng al die bestandele goed saam.
Skep ‘n teelepel vol mengsel in elke klein cup-cake gaatjie.
Sprinkel ‘n bietjie rooipeper of paprika bo-oor. Jy kan dit skoon los ook.
Bak in die oond tot dit net begin verkleur – so 20 tot 25 minute.
Gebruik ‘n klein spatula, of stomppunt mes, om die tertjies los te maak in die pannetjies. Laat dit in die pan staan vir so ‘n minuut – dit help dat die tertjies hul vorm behou (soos die kaas stol).
Keer uit en geniet.
1 blik boelie-bief lewer so 4 dosyn tertjies.
Jy kan hierdie mengsel ook in ‘n groot souttert omskep – dit bak dan net langer. Hou ook maar fyn dop omdat die kaas soms vinnig bruin en hard word.

 




GIDEON SE PATATJIES

gideon se patatjiestested

GIDEON SE PATATJIES
6 klein patatjies
2e heuning
3e botter
1/2t chillieflakes
Sout en peper na smaak
meng al die bestandele saam

Smeer die patatjies met olyf olie en bak in n voorverhitte vir +- 45 min maak die bogenoemde sous warm Prik die warm patatte met n vurk en giet die warm sous oor die warm patatte en geniet

Foto en resep:  Gideon Louw




CECILIA SE YSTERVARKBROODJIE

ystervark broodtestedystervark brood 2

CECILIA SE YSTERVARKBROODJIE

Hierdie is ongelooflik lekker en sooooo maklik.

Neem een ciabata broodjie.
Sny sirkel in die middel.
Sny randjie af van hele sirkel camenbert.
Plaas camenbert in die middel van die broodjie.
Meng na smaak: basil pesto, olyf olie en knoffel.
Sny broodjie (vierkant patroon)
Smeer openinge met die basil mengsel.
Gooi klein bietjie olyf olie eweredig oor broodjie, asook sout.
Bak vir 25 min teen 180 grade celcius in oond.
Bron en Foto: Cecilia Richards