VELE MOSTERD RESEPTE

VELE MOSTERD RESEPTE

JEANETTE SE WONDER MOSTERD
250 ml suiker
3 eiers
100 ml asyn
50 ml mostertpoeier
Knippie sout
Klits met draadklitser alles saam in potjie. Roer aanhoudend oor kookwater tot glad en daar nie meer skuim op is nie en die suiker goed gesmelt is.

Resep en foto: Jeanette Martins

Jaqui Jansen van Rensburg My Ma se resep:
2 koppies suiker
1 eetlepel mosterdpoeier
3 eiers
1 koppie wit asyn

Meng suiker en moster bymekaar – roer goed tot geen klonte.
Klits eiers en meng by suiker/mosterd mengsel.
Sit asyn by en sit op stoof.
Kook tot dik.
Myne nou net vir Kersfees gemaak – altyd ‘n wenner!

Walter En Ilze Holder
My resep:
klits saam 4 eiers en 1 koppie suiker
Meng 1/2 koppie asyn en 1 teelepel mosterdpoeier/ 2 teelepels mosterdpaste
Kook stadig saam
Roer 1 teelepel mostertkorrels by en roerkook tot dik op lae hitte

Marinda Stoumann Harris
Tuisgemaakte mosterd
3 eiers
6 eetlepels suiker
6 teelepels mosterdpoeier
12 eetlepels asyn
Sout
Klits alles saam in kastrol
Laat prut oor lae hitte tot dik en glad.
Heeeerlik..




KOOS SE VARKLIES ROLRIB

KOOS SE VARKLIES ROLRIB

Daai Pork belly roll (varklies) wat ek wou maak:
Hoeveelhede na smaak:
knoffel
English Hot Mustard
growwe sout
suurlemoenpeper

Vou lies oop en stop met knoffelhuisies tussen die vleis in.
Smeer met English Hot Mustard.
Geur met growwe sout, en suurlemoenpeper.
Rol toe en bind vas.
Plaas in ‘n vacuum sak in die yskas vir so 2 dae.
Op my gasbraai spit gebraai tot gaar.

Nota:
As iemand wil weet hoekom nie in ‘n net-sak gebak nie.
Vat ‘n tip:  As jy die vleis in ‘n net-sak bak en dan die net moet afhaal, dan trek die vleis en die hele rol val oop.
Met die tou sny jy dit mooi skywe as dit gaar is en jy kan die skywe verder braai as dit nodig is.
Resep en foto: Koos van der Merwe

Wenk;
Lana le Roux – Strooi bietjie gelatien oor jou vleis voordat dit opgerol word. Rol bly dan mooi bymekaar. Geniet elke stukkie van hierdie gerolde belly.




MARIETTE SE KARRINGMELK BESKUIT

MARIETTE SE KARRINGMELK BESKUIT

Ek het dit uitprobeer en dis maklik en HEERLIK.
2 kg bruismeel
2 x 500 ml suurmelk
2 x koppies suiker
4 eiers
500 g margarine (volvet)
4 ml sout

Smelt  die margarine.
Voeg suiker en karringmelk by.
Voeg eiers by en klits saam.
Sif bruismeel en voeg by karringmelkmengsel.
Meng goed.
Knie af (die deeg is baie sag en knie nie soos brooddeeg – “knie” met plat hand tot deeg aanmekaar kleef.
Maak bolletjies en plaas in panne
Ek het met die hoeveelheid een groot oondpan gevul en twee klein broodpannetjies.
Nadat die groot oondpan klaar gebak het, is die twee broodpannetjies oond toe.
Bak 45 minute by 180ºC.

NOTAS OOR UITDROOG IN MY KELVINATORSTOOF
Ek het ‘n tyd gelede op die blad raad gevra oor ek nie kon uitvind waar die stoof se lou-oond aangeskakel word nie.(In ander huis ingetrek en stoof nie geken). Ek weet steeds nie, want dit word nie eens warm as die oond aan is nie.
Met almal se raad het ek uiteindelik die onderste element van die oond aangeskakel en by die kontrole is daar “L” voordat die afgemete grade begin. Afgemeet in 30‘s, en begin by 110 ºC. So L moet dan 80ºC wees. (Daar is ‘n “H” na die laaste grade syfer, dus staan “L” nie vir Louoond nie.) Die 80ºC het toe goed gewerk vir die uitdroog van die beskuit. Vir die hele baksel het ek plate op die twee oondrakke gebruik en ook die oondbak op die vloer van die oond. Onthou net om nie die oondbak plat op die oondvloer te sit (soos ek aan die begin nie). Dit is dan te warm en die beskuit raak onder swart. Plaas ‘n bak onderstebo en die oondbak daarop.
Die nota is vir diegene, soos ek, wat nie so graag in die kombuis besig is nie en wat alewig moet “trial en error”!

Resep en foto verskaf: Ragiela Cloete
Resep oorsprong: Mariette van Dyk
Foto:  Kristie Townsend
😃Eerste keer wat ek beskuit bak! Karringmelk beskuit! Nie my eie resep nie maar eie foto! Ek tik gou die resep oor! Die beskuit is baie lekker crunchie!




MELANIE SE MAKLIKE SOET MOSTERD

MELANIE SE MAKLIKE SOET MOSTERD
Baie Maklike Soet Mostert Resep.
Ek maak dit elke jaar Kersfees. (Ek gebruik sommer die blikkie vir die metings ook)
Plaas die inhoud van 1 blikkie kondensmelk  in ‘n houer.
Meet ¼ blikkie asyn af en voeg by die kondensmelk.
Meet ½ blikkie olie en voeg by kondensmelk.
Skep 2 teelepels american mustart by die kondensmelk, olie en asyn (jy kan meer mosterd gebruik, proe tot dit sterk genoeg smaak).
Klits 5 min BAIE goed en laat oornag verkoel in toe houer.
Klits mosterd weer deur en geniet.
Resep: Melanie Voordewind




SOMERSON SLAAI

SOMERSON SLAAI
1 groot pak geel murgpampoentjies, in kwarte gesny, blanseer vir 5 minute in kokende water
1 pak Hawain stirfry
500 g gesnipperde spek
2 vars fyn knoffelhuisies
5 ml fyn gemmer
125 ml gekapte amandel, sout, peper na smaak
Smelt 125 g botter en 100 ml olyfolie in braaipan.
Voeg al die bestanddele by en roerbraai tot droog.
Sit pan af, sprinkel lemoensap oor en laat afkoel.
Skep in mooi bak, strooi parmasansnippers oor na smaak en breek gekneusde basil blare bo-oor. Bedek en plaas in yskas.

Bron eie skepping. Enjoy

Resep en foto: Floraine Wasserman Venter




KARRINGMELK PLAATKOEKIES

KARRINGMELK PLAATKOEKIES
500 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
5 ml sout
500 ml karringmelk
2 eiers
25 ml gesmelte botter
15 ml suiker

Sif koekmeel, bakpoeier, koeksoda, sout saam.
Klits die karringmelk, eiers, botter en suiker saam. Voeg die vloeistof by die meelmengsel.
En roer tot gemeng.
Braai in bietjie olie (ekt Myne in my pannetjie gebak met cook en spray)
Lekker!!!! Glad nie droog nie.

Foto: Benhet Nieuwenhuis
2de foto:  Marika Tegmann
Ek het so halwe koppie gemengde bessies by gesit vir die soet suur smaak. So saam met die roomys en die Toffie sous (Gekoop) was dit baie lekker gewees. Het ook ses groot plaat koeke uit gekry




LEKKER ASYNPOEDING


LEKKER ASYNPOEDING
Resep geplaas deur Rina Branken-Vosloo
Foto: Adam Cloete
1 ½ koppie koekmeel
½ koppie suiker
2 eetlepels appelkoos jam
2 teelepels gemmer
¼ teelepel sout
1 ½ eetlepel botter of margarien
2 eiers
1 teelepel koeksoda
½ teelepel fyn neut

Sous:
2 koppies water
2 koppies suiker
½ koppie asyn
Kook die bestanddele vir die sous 5 minute lank saam en laat effe afkoel.

Klop die botter en suiker saam en voeg die geklitste eiers by.
Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by.
Roer die appelkoosjam by en meng goed.
Sit die deeg in die afgekoelde sous in n groot, vuurvaste bakskottel.
Bak dit 30 tot 40 minute lank of tot die poeding mooi bruin is in n matige oond by 180°C.
Dien op met vlasous of dun room.




TRACY’S CARAMEL BREAD


TRACY’S CARAMEL BREAD

4cups flour
1 pkt instant dry yeast
2 Tbl spoons sugar
1 t salt
Luke warm water

Making the bread dough in my mixer so not sure on how much water but added till it was not to wet or to dry.
Let the dough rise, about 20 minutes, in a warm place. Beat the dough down and roll into small balls ( like you would for rusks) put into a greased oven proof dish. Pour straight onto the rolled balls some soft brown sugar, make sure balls are coated well, the more sugar the better, and then 250ml cream, pour cream over the balls and sugar and bake at 180 degrees till golden brown for approximately 30 – 40 min.. enjoy!! They make a thick caramel sauce over!!
This is only what’s left of ours cos everyone chomped them up

Recipe and photo: Tracy Vohra




GERHARD SE SEMELRYKE BIERBROOD

GERHARD SE SEMELRYKE BIERBROOD
450 g/750 ml semelryke bruismeel
5 ml kruie
45 ml suiker
400 g heel mielies
1 bier

Sif meel, kruie en suiker saam.
Voeg mielies by.
Voeg bier stadig by en meng tot deeg.
Skep in gesmeerde 23 x 13cm pan.
Bak vir 60min by 180°C.
Laat 5 min afkoel voor uit pan haal.

Ek maak resep gewoonlik dubbeld aan en gebruik dan ‘n platboom swartpot.

Resep en foto verskaf: Gerhard Kock




ANNA SE PYNAPPEL YSKASTERT MET VARIASIE

ANNA SE PYNAPPEL YSKASTERT MET VARIASIE

1 blikkie ideal melk, oornag in yskas gelos
1 blik pynappel crush, gedreineer en stroop gehou
1 pakkie pynappel jellie
1 pak tennis beskuitjies

Verhit die pynappelstroop tot kookpunt. Voeg die pynappel jellie poeier daarby. Roer tot opgelos. Laat afkoel tot baie dik, maar nie gestol nie.

Klop die ideal melk tot baie dik. Dit sal 3 of 4 keer verdubbel in hoeveelheid. Voeg die ‘jelliestroop’ by en meng baie goed. Voed die pynappel krush by en roer goed deur.

In ‘n bak pak jy ‘n lagie beskuitjies, lagie mensel. Herhaal en eindig met mengsel. Krummel beskuitjies bo oor.

Plaas oornag in yskas.

Wenk: Jy kan die pynappel krush met 2 blikkies granadilla pulp vervang. Vervang pynaplel jellie met granadilla jellie en maak met 1 koppie kookwater aan. Gebruik nog ‘n blikkie granadilla pulp vir bo oor in plaas van beskuitjies krummel.

Wenk: Raspberry jelly en gesnipperde guavas werk net so lekke

Resep verskaf en foto: Wayne Dugmore (sy ma  Anna se resep)