KLEIN MIELIEBROODJIE

 

2014-11-25-10413401_10204062677981949_3678728464949527097_ntested
KLEIN MIELIEBROODJIE
Foto en Geplaas deur: Jolandi Greyling
FOOD LOVERS RECIPES
1 koppie koekmeel
½ koppie bruinsuiker
1 eier
1 teelepel bakpoeier
1 blik room mielies

Meng alles saam, skep in voorbereide klein broodpannetjie en bak in oond 150ºC tot bruin. Ongeveer 40 min of tot toetspen skoon uitkom.

 




BUTTERMILK AND HORSERADISH DIPS SERVED WITH CHICKEN LIVERS

 

FLR BB with Heart

Ingredients
3/4 cup buttermilk
2 tablespoons prepared horseradish
1 tablespoon sugar or honey
1/4 teaspoon salt
1 tablespoon white vinegar
1/2 teaspoon prepared mustard
Directions
Combine all ingredients; chill. Serve with cabbage, tossed green salads or fresh fruit. Yield: 1 cup

Bron:  tasteofhome

Geplaas deur: Fienie van Wyk




TUPPERWARE OMELET PAKKIE

 

2014-09-27-1606299_10152694787369356_8128489352582559418_otested

Heerlike vinnige ontbyt!!! In my tapper omelet pakkie!! Klits 2 eiers met bietjie melk! Toe meng ek van gister aand se braai vleisies in en tamatie, ui en kaas! En bietjie spice! Gooi in pakkie en mikrogolf 3min! Strooi kaas oor en geniet

Geplaas deur: Benhet Nieuwenhuizen




FENNEL AND APPLE SALAD

FLR BB Templatetested

 FENNEL AND APPLE SALAD

I don’t like meat & fruit but love this with a steak.

Use young fennel slice thinly with a mandolin & the apples-I have used the granny smith & Fiji & cripps & all good.

Make dressing with chopped fennel tops , olive oil, apple cider vinegar, salt & pepper.

Variations I’ve tried-add radishes for a bite or blue cheese & pecans/walnuts.

Posted by Cynthia Bezuidenhout Vivian




KERRIE PIESANGSLAAI

 


KERRIE PIESANGSLAAI
Resep: Rina Kleinhans
Foto:  Elna Erasmus
FOOD LOVERS RECIPES
3 – 4 piesangs
4 eetlepels appelkooskonfyt (tuisgemaakte met stukkies in is heerlik)
½ teelepel borrie
½ teelepel kerrie
4 eetlepels mayonnaise
2 eetlepels kondensmelk
1 eetlepel asyn

Meng al die bestanddele vir die sous en laat 1 uur staan.
Sny piesangs in skywe en meng met sous.
Al die piesangs moet met die sous bedek wees.
Elna Erasmus:
Ek het vandag Rina Kleinhans se kerrie piesangslaai gemaak. Ek het die appelkoos konfyt met appelkoos en lemoenkonfyt vervang. Julle hierdie is voorwaar die lekkerste, lekker slaai.




SKAAPRIB TROOSKOS

2014-08-08-10547328_10204324800390050_6495757730737752584_otested
SKAAPRIB TROOSKOS

Dit lyk nou bietjie vaal, maar dit is een van ons geliefde winter trooskos, het nie ‘n resep nie maar dit is baie eenvoudig sal maar beduie.

Sakkie suikerboontjies geweek vir paar ure,
vet skaapribbetjie gesny.
2 uie gesny
sout en peper en
aartappels in stukke gesny.

Sit alles in stoompot vir so driekwart uur, bedien met rys.
Bron foto en geplaas deur: Martie Fourie Moolman




KARRINGMELK BESKUIT

 

2014-08-08-10599247_1459056721029209_326339821089272725_ntested

My karringmelk beskuit!
Ek bak dit in die beskuit pan met afdrukker my pan grootte is 350 x 350 mm!
Bestandele!
1 kg bruismeel
5 ml sout
5 ml kremertart
10 ml bakpoeier
300 ml suiker
500 ml karringmelk.
250 gram storkbake
4 eiers
40 ml olie
Meng al die droe bestandele saam! smelt margerine oor lae hitte gooi karringmelk by klits eiers en olie saam voeg by melkmengsel gooi nou by meel mengsel roer met groot lepel knie liggies gooi dit nu in jou beskuitpan druk mooi eweredig rol met jou koekroller gelyk druk af! bak op 170c vir 45 min! ek bak op fan aksie en ek droog uit op 80c vir 5 ure!

BRon foto en geplaas deur: Elize Venter




MARTIE SE YSKAS LEEGMAAK TERT

2014-08-05-10550062_10204315049226277_2353083137193773661_otested

MARTIE SE YSKAS LEEGMAAK TERT

Adam se yskas leeg maak tert. ( Herwin vir hergebruik)!  AANGEPAS DEUR MARTIE
2 witbrood korsies geweek in 1 k melk
0orskiet groente (spinasie, wortels, butternut , ertjies en bietjie mash)
3 eiers geklits
6 repe streepspek in stukkies gesny
halwe prei in ringetjies
s&p bietjie rooipeper en gekapte pietersielie
1 k gerasperde kaas (was drie verskillende stukkies oorskiet kaas)
Die prei en spek bietjie gebraai en alles saam gemeng en in ‘n gemeerde bak gesit en by 180 gebak vir halfuur.

Geplaas en foto deur: Martie Fourie Moolman




OLIE BESKUIT

 

FLR BB with Hearttested

OLIE BESKUIT
Hierdie resep is ‘n Wenresepte beskuit, geniet.
1 kg volkoring bruismeel
500 g gewone bruismeel
10 ml bakpoeier
5 ml sout
250 ml fruktose of Xylitol
300 g “All Bran”
375 g margarien
2 eiers
400 ml melk (oorspronklik 500 ml karringmelk)
300 ml kookolie

Meng die droë bestanddele saam en vryf die botter daarin. Klits die eiers, olie en karringmelk of melk saam en meng by die meelmengsel in. Plaas die beskuit in voorbereide beskuitpanne van jou keuse en bak in ‘n voorverhitte oond by 180°C vir 50 minute
Nota – Moenie die botter smelt en meng nie, dan maak dit ‘n baie digte beskuit. Ek druk die All Bran sommer bietjie stukkend in my hande voor ek dit inmeng. Die deeg behoort lekker sag te wees en maklik om in die panne te druk.
Geplaas deur: Nicolette Fick




ROOMBROODJIE

2014-07-23-10397232_10152646319533573_6584794309506225553_otested
ROOMBROODJIE
1 pak gekoopte deeg
1 pakkie bruin uiesoppoeier
Gerasperde kaas
250 ml vars room

Maak deeg in bolletjies en pak in bak / pot.
Strooi soppoeier oor. Giet room oor. Strooi kaas oor.
Bak teen 160°C vir 40 min.
Ek breek bolletjies los en sny dan in snytjies.
Bron en foto: Chantelle Geldenhuys –
2de foto:  Veronica Els: Ek het lekker gebraaide maalvleis, sampioene en ‘n bietjie kerrie pasta, bladjang en tamatiesous bo oor gesit saam met parmasan, feta en verouderde cheddar. Dit was uit die boeke!
Wat ek gedoen het is ek die room en soppoeier gemeng en oor gegiet toe sit ek dit in die oond dat dit rys en lekker mooi gebak is, toe sprinkel ek die gaar maalvleis en kaas oor en sit hom vir nog so tien minute in die oond.