DOROTHY SE VARKTJOPS IN DIE OOND

Dorothy varktjopstested

DOROTHY SE VARKTJOPS IN DIE OOND

Speserye
Sout peper steak/chops fyn gemmer oreganum
Sprinkel worcestersous oor
Bak in oond 180 ek draai hul so al om die 20min om tot hul goubruin is
Bietjie olie in pan. So uur en 10min

Resep en foto: Dorothy Vermeulen Van Zyl.




MIELIE EN WORS KASSEROL

 

MIELIE- EN WORS KASSEROL
1 ui, in halwe ringe gesny
1 soetrissie, in blokkies gesny
Olie
500 g varkworsies of
Oorskiet boerewors
2e botter
50ml koekmeel
250ml melk
Sout en peper
Helfte van 410g blik sweetcorn
125ml gerasperde cheddar kaas
1 tamatie, in skywe gesny
Soteer die uie en soetrissie in biekie olie tot sag, voeg die varkworsies by en braai tot bruin/ of die klaar gaar boereword in stukkies gesny
Maak n witsous van botter, koekmeel, melk en geur met sout en peper en voeg die suikermielies by. Meng deur en giet oor worsmengsel. Giet in oondvaste bak en strooi die kaas oor, pak tamatieskywe bo-op en bak 25min by 180ºC

Resep verskaf: Marianne de Beer




DHAI

recipes-157

DHAI

250 ml natuurlike yogurt,
1 knoffelhuisie,
2-3 groen chillies,
1 eetl Dhanya (coriander),
bietjie sout.

Meng alles tesaam, skep in n opdien bakkie en bedien saam met kerrie, breyanie en kebabs.

Resep en foto: Cape Malay Cooking
https://capemalaycooking.me/tag/dhai-sauce/




VLEISLAND SE MAALVLEIS POTBROODJIE

13996265_10209774813437400_9126861579472984287_otested

VLEISLAND SE MAALVLEIS POTBROODJIE

Die Ingelsman sê…
“What is the use of having a mind if one cannot change it”?
As Mens moeg raak vir dieselde resep oor en oor.
DAN is dit tyd om “Mind te change”.
Vandag het ek nou my Mind gechange, en ‘n WILLE kans gevat.
Met uitstekende resultate!

500 g BOEREWORS vleis, (daai wat in die stopper oorbly, klaar boerewors speserye in)
½ ui, fyn gekerf
4 knoffelhuisies, gekerf
1 eier
1 koppie bruinbrood meel
1 koppie grasperde kaas
1 teelepel bakpoeier
1 eetlepel suurlemoensap
2 eetlepels olyfolie
¾ koppie water

Meng die vleis, uie, knoffel en kaas in ‘n mengbak.
Meng die meel en die res in ‘n ander bak tot ‘n slap deeg.
Gooi by die vleismengsel, en roer goed deur.
Bak vir 1 uur op 150°C in die oond.
Gooi nou nog 100 gram gerasperde kaas oor die “broodjie” en bak tot die kaas gesmelt is.
Dan het jy ‘n broodjie wat enige GARAGE PIE se naam met ‘n plank slaan.
Hy LOOP SOOS STROOP!

Bron en foto: Stefaans Blaauw – Vleisland




KARAMELSOUS SAAM PAMPOENTERT

14034715_10210540265448764_2895494341748738357_ntested
KARAMELSOUS SAAM MET PAMPOENTERT

Gooi 200 g witsuiker in ‘n pot en voeg 100 ml water by. Roer met ‘n draadklitser tot opgelos.
Bring tot kookpunt en laat vinnig kook totdat ‘n goue karamel vorm – sowat 10 minute.
Moenie roer terwyl die sous kook nie.
Verwyder pot van hitte en voeg 50 g botter by.
Beweeg pot stadig in die rondte totdat al die botter gesmelt het.
Voeg 125 ml room by en meng vinnig met ‘n draadklitser tot ‘n gladde karamel.
Werk versigtig – die mengsel is baie warm. Laat afkoel en gooi oor muffins, of selfs oor roomys.

http://www.foodloversrecipes.com/2016/02/marlize-se-pampoentert/
Foto:  Mariaan van Wyk




HARTJIE MY LIEFIE PASTEI

tested

HARTJIE MY LIEFIE PASTEI
Vulsel
1 groot ui gekap
1 middelslag soetrissie ontpit en gekap
50 g (60 ml) botter of margarien
70 g (125 ml) koekmeel, ongesif afgemeet
1 blik (405 g) hoenderroomsop
300 ml melk
300 g (500 ml) gaar, fyn gesnyde hoenderlvleis
15 ml suurlemoensap
Sout en peper na smaak

Kors
250 g (450 ml ongesif afgemeet) koekmeel
15 ml bakpoeier
2 ml sout
50 g (60 ml) koue botter of margarien
50 g (125 ml) gerasperde Cheddarkaas
175 ml melk
1 eiergeel en 25 ml melk saam geklits

Braai ui en soetrissie tot sag in die margarien of botter. Strooi die koekmeel oor en roer tot gemeng. Voeg die hoenderroomsop en melk by, verhit oor matige hitte tot kookpunt en roer aanhoudend. Voeg die hoendervleis by en suurlemoensap, sout en peper en meng.
Voorverhit die oond tot 220ºC.
Smeer ‘n oondvaste bak van ongeveer 1.5 L. Skep die hoendervulsel in die bak.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter of margarien in tot goed gemeng. Voeg die kaas by en meng. Meng die melk met ‘n slaplem mes by tot ‘n hanteerbare deeg. Plaas op meelbestrooide deegplank en druk liggies tot ‘n dikte van 2 cm plat. Druk hartjie vorms af met ‘n koekiedrukker en rangskik dit bo op rondom die vulsel. Verf eiermelk oor die harte.
Bak die pastei ongeveer 15 min op die midddelste oondrak, verminder die hitte tot 200ºC en bak ‘n verdure 5 tot 10 min.
Sit dit warm voor.

Foto:  Liezl van Niekerk
Ek het die hoenderpastei net met filodeeg gemaak ipv die skon harte. Was heerlik!!




CAMEMBERT EN UIE TERT

Elizabeth camembert en uieterttested

CAMEMBERT EN UIE TERT

Deeg
Gewone skilferrol deeg

Vulsel
Sny 3 tot 4 uie in dik ringe en braai tot effens gekleurd en hou eenkant.
Braai ñ pakkie bacon stukkies tot gaar.
In mengbak, 4 eiers, 250ml suurroom, 2 teelepels tiemie en pietersielie, sout en peper na smaak, voeg gaar bacon by en gooi in kors. Sit uieringe mooi bo-op. Moenie worry as dit effens insak nie. Sny 1 Camembert op en druk hier en daar tussen uie in. Bak teen 180°C tot gaar.

Resep: Oorsprong Your Family aangepas deur Elizabeth Haupt
Foto: Elizabeth Haupt




DENZY’S TUNA WHEELS

Denzyl tuna wheelstested

DENZY’S TUNA WHEELS

Deeg:
1 rol Cheese and Herb pastry
Vulsel:
1 blikkie tuna
½ rooi soetrissie, gekap
½ groen soetrissie, gekap
2 grasuie, gekap

Meng alles saam.
Rol die deeg oop.
Meng saam en smeer die deeg:
2 lepels roomkaas (ek het die smoked salmon gebruik)
2 lepels mayonnaise
Smeer die tuna vulsel oor die roomkaas mengsel. Kap tiemie en pietersielie op en sit bo-oor. Rasper kaas oor hele mengsel. Rol op en bak by 180°C vir 20 min of tot gaar en bros.

Bron:  Denzel Koenana




ANSI SE VINNIGE BEESSTERT

Ansi beessterttested

ANSI SE VINNIGE BEESSTERT

± 1 Kg beesstert
1 groot ui, gekerf
sout en swartpeper
kruie na jou eie smaak
2 koppies droë rooiwyn
1 koppie water
6 aartappels
¾ koppie chutney
2 tot 3 teelepels bistopoeier

Kook die oxtail, sout en peper, rooiwyn , ui en water in jou pressure cooker (drukkoker ) vir 1 uur op high. As oopgemaak het, skep uit in ‘n gewone pot, met die sous, en sit aartappels by, en so halwe tot driekwart koppie Chutney gemeng met die bisto poeier, en kook stadig op stoof tot aartappels lekker sag is, en goed sous getrek het. Ek het my aartappels uitgehaal toe gaar is en lekker gebraai in my power oven (airfryer). Bedien met rys, of jou gunsteling stysel.

Resep en foto: Ansi Fourie Pypers Fourie




VLEISLAND SE GEROOKTE SALAMI

13938254_10209765965456206_8321787071794850752_otested

VLEISLAND SE GEROOKTE SALAMI
Vir die van ons maters wat nie daai beroemde SALAMI-G van Spicetech kan in die hande kry nie..
Hier het ons nou gemaak, getoets, en geslaag…
VLEISLAND se Salami speserye, vir elke kombuis,
Sonder MSG, Sonder Potassium, sonder kleursel, en sonder al daai preserveer middels..
7.5 kg wild of beesvleis
2.5 kg bees lyfvet of brisketvet, of skaapstert (10 kg totaal )
6 eetlepels tafelsout
3 eetlepels pienksout (red Cure)
1 eetlepel bruin suiker
2 eetlepel growwe swartpeper
1 eetlepel fyn knoffel
1 eetlepel paprika
1 eetlepel rooi peper (Cayene Pepper)
1 teelepel salpeter of Askorbiensuur ( Kry sommer by die apteek)
1 teelepel anys
½ koppie droë rooiwyn
Maal die vleis sonder die vet, en vries dit, sny die vet in klein blokkie en vries apart.
Saag dan die gevriesde maalvleis in klein blokkies, en maal dit saam met die vet blokkies deur n 13mm sif..om dit te breek.
Meng al die speserye baie goed deur, en laat staan vir 12 ure in die yskas, of koelkamer.
Maal dan alles weer deur die boerewors siffie, 4.5mm -6mm siffie, en stop in derms, of salami derms. Laat lê in die koelkamer vir nog 24 uur, en hang dan uit vir nog 24 uur om goed af te droog…
Rook dit dan met KOUE ROOK vir 8-12 ure. (sien nota)
Laat hang in ‘n koel plek, om ryp te word vir so 5 dae, dan kan mens begin proe, en geniet
NOTA:
KOUE ROOK –  Die rook temepatuur moet nie oor 28-30 ºC gaan nie..maw die vleis moet nooit warm raak nie. Die boere het ‘n klein vuurmaakplek gehad waar kole gemaak word, en dan ‘n pyp wat die rook na rookdrom vat
http://www.foodloversrecipes.com/2017/01/verskil-tussen-koue-en-warm-rook/ 

Resep en foto: Stefaans Blaauw se salami -Vleisland se speserye