

GROENTE PIEKELS GELê IN SOUT
Pak jou groente in lae met growwe sout tussen in ‘n bak. Laat die 2 dae in hierdie droe pekel lê. Was dit baie goed af in koue water en maak seker dit is droog. Pak op vadoek vir ‘n ruk om goed droog te word. Pak groente in bottels nie te styf. Kook 500 ml goeie asyn en 1 eetlepel pickling spices en ‘n klein bietjie suiker stadig vir ongeveer 10 minute. Laat afkoel. Syg die asyn mengsel deur ‘n sif of doek om spices uit te haal. Vul bottels met groente tot vol en seel.
Nota: Was baie goed af in skoon water. Die tannie wat my die resep geggee het, het klem gelê dat dit groente goed droog moet wees. Ek pak enkel laag op vadoeke buite in die son. Heerlikste piekels en crisp na jare in die spens.
Marna het laat weet dit is baie sout en dit is Elize se antwoord: Nou na jou foto gekyk. Sien ek sampioene en eiervrug? Onthou dit is soos ‘n spons en nie seker of die resep gaan werk nie. Ek het met sukses, uitjies, blomkool en gerkin gedoen.
So jammer wat jou oorgekom het. Miskien moet ons die resep meer duidelik maak, want sampioene, greenpepper, chilli en eiervrug kan nie so gepiekel word nie.
Resep: Elize de Kock
Foto: Marda Pienaar