GEVULDE COCKTAIL TAMATIES

2014-04-28-gevuldebabatamatietested

GEVULDE COCKTAIL TAMATIES
Gister het ek vir ons hierdie gevulde cocktail tamaties gemaak.
Volgens eie hoeveelhede:
cocktail tamaties
olywe
growwe maaskaas
Vir opdiening:
blaarslaai
groen soetrisse
komkommer
rooi uie

Sny die vleis/pitte van die tamaties uit en vul die holtes met growwe maaskaas en olywe.
Ek het myne gerangskik op blaarslaai, green peppers, komkommers en rooi uie.
Die gevulde tamaties is heerlik verby!
Bron: Sharon Viljoen




BREAD FUN

2014-04-28-broodbaktested
BREAD FUN
It was just a simple make up as u go along recipe…basic bread with filling of your choice.
Abt 4 cups of flour,
satchet yeast.
1 tsp salt.
2 tsp sugar.
2 cups water…and then then knead.

Rise for 1 hr.

Roll into rectangle.
Fill with whatever the kids like in the centre
1/3 of the rectangle.
Cut slits along the sides and fold over in a plaited fashion.
Bake for 35 mins at 180C. kids loved the prep, especially the dough…

Bron: Shanlin Woo




BLUE BERRY SCONES


BLUE BERRY SCONES
Recipe and photo:  Cindy Van Steer Kiewiet
FOOD LOVERS RECIPES
1 egg
½ cup sugar, plus 2 tablespoons
2 tablespoons ground cinnamon
3 cups all-purpose flour, plus more for dusting
2 tablespoons lemon zest
1 tablespoon ground ginger
1½ teaspoons baking powder
¾ teaspoon baking soda
½ teaspoon ground cloves
½ teaspoon salt
12 tablespoons unsalted butter, cut into small pieces, cold
1½ cups buttermilk, cold
½ cup raspberry jam
2 cups blueberries

Preheat the oven to 375 ºF. Line a baking sheet with parchment paper.
Whisk together the half-and-half and egg in a small bowl. Mix together 2 tablespoons of the sugar and the cinnamon in another small bowl.
Mix together the flour, remaining sugar, the zest, ginger, baking powder, baking soda, cloves and salt with a whisk in a large bowl. Work the butter into the dry mix by crumbling everything with your fingertips or cutting it into the mix with a pastry cutter, until the butter is in small bits. Working quickly, add the buttermilk and mix with a wooden spoon until the dough comes together.

Turn the dough out onto a floured surface and press the dough together into a ball. Cut the dough into 2 pieces, one larger than the other, about one-third to two-thirds. Roll each piece of dough into a 12- by 9-inch rectangle. Spread the jam on the thicker rectangle of dough and top with the blueberries. Place the thinner rectangle of dough on top of the blueberry layer. Brush the egg wash on top of the dough and sprinkle with the cinnamon-sugar mixture.
Cut the dough into 18 equal pieces, about 3 by 2 inches using a bench scraper. Place the scones on the baking sheet and bake in the middle of the oven until the tops of the scones are just firm to the touch, 20 to 25 minutes. Cool for 1 minute, and then transfer to a cooling rack. Let cool for at least 5 minutes.

 




JORDANIESE UPSIDE DOWN RYS DIS

tested

JORDANIESE UPSIDE DOWN RYS DIS
1 groot brinjal of 2 kleintjies
2 groot tamaties
3 groot wit uie
2 knoffel bolle
500g hoender dye
2 koppies rys
1 liter hoenderekstrak
sout
swart peper
speserye van jou keuse (ek het American Jerk Spice gebruik, maar die Arabiere gebruik Baharat. Ek glo hoenderspeserye sal net so goed werk.)
Olie vir braai.

Diepbraai die hoenderstukke tot bruin

Braai dik uieringe in olie en verwyder van pan
Braai dik brinjalringe (wat klaar met sout gesweet is) in die olie tot bruin en verwyder)
Braai die tamatie skywe in die olie tot bruin en verwyder
Braai die knoffel in skyfies gesny tot ligbruin

Neem ‘n groot pot en pak lae, begin met brinjal.
Strooi tussen elke laag van die rou rys.
Eindig jou lae met rou rys.
Gooi die 1 liter hoenderekstrak oor die lae en laat prut stadig vir 1 uur.
Vul die water aan en maak seker dit brand nie vas nie!

Laat staan die gereg vir 30 minute in die pot en keer dan uit op ‘n opdienbord.
Doen dit baie baie versigtig!

Bedien met Bulgaarse Yoghurt

Resep en foto:  Corne Liebenberg

 




BAHARAT

2014-04-27-baharattested
BAHARAT

Mixed spices (makes 2 cups)
1/2 cup black peppercorns,
1/4 cup coriander seeds,
1/4 cup cassia bark,
1/4 cup cloves,
1/3 cup cumin seeds,
2 teaspoons cardamom seeds,
4 whole nutmegs,
1/2 cup ground paprika:

Place peppercorns, coriander seeds, cassia, cloves, cumin and cardamom seeds in a jar of blender and grind to a powder. It may be necessary to combine whole ingredients and grind 1/2 cup of mixture at a time.
Grate nutmeg and blend into spices with ground paprika. store in an airtight jar and use as specified.

Posted by Corne Liebenberg




GEKARAMELISEERDE PERE MET RYK SJOKOLADESOUS

GEKARAMELISEERDE PERE MET RYK SJOKOLADESOUS
Pere
3-4 harde groen pere 
30 ml gesmelte botter/margarien

Plaatkoekies
3 eiers
150 ml suiker
500 ml melk
30 ml gesmelte botter/margarien
500 ml koekmeel
4 hoogvol teelepels bakpoeier
5 ml sout Sjokolade sous
80 ml room
100 g sjokolade

Pere: Sny die pere in ongeveer 5mm dikte skywe in die lengte van die peer. Plaas dan die skywe op n gesmeerde bakplaat en verf met gesmelte botter. Bak die pere in die oond teen 180°C vir 15min. Hou eenkant.

Plaatkoekies: Klits die eiers en suiker saam tot liggeel en donsig. Die geheim le in die baie klits om dit veerlig te laat. Voeg dan net 250ml melk en botter by. Sif die droë bestanddele saam en voeg by die eiermengsel by. Voeg dan die oorblywende 250ml melk by en meng tot n gladde beslag. Moenie die mengsel roer nadat alles goed gemeng is nie. Smeer n pan met olie (ek gebruik n elektriese braaipan). Plaas dan n skyf peer op die pan en skep n lepel vol beslag oor die peer sodat die peer net-net bedek is. (Die beslag rys baie, so wees versigtig om nie te veel plaat koekies in jou pan te he op een slag nie. Dit maak die moeilik om te draai). Bak dan die plaatkoekies aan die eenkant tot lug borreltjies aan die bokant verskyn. Draai dan versigtig om en bak aan die ander kant tot lig goud bruin. Plaas die room en sjokolade in n souspannetjie en roer oor lae hitte tot gesmelt en dik. Vir n dikker sous voeg net ekstra sjokolade by. Bedien die plaatkoekies saam die ryk sjokolade sous.

Bron: Lorraine Swanepoel

 




MAAS EN GROEN VYE ROOMYS MET WILSON TOFFIE SOUS

2014-04-24-1maasen-groenvyeroomys
MAAS EN GROEN VYE ROOMYS MET WILSON TOFFIE SOUS
(maak 2 liter roomys)
750ml room
1 flessie groenvye in stroop
8 vryskrop eiergele
750ml maas

Verhit die room tot dit begin lyfskud in die kastrol. Voeg die stroop van die vye by. Klits die eiergele en gooi ‘n skeut van die roommengsel by die eiers, roer en gooi die eierkonkoksie dan in die room. Verhit baie mooi saggies en klits die hele tyd met jou ballonklitser.

‘n Wonderlike oomblik breek aan wanneer jy sal sien jy het ‘n vla gemaak. Sit die stoof af en gooi die maas by.
Kap die vye halfhartig en roer dit ook in die besigheid. Indien jy baie gelukkig is, het jy ‘n roomysmaker.
Giet die mengsel in die masjien en raadpleeg die handleiding van hier af. Indien nie, gooi dit in ‘n plastiekbak; druk in die vrieskas.
Haal dit elke 2 uur uit en klop/breek die yskristalle.
Haal dit 10 minute of so voor bediening uit die vrieskas, om jou polse te spaar met die opskepslag. Wilson Toffeesous
Vat ‘n hele pakkie Oorspronklike Wilsontoffies en begin om die papiertjies af te haal. Verhit intussen 125ml room in ‘n klein kastrolletjie. Die room sal warm wees lank voor al die papiertjies af is, maar nou ja, alles kom teen ‘n prys… Ewenwel, sodra al die toffies bevry is, gooi jy hulle in die room.
Sit die stoof af. Maak asof jy van hulle vergeet, net om terug te kom en almal lieflik gesmelt te bevind: gereed om oor die roomys te gooi. Soet, Suid-Afrikaans en lekker!

Bron: Petro Lotz

 

 




GEROOKTE ROOI SOETRISSIE PESTO

2014-04-24-1gerookte-rooi-soetrissiepesto
GEROOKTE ROOI SOETRISSIE PESTO

(Maak ½ koppie)
4 groot rooi soetrissies*, gerook
3 tamaties**, oondgerooster
2 knoffelhuisies, gekneus
2/3 koppie Parmesaankaas, gerasper
1/3 koppie dennepitte, gerooster en gekap
½ koppie olyfolie
sout en peper, na smaak

Plaas soetrissies, tamatie, knoffel, Parmesaan en dennepitte in ʼn vysel en stamp tot ʼn pasta. Voeg dan die olie by en geur met sout en peper na smaak.

*Smeer die rooi rissies met olie en rooster tot swart. Sit in ʼn toegeknoopte plastieksak vir 5 minute. Verwyder die vel en die binnegoed. Maak ʼn handvol kruie (roosmaryn, tiemie en salie) nat en plaas in ʼn wok wat met foelie uitgevoer is. Sit ʼn rak in die wok en plaas die soetrissies bo-op die rak. Plaas die wok op ʼn medium hitte met ʼn deksel totdat die kruie begin rook. Rook 3-4 minute.

**Plaas gehalveerde tamaties op ʼn bakplaat met ʼn bietjie olyfolie, sout en peper. Bak 45 minute teen 160˚C tot sag. Maak meer as wat jy nodig het en lê dit in deur met olyfolie te bedek en in die yskas te hou.

Bron: Arno Jansen Van Rensburg




ROOINEKKE (ROOIDRUIWE IN WITBLITS)

2014-04-24-1rooinekke-rooidruiw-1297258357
ROOINEKKE (ROOIDRUIWE IN WITBLITS)
(Maak 2 x 250 ml bottels)
3 groot trosse rooidruiwe, gewas
2 e suiker
1 k witblits

Sny die druiwekorrels van die takkies af sodat daar net ʼn puntjie van die takkie aanbly. Prik die korrels so 3 keer met ʼn naald of tandestokkie en plaas in ʼn gesteriliseerde fles. Sprinkel die suiker oor en vul die fles met die witblits. Draai styf toe en bêre drie maande op ʼn koel, donker rak.

WENK: Om Boerejongens te maak, vervang die rooidruiwe met hanepoot -druiwe en die witblits met brandewyn.

Bron: Louisa Greeff




CREAMY ZUCCHINI NOODLES LOW CARB

FLR BB with Heart

CREAMY ZUCCHINI NOODLES LOW CARB
Run zucchinis through mandolin grater to form strips and create noodles.
1 tablespoon olive oil
2 cloves garlic
1 cup cream cheese
1 lemon’s juice
salt and black pepper to taste
chopped tomatoes
parmesan cheese or cheese of your choice for garnish at the end.
Fry garlic in olive oil, melt cream cheese and season with salt and pepper.
Add noodles and cook for 3-4 minutes.
Topp with the chopped tomatoes.
Garnish with cheese.
Serve hot.
Recipe: Karin Van Coller Minnaar