TURNIP IDEAS (Raap)

TURNIP IDEAS (Raap)
JC Liza
Rasper dit of sny in blokkies vir slaai.
Victor Cardoso
Jy kan dit net so rou eet dis lekker en gesond.
Leza Du Toit Mienie
Ek sny dit in blokkies saam met broccoli, pampoen, brusselse spruite, uie (kap ui in kwarte) en enige ander winter groente wat ek in die yskas het. Sprinkel olyf olie en balsamiese asyn oor. Sout en peper en bak in die oond op 180°C vir so 40 minute (of tot groente sag is). Bedien saam met enige vleis gereg.
Martie Fourie Moolman
Kook dit met aartappels en uie, soos boereboontjies en wortels, met lekker baie botter en witpeper. Of sny in skywe en kook. Maak witsous. Pak skywe in oondskottel, giet die witsous oor, sprinkel met gerasperde Cheddar en bak in oond tot kaas gesmelt het.
Rina Botha
My sus het dit opgekook, afgewater en aartappels en rooi ui ingesit met sout, peper en ‘n mespunt suiker.
Meisie Van Der Colff
Die Hollanders skil en sny die raap in blokkies, kook in bietjie soutwater tot gaar. Maak ‘n lekker dikkerige witsous of kaassous, giet die sous oor en geur met sout, peper en neutmeskaat. Baie lekker!
Kook saam met wortels soos jy aartappel en wortel maak en boontjies en aartappels, ipv aartappel gebruik jy die rape. Baie lekker. Is dit die wit raap of die gele wat die Engelse ”swede” noem? Kook die rape saam met geelwortel en ”mash” met botter, sout en peper. Gebruik meer wortel as rape.
Amanda Struwig
Jy kan dit ook in skyfies sny, sout oorstrooi en rukkie laat staan. (Die sout trek die waterigheid uit), Spoel af, maak droog en bak soos “chips”.
Annatjie Cooper
Rape kan in die plek van aartapels in bredie gebruik word of in slaai, gerasper en ook in sop, heerlik.
Charmaine Kotze
My liefste skoonmoeder het dit soos kapokaartappel gemaak met egte botter en wit peper. Was absoluut heerlik.
Yvonne Naude
Kook soos kool met uie en aartappels, kan selfs braai met suiker, my ouma het dit so gemaak as ‘n soet gereg, maak net seker jy skil al die skil af en gebruik net die binneste van die raap.
Magda Halgryn
Kook met aartappels en uie, maak dit fyn soos kapokaartappels met botter.
Lorett Brittnell
Ek skil dit en sny in ewe dik vingers en braai in regte botter, sout en swartpeper met deksel op. Heerlik.
Christelle Powell
Rasper fyn en sit in maalvleis of bredies.
Margaret Cathcart
I make them with carrots and add brown sugar and cinnamon.
Candice Coxen Eaton
Skil, sny, kook in soutwater tot gaar. Dreineer die water af en maak fyn. Voeg botter, peper en sout by. Voeg ook gekrummelde gaar spek by en geniet.
Stephanie Vouros
Gebruik dit ipv aartappels vir banting blomkool.
Babs van der Westhuizen
Gebruik gerus hierdie absolute heerlike resep:
Skil rape en sny in skywe. Kook in soutwater vir 5 min, dreineer en pak uit in gesmeerde glasbak. Klits 3-4 eiers met melk, sout en peper en roer genoeg gerasperde kaas by. Meng deur en giet dit oor die rape. Bak by 180ºC tot gaar. Njammies.
Annemarie van Zyl
Diabete eet rape in die plek van aartappels.
Elaine Schalkwyk
Rasper en vries om in sop te gebruik.
Hettie De la Rey
Ek het dit gaar gemaak soos boontjies. Dit was baie lekker. Kon dit nie glo nie. Proe soos kool met aartappel en uie in.
Reinard McPherson
Ek het rape uit my tuin met suiker, sout, botter en bietjie water gestowe. Dit was heerlik!
Joey Kemp
Sny in skyfies en bak in oond. Net ‘n rukkie voor dit uit die oond kom, plaas heuning daaroor.
Catherine Izatt la Cock
Geskilde rape in skywe met groot skywe botterskorsie met olyfolie, roosmaryn en sout oor en dit in die oond rooster .
Maak dit fyn soos kapokaartappel en roer botter sou en peper na smaak by.
Erna Aucamp
Maak raapskyfies saam met gebraaide vleis en ‘n slaai daarby. Baie lekker. Moet net goed dophou kan vinnig te donker bak in die olie.
Susan Rudman
Baie uie, aartappels en rape, kook soos stowebone, druk fyn, sout en peper en botter na smaak! Baie lekker!
Foto: Alti Botha











