
BEESSTERT WENKE
Pieter Coetzee:
Braai eers bruin in pot. Gooi koppi rooiwyn en uie saam in warm pot, nou n koppie vleis aftreksel met teelepel gemende kruie, en laat kook vir 3ure. Proe vir sout en peper en pas aan. Ons gooi ook n blikkie gekapte tamaties by en los vir n uur. In totaal ongeveer 3 ure.Proe gereeld.
Rachel Ras :
As jy n slowcooker het…marineer en garneer die beesstert na smaak en sit deurnag in jou slowcooker! Heerlik sag en smaaklik!
Hanlie Grobbelaar :
Ek kook myne met n hele bottel rooiwyn. Braai bruin saam met uie en knoffel dan gooi ek n bottel goeie rooiwyn in. Top op met water of aftreksel as dit droogkook. Kook stadig vir 2-3 ure en voeg dan die aartappels en groente by. Dit maak ‘n dik donker sous. Ek het al n potjiekos kompetisie gewen met hierdie resep!
Elrika Lesch
Nuttelose inligting : Wanneer Beesstert op n billike aanbod te koop is…. koop ek n paar pakke … stoom dit in my drukpot vir 20 minute ….. Skep ergste vet af en skep beesstert en sous in ZIPLOCK FREEZER sakkies …. Seel lugdig en vries. Wanneer jy vir n lekker pot lus kry hoef jy net groente by te gooi en goed deur te kook … 30 minute max
Petro Borchard
Ek maak altyd ‘n hele slowcooker vol wanneer ek oxtail kook. Laat afkoel wanneer dit sag is en skep die vet af. Ek vries dit wat te veel is met genoeg sous, voeg groente by die res en kook tot dit verder. Soos meeste stews verbeter dit ook deur die word-vervolg metode.
Karen Neethling Vd Merwe
Ek hou daarvan om die lekkerny te laat afkoel deur die nag, die harde vet af te skep die volgende dag en dan begin ek hom weer, met bietjie brandewyn en coke 😉 en bedien met stampkoring.