

VLIEEPLAK (BEESSTERTPOT)
Riaan Wiggill vertel wat hy alles in die pot gebruik:
2 redelike sterte, aartappels, kool peppers (groen, rooi en geel) boontjies, pattypans en baie sampioene. Sous is n mengsel van oxtail sop poeier, marmite en tamatie sous in warm water gemeng, en spices na smaak.
Braai die uie en peppers in olie tot lig bruin dan skep jy dit uit. Sit die vleis in en braai tot bruin. Gooi so 2 koppies water in en laat kook vir ‘n uur en ‘n half, roer elke nou en dan. Pak dan die aartappels bo op vleis, dan die boontjies en dan die kool en pattypans. Kook dan tot groente amper sag is. Voeg die sop mengsel by skep die uie en pepper mengsel terug en sit die sampioene bo op. Kook vir nog so 30 minute. Die pot vat lank so plus minus 3 ure. O ja en natuurlik word daar niks geroer vandat die groente ingesit is nie!
Foto en resep geplaas deur Riaan Wiggill