PIENK PAASHAAS “COCKTAIL”

2014-04-20-pienkcocktailtested

PIENK PAASHAAS “COCKTAIL”
1 blik kondensmelk
15 vars mentblare
1 piesang
10 ml roosgeursel
10 rooi roos blare, organies
5 ml karamelgeursel
5 ml rooi voedselkleursel
500 ml brandewyn
2 liter ysblokkies

Versap tot fyn, bedien met vars roosblare, h e m e l s!!! (Eie resep)
Resep en foto: Floraine Wasserman Venter




BLOUKAAS EN SAMPIOENSOUS

BLOUKAAS EN SAMPIOENSOUS
Uie
Sampioene
Room
Botter
Koekmeel
Bloukaas – baie
Cheddar

Ons braai uie en mushrooms en gebruik bietjie room en melk en maak basiese witsous en BAIE bloukaas en bietjie cheddar en maak ‘n killer van ‘n sous. Ek gebruik nie meer ‘n resep nie, net instink en dit STINK so lekker! Ons koop al bloukaas in grootmaat, want ek dink al hoekom ons nou na braais toe genooi word is vir die sous!!

Bron: Linda Ferreira Wiid




MUIS AARTAPPELS

 

 

2014-04-17-muise

Geplaas deur: Wilma Josey Venter




OOP LASAGNE MET EEND EN BLOU BESSIE SOUS

 

2014-04-17-ooplasagnatested

4 eend borsies
kwart k port
kwart k basamiek asyn
250 g bloubessies
1 E heuning
1 k hoenderstock
sout en rooipeper
1 E mezena
1 E bruin suiker
vars oreganum en roosmaryn gekap
Vars lasangne velle
Maak snytjies aan vetkant van eendborsies en vryf s&p en gekapte oreganum aan albei kante. Braai in warm pan met vetkant eerste. so drie min aan albei kante. moet nog pink binne in wees.Maak die sous en kook die lasangne velle. Sny die borsies in skyfies en rangskik dit alternatief saam die sous tussen die velle lasangne

Bron: Martie Fourie Moolman




MOSSEL PASTA (wenner -pasta week)

2014-04-17-mosselpastatested

MOSSEL PASTA (wenner -pasta week)
My aand kossies iiiss my pasta gereg saam met mossels en dit WAS lekkkkr !
2 eetlepels ongesoute botter
halwe pakkie spek
2 shallots gekap
1 koppie witwyn
kwart teelepel chillivlokkies
Groot blik geblikte tamaties(ons het vars tamaties gebruik)
5 koppies rou spaghetti
kwart koppie vars pietersielie
1 huisie knoffel
40 – 50 skoon mossels(alreeds in water gekook sodat hulle oopgaan)

 

Verhit botter en voeg spek en shallots by en roer tot spek verbruin.
Voeg die wyn en chillivlokkies by en kook vir ongeveer 2 min tot die vloeistof verminder het.
Voeg die tamaties by en kook(+- 10 min) tot vloeistof met die helfte verminder het.
Intussen kook die spaghetti in soutwater vlgs aanwysings en dreineer.
Kap die pietersielie, knoffel en 1 t sout saam op n houtbord..
Voeg die mossels by die sous en roer.
Bedek en kook vir +- 10 min.
Verwyder die mossels en sit dit in ‘n aparte bak.
Voeg die spaghetti by die sous en verhit vir 1 min. Voeg knoffelmengsel by.
Skep die pastamengsel in ‘n bak en skep die mossels bo op.

Resep geplaas deur Gideon Louw
Geplaas deur: Gideon Louw




BOOM-TAMATIE MENGELSLAAI

2014-04-17-boomtamatiemengelslaai

BOOM-TAMATIE MENGELSLAAI

Kropslaai – opgekerf
Boomtamaties
Gewone tamaties
Uie
Radyse
Avo – dun gesny met suurlemoensap oor

Sous:
Olyfolie
Mosterd
Anys
Suiker
Sout en peper na smaak

Meng alles saam en whalla lekker slaai!

Bron: Anita Groenewald Olderwagen

 

 




THAI HOENDER

 

2014-04-17-thaitested

Bestanddele:

Hoender in klein repies of blokkies – gebraai

Uie grofgekap en gebraai

Een green pepper in repies gesny

Chilli en pepper dews na smaak – dit hang af hoeveel jy wil brand

Cashew neute – bruin gebraai

Soya sous

Sesame saad olie – ‘n paar druppels

Grondboontjie olie – ‘n paar druppels

Thai Style noodles – in mikrogolf gaargemaak

Metode:

Braai alles mooi saam.

Bron: Bianca Bornman




GROOTMAAT BOELIE BEEF SPAGHETTI

GROOTMAAT BOELIE BEEF SPAGHETTI
8 medium uie, gekap
5 groen soetrissies
5 rooi soetrissies
5 geel soetrissies
4 blikke tamatiesmoor
15 blikkies boelie beef
8 pakke spaghetti

Braai die uie, groen, rooi en geel soetrissies en tamatiesmoor saam.
Druk die boelie beef fyn en meng met die groentemengsel.
Geur na smaak.
Prut vir 20 minute.
Kook die spaghetti tot al dente in soutwater met ‘n bietjie olie by.
Dien op in bakkies met spaghetti onder en boelie beef mengsel bo oor.
Baie vullend en heerlik!
Bron: Wilma Josey Venter




POLONY SPECIAL

2014-04-17-polonyspecial

Vir 2 persone:
4 snytjies polony
1 ui fyngesny
2 tamaties in ringe gesny (redelik dik)
4 eiers
Sout en peper na smaak
Bietjie olie om in te braai

Braai uie tot sag
Voeg nou die polony by en braai bruin aan albei kante – draai polony versigtig om sodat dit nie breek nie
Pak nou die tamatieskywe bo op die polony en braai so 5 minute
Breek nou die eiers een vir een oop bo-op die polony-mengsel
Sit deksel op en prut tot wit van die eiers gestol is

Bedien dadelik op roosterbrood.

Dit is heerlik – my gesin is dol daaroor!!

Bron: Amanda Vallero




DEEGWIELE

2014-04-17-deegwiele

DEEGWIELE
1 Rol Blaardeeg
Sweet chilli sous / appelkooskonfyt / chutney
Gerasperde kaas

Rol blaardeeg af en as dut tuisgemaak is rol dit uit,
Smeer met sweet chille sous OF appelkooskonfyt OF Chutney oor die hele vel
Strooi gerasperde kaas  van jou keuse oor.
Rol op soos ‘n rolkoek
Sit so 10 min in vrieskas.
Sny snytjies  (wielietjies) en bak by 180º C vir so 30 min
Nota:  Jy kan ook tuna met bietjie gerasperde ui en sout, peper en kruie van jou keuse op die deeg is.
Bron: Annelize Dorfling Du Plessis