CALAMARI RINGE

2014-06-01-10273849_10201286021870841_7040173768118760058_n

CALAMARI RINGE
1 koppie maizena
2 teelepels vlapoeier
sout en peper
suurlemoenpeper
suurlemoensap
± 5 druppels Tabasco sous

Laat lê die ringe in suurlemoensap en Tabasco sous vir so halfuur.
Dreineer en gooi in baksakkie met res van bestanddele en skud goed.
Braai vinnig in warm olie!

Rys:
1 koppie gaar rys
rooi peper, groen peper, geel peper, spring onion, knoffelhuisie, aromat, suurlemoensap, na smaak

Sny alles fyn en braai in botter tot sag, voeg dan gaar rys by met skeut suurlemoensap, meng goed!
Bedien met Helga’s Seafood Tartare Sauce!

Resep en foto:  Gigi Robinson




BROCCOLI EN KAAS GEBAK

 

2014-06-01-broctested

500g broccoli
1x 410g blik sampoenroomsop
70ml karringmelk
175ml gerasperde kaas
50ml mayonnaise
1 eier, geklits
125ml soutbeskuitjies gekrummel
Kook broccoli in soutwater tot gaar maar nog bros. DreinEer en plaas in n oondbak! Meng sop,karringmelk, kaas, may en eier en gier oor broccolie! Meng beskuitjiekrummers en botter en strooi oor broccoli! Bak 30 min by 180c in n voorverhitte oond!!

Dis baie lekker!!!! Regte sondag kossies

(Kook met sewe bestandele kookboek)

Benhet Nieuwenhuis




PLAATKOEKIE

2014-06-01-10298915_684809294887779_6774224485947530884_ntested

PLAATKOEKIE
2 eiers
1/2 koppie suiker
1 koppie melk
2 eetlepels gesmelte botter
2 koppies meelblom
4 teelepels bakpoeier gelyk met lepel
1/2 Tteelepel sout

Meng als saam. Daar moet geen klonte in die mengsel wees nie. Bak in ‘n warm pan as een of kleintjies deur lepels vol te bak
Dis ‘n baie lekker resep.




CAROL’S BEAN SOUP

2014-06-01-10401354_10204161663826076_3393666721542743689_n
CAROL’S BEAN SOUP

3 tbls olive oil
1 tbls butter
4 pieces Beef shin
2 tomatoes peeled & chopped
1 large onion chopped
1 heaped tablespoon garlic
2 potatoes peeled and chopped
2/3 carrots sliced
2/3 turnips peeled & chopped
3 stalks celery leaves and all
2 thick leeks sliced & rinsed
1 kg speckled sugar beans soaked for min 6 hours( you can boil, microwave etc, but I’ve found the long way is best) the taste is just different…
45ml white grape vinager
Salt and pepper to taste
5ml cayenne pepper
1 tbls sugar
2 beef stock cubes
2 chicken stock cubes
2 lt boiling water for the stock cubes
Method
In a heavy based pot, preferably cast iron flat bottom 5L, heat pot, add olive oil then butter till bubbling.
Add beef shin and brown. Add salt and pepper & sugar
Add tomatoe, onion, garlic, if pot gets to hot move off heat!
Add all veggies, soaked and rinsed beans
Top up pot with stock mixture, add vinegar. And sprinkle cayenne pepper on top, Stir well. Bring to boil. Leave and let simmer for 6 hours minimum, keep stirring, you will be rewarded for your patience! Enjoy!!

Carol van der Merwe




CORN SALAD

 

2014-06-01-10262076_10204107991405083_821267745180746733_n

1 tablespoon olive oil
250 grams (8 3/4 ounces) smoked streaky bacon (American-style bacon), chopped
1 onion, finely chopped
4 cloves garlic, finely chopped
30 grams (1 ounce) fresh ginger, grated
1 green pepper, diced
1 red pepper, diced
1 yellow pepper, diced
250 grams (8 3/4 ounces) mushrooms, thinly sliced
750 grams (26 1/4 ounces) frozen corn, defrosted in a sieve under warm running water
Handful fresh coriander ( cilantro), chopped
4 tablespoon soy sauce
Freshly ground black pepper
DIRECTIONS
Heat the oil in a large frying pan and fry the bacon and onions together until the bacon is slightly crispy and the onions are golden and soft, about 5 minutes.

Add the garlic and half of the ginger and cook for 1 minute. Add the green, red and yellow peppers with the mushrooms and cook until the peppers are lightly soft and the mushrooms are soft, 4 minutes.

Add the corn and coriander and stir to combine. Add the soy sauce, black pepper and remaining ginger and stir to combine.

Leeanne Thurston Coetzer




STEAK EN BLOUKAASSLAAI

2014-06-01-10329030_10152057555447385_485918383718577811_n

Die slaai jare terug geëet by ‘n vriendin, en die resep al aangepas. Dis n ete op sy eie.
Ek het hierdie vandag gemaak sonder die aspersies en met groen olywe.

Baie maklik en heerlik:
gemengde slaai blare
komkommer
kersie tamaties
fyn wortel strips
wit aspersies
swart olywe
bloukaas en
steak, in repies gesny

Sit blare onder en pak die res van die bestandele bo op. Braai die steak lekker meduim-rare en sny in strips en sit bo op die slaai. Geur na smaak en bedruip met olyf olie en balsamic. Sit voor met of sonder n broodjie en ceasar slaai sous of sommer greamy greek salad dressing.

Adri van Zyl




EENVOUDIGE SAGOPOEDING

2014-06-01-10440240_10203407290839450_3426252341214452756_ntested
EENVOUDIGE SAGOPOEDING
(by my skoonsuster Estie gekry, sy kan nie onthou waar sy die resep gekry het nie, het dit al vir jare)
Lewer 4 – 6 porsies
“”Dit smaak amper nes my ma se sagopoeding. As ek by hierdie mikrogolfweergawe die nostalgie aan my kinderdae op Rustenburg kan voeg van sagopoeding eet in die koelte van ‘n reusagtige ou doringboom terwyl die son rondom jou neerbak – smaak dit nes my ma s’n.”” – skrywer van die resep
Wanneer jy die poeding opskep skep ‘n bietjie appelkooskonfyt by. Mens kan ook sjokolade-vermelli plek van neutmuskaat oorstrooi. Maak vlasous hierby.

500 ml melk
75 g (100 ml) sago
2 eiers
50 g (60 ml) suiker
2 ml vanilla geursel
knypie sout
15 ml botter of margarine
bietjie gerasperde neutmuskaat

Giet die melk in ‘n diep 2 liter bak.
Voeg die sago by en laat dit ‘n uur week.
Mikrogolf dit eers vir 7 minute teen 100% krag en daarna vir 2 minute teen 50% krag.
Roer elke twee minute.
Klits die eiers, vanilla geursel, sout en suiker saam.
Voeg dit vining by die sagomengsel.
Skep die mengsel in ‘n vlak, reghoekige tertbak 24 x 19.
Plaas die bak op ‘n omgekeerde piering in die mikrogolfoond.
Bak die mengsel vir 15 minute by 30% krag.
Roer elke 5 minute.
Stip die poeding met botter/margarine en strooi liggies neutmuskaat oor.
Bak dit nou vir 2-3 minute by 50% krag.
Bedien warm voor met vlasous.

Resep en foto: Lorraine Weitz Brand
2de Foto:  Ronell Visser Gouws




LEKKER KRAKERIGE PORK BELLY IN DIE HALOGEEN OOND

2014-06-01-10346625_4116009835759_7922903586849095778_n
LEKKER KRAKERIGE PORK BELLY IN DIE HALOGEEN OOND
1.2 kg pork belly
2 eetlepels heuning
2 eetlepels sojasous
1 knoffelhuisie, gekneus
½ teelepel vars gemmer, gekneus
sap van 1 suurlemoen
1½ teelepel Chinese five spice
2½ teelepel sout
olyfolie en ekstra sout vir vetkant

Meng al bogenoemde bestanddele en hou eenkant. Plaas pork belly op draadrak oor wasbak. Gooi ‘n ketel vol kookwater oor dit, moenie dat vleis in water lê nie. Sny die vetlaag met ’n skerp mes in ’n diamantpatroon. Maak die insnydings sowat 1 cm diep en ook sowat 1 cm uitmekaar. Laat dit vir ten minste 2 ure oor die wasbak staan tot die vleis goed droog is.
Smeer nou marinademengsel oor vleiskant (nie oor die vet nie)
Plaas pork belly oornag in yskas sodat die vleis goed droog word, moenie vel bedek nie – hoe droër dit is hoe “crispier” gaan die crackling wees. Haal vleis volgende oggend uit en laat staan in kamertemperatuur vir so uur.
Voorverhit oondjie tot 200°C. Prik die vetkant met skerppunt messie. Smeer nou bietjie olyfolie en sout oor vet. Plaas vleis op rak in oondjie, vetkant na bo en bak 30 minute.
Verhoog nou temperatuur tot 220°C en bak nog so 10 – 15 minute of tot crackling lekker krakerig is. HEERLIK!!
Resep en foto: Louise Venter




MAALVLEIS KEBABS

2014-06-01-10385072_10203958492745283_925833224_n
MAALVLEIS KEBABS
500g maalvleis (hoender of kalkoen kan ook gebruik word)
1/2 koppie heel graan broodkrummels
1/2 koppie gerasperde Parmesan Kaas
1 eetlepel droë oreganum
1 eetlepel droë basil
1 eetlepele droë pietersielie of 1/4 koppiie vars (gesnipper)
1/2 teelepel rooipeper vlokkies
2 huisies knoffel (fyngedruk)
puff pastry
1 koppie gesnipperde mozzarella kaas
12 hout sosatiestokkies
Marinara sous vir dip (of jou keuse)

Voorverhit oond 180*
Ek sit foelie op 2 bakplate en hou eenkant
Meng maalvlies, broodkrummels, Parmesan Kaas, Oreganum, Basil,pietersielie, rooipeper vlokkies  en knoffel. Maak 1” klein balletjies
Sny puff pastry in ‘broodstokkies’. Begin met een ‘broodstokkie’ op n slag,
ryg op stokkie – eers deeg, dan maalvleisballetjie, deeg, balletjie en so aan…… Maak so 3 balletjies op ‘n stokkie, met deeg tussenin. Eindig met deeg. Plaas op bakplaat
Maak seker dat die deeg en balletjies +- 1/4” weg van mekaar is sodat diedeeg kan uitsit wanneer dit bak.
Bak vir +-20min tot vleisballetjies gaar is. Verwyder van oond en strooi elke stokkie met gesnipperde mozzarellakaas. Sit terug in oond vir 2-3 min totdat kaas gesmelt is.
Bedien dadelik met warm sousie
Resep geplaas deur Amanda Conradie




CALAMARI WRAPS

tested
CALAMARI WRAPS
Resep: Rina Gerber
FOOD LOVERS RECIPES

Hier kom hy:
klaar gesnyde calamari met ‘n deeg om (gekoop by PicknPay)
½ koppie 1000 Island slaaimengsel
½ koppie mayonnaise
wraps
olie
Hoeveelhede hang af hoeveel wraps gemaak word:
blaarslaai of rooikool
groen sweet chillie
rooi ui of gewone ui
knoffel, spesery en aromat

Meng die 1000 Island slaaimengsel met die mayonnaise.
Dan koop ek die wraps by P&P wat jy net vir ‘n paar sekondes in pan warm maak sonder olie in draai dit net ‘n slag om vir paar tellings. Plaas op bord.
Smeer die slaaimengsel oor jou wrap, intussen maak ek net ‘n bietjie olie sê ‘n kwart duim diep in pan warm. Olie moet lekker warm wees.
Sny blaarslaai dun lang repe, sowel as groen sweet chillie, en rooi ui of gewone ui.
Kan blaarslaai met rooi kool vervang, heerlik.

As olie warm is en jy gooi een calamari in en sien hy borrel, gooi net genoeg in om pan bodem te dek, begin tel 1001 en 1002 en 1003 en so gaan jy aan tot 1030 toets vinnig een as hy maklik deursny en hy is sag is die ander reg.
Haal ui op kombuispapier, strooi knoffel en herb oor en aromat soos verkies. Bak intussen ander maar nie vergeet om te tel nie die en moet ook gesê word maar stadig tel nê.
Sit nou calamari op gesmeerde wrap in die middel, dan gekapte kool of blaarslaai bo-op met gekapte ui ook, vou een punt om en dan ander een.
En siedaar sommer gou gou ‘n lekker maaltyd en hy maak vol hoor.
Sterkte vra as vashak. Geniet xx