3 BESTANDDEEL PYNAPPEL-BROODJIE

12800403_865332936912248_3531399221899021605_n
3 BESTANDDEEL PYNAPPEL-BROODJIE
2 koppies bruismeel
1 koppies strooisuiker
1 blik 440 g fyn pynappel, met stroop
Meng al die bestanddele goed saam, giet die beslag in ‘n gesmeerde broodpannetjie en bak vir 50 min by 180ºC.
Resep en foto: Desire Watkins




CHUTNEY GROENBOONTJIES

chutney boontjiestested
CHUTNEY GROENBOONTJIES
Boontjies saam ‘n braai!
1 pakkie chutney chips
2 blikkies French boontjies
kaas, na smaak
1 koppie room

Druk die chutney chips fyn en strooi onder in bak.
Dreineer die boontjies en gooi oor die chips. Strooi kaas oor en dan die room! Bak vir 30 min by 180°C. HEERLIK HEERLIK!
Resep en foto: Benhet Nieuwenhuis




JEANINE SE MAKLIKE CAPPUCHINO TERT

Cappuccino terttested
JEANINE SE MAKLIKE CAPPUCHINO TERT
Gewone peppermint crisp resep maar vervang die peppermint crisp en die caramel kondensmelk!
250ml room
1 blik cappuchino geur gekookte kondensmelk
Top Deck sjokolade
Tennisbeskuitjies
Klop 250ml room styf. Meng karamel Kondensmelk in, maar die Cappuccino geur!
Pak lagie tennis beskuitjies, skep helfte van die room/karamel oor en rasper ‘n halwe Top Deck Slab bo- oor.
Herhaal weer die koekies, vulsel en res van die slab. Sit in yskas tot hy lekker koud is.
Heerlik saam ‘n koppie koffie

Jy kan die Chocolate ook met enige ander soort vervang, Crunchy, neute, flake ens..

RESEP EN FOTO – Jeanine Luyt




HOE OM LENSIESPRUITE TE MAAK

f81cbfd708034e48810cb905276ddd88tested
HOE OM LENSIESPRUITE TE MAAK
Bestanddele
Glasbottel
Lensies
Water
Blou kombuislappie
Rekkie
Metode
Neem ‘n gewone glasbottel soos bv ‘n mayonaise 750ml bottel. Vul die bottel ongeveer 1cm met rou lensies en bedek die bottel half met water. Bedek die bottel se bo kant met ‘n blou kombuislappie en seel met ‘n rekkie. Laat so staan tot die volgende oggend. Draai dan die bottel om sodat die water uitloop nogsteeds met die lappie op. Draai dan weer die bottel regop en sit in jou kombuis venster vir 2-3 dae afhangende van hoe lank jy die spruite wil hê. Skud net nou en dan die bottel…die bietjie spruite maak omtrent ‘n hele bottel vol…wow!

RESEP – Liza van Zyl FOTO – sitegonebad




PORTUEGESE VLATERTJIES

Portugeuse melktertjiestested
PORTUGESE VLATERTJIES
(maak ongeveer 18 meduim tertjies in 30 minute.)
650 ml melk
8 eiergele
100 ml maizena
250 ml room
80 ml suiker
1 teelepel vanilla geursel
1 Roll puff pastry (skilferkorsdeeg)

Kors:
Roll die puff pastry mooi uit tot ongeveer ‘n 3mm tot 5mm dikte en druk dit dan uit sodat dit mooi in die holtes van n muffin pannetjie pas.
Vulsel:
Neem 100 ml Maizena en voeg 150 ml melk daar by, meng goed en sit dit eenkant.
Neem nou ‘n diep sous pan of pot en voeg die res van die melk daar in, voeg dan suiker en room by en laat dit prut.
Sodra dit prut voeg die maizena en melk mengsel daarby asook die eiergele en die vanilla geursel, roer goed en haal dit af van die plaat af.
Skep ongeveer een eetlepel van die vulsel in elke kors laagie. Bak vir ongeveer 20 min op 180 ºC.
Om die kleur bo op die tertjie ‘n mooi goue kleur te gee… afhangende van jou oond, stel ek voor jy grill die terjies net ‘n paar minutes tot mooi bruin of gebruik n “blowtorch” vir vinniger resultate.

Die bogenoemde resep is nie baie soet nie, ek stel voor mens voeg maar suiker na smaak by, ek hou net van myne nie te soet nie en dan laaste ding met my ondervinding met die resep voel ek dat om ‘n skaal te gebruik in plaas van maatbekers is baie meer akuraat.

RESEP: Fatima Gomes
FOTO: Marinka Visage en Annette Jardim




GEPLUISDE LAMSBLAD

Boudvleistested

GEPLUISDE LAMSBLAD

Hierdie dis is ideal om vooruit te maak aangesien die smaak verbeter (word meer intens). Ander vleis snye kan in plek van die lam gebruik word.

1.5 – 2 kg lamsblad, ontbeen en oortollige vet afgesny

Spesiale sous
5 ml sout
2.5 ml peper
15 ml droë mosterd
5 ml gemmer
30 ml suiker
1 ml rooipeper
1 bief blokkie
30 ml koekmeel
3 knoffelhuisies, fyn
50 ml woestersous
50 ml tamatiesous
250 ml water
15 ml asyn
1 ui , fyn skywe gesny
250 ml gesnyde sampioene (opsioneel)
gekapte pietersielie vir garnering

Voorverhit oond tot 220°C. Meng al die bestandele vir die spesiale sous in ‘n beker en meng goed. Plaas lamsblad in ‘n swaarboompot of oondbak. Gooi sous oor en bedek.

Plaas in oond en verlaag temperatuur na 160°C. Bak 30 minute vir elke 500 g en bedruip elke 30 minute met die sous. Maak seker die sous brand nie. Verminder temperaruur indien nodig en bak tot die vleis sag is.

Haal uit oond uit en pluis die vleis met 2 vurke uitmekaar. Skep die vet van die sous af en gooi die sous oor die vleis. Bedien met aartappel poffers.

Foto:  Wayne Dugmore




AARTAPPEL POFFERS

aartappel poffers

AARTAPPEL POFFERS

Bestandele
600g geskilde aartappels, in blokkies gesny
250ml water
2.5ml sout
1ml gemaalde neutmuskaat
100ml maaskaas/roomkaas
50ml suur room of plein yogurt
30ml koekmeel
50ml gekapte ‘spring onion’ (opsioneel)
Botter
Sesamie saad
Metode

Kook die aartappels in soutwater tot sag en droog. Maak dit fyn en meng die neutmuskaat, maaskaas, suur room, meel en spring onions by.

Smeer muffin pannetjies goed met botter. Verdeel die aartappelmengsel tussen die ‘muffin gate’. Los dit in hopies – moet dit nie glad of gelyk maak nie. Strooi sesamie saad oor. Sit ‘n groterige stukkie botter bo op elkeen.

Bak vir 35 minute teen 190°C tot bruin en bros.

Lewer 12.

Geplaas deur Wayne Dugmore




PYNAPPELYSKASTERT

Pynappel yskasterttested
PYNAPPELYSKASTERT
1 pakkie pynappeljellie
1 blikkie granadillamoes
1 blik kondensmelk
155 ml room
1 blik crushed pynappel (440 gr)
Ongeveer 2 pakkies Tennisbeskuitjies

Maak jellie aan met aanwysings op die pakkie. Laat afkoel.
Meng al die ander bestanddele, behalwe die koekies, en voeg by afgekoelde jellie.
Pak lae in ‘n bak met die Tennisbeskuitjies en pynappelmengsel.
Voila! Die heerlikste tert!
Resep en Foto – Jaquleen Myburg




LYNETTE SE KLAPPER MELKTERT

LYNETTE SE MELKTERTtestedklapper melktert rina gesny
LYNETTE SE KLAPPER MELKTERT
Kors
½ koppie koekmeel
125 g margarine gesmelt
1 en kwart koppie klapper
½ pak fyn tennis beskuitjies
½ koppie suiker

Meng alles. Hou ½ koppie van die kors een kant. Druk res vas in diep gesmeerde tertbak.
Vulsel
1 liter melk
125g margarine
3 groot eiers geskei
1 koppie koekmeel
¾ koppie suiker
5 ml vanilla
Smelt botter, suiker en 750 ml melk oor stadige hitte. Meng res van melk met meel en eiergeel. Meng met warm melk en kook effe dik. Meng vanilla essence by en vou styf gekkitste eierwit in. Skep oor kors. Strooi die res van die kors wat hy eenkant gehou het oor.
Bak vir 30 minute by 180°C.

Resep en foto – Marlize Williams
2de foto:  Rina Kleinhans




JOHAN SE SLAAI SPRINKEL

Johan se slaaisprinkeltested
JOHAN SE SLAAI SPRINKEL
250 ml pampoensaad
50 g sesamesaad
250 ml sonneblomsaad
50 ml chia saad
100 g okkerneute ( walnuts )
15 ml peper
20 ml sout
500 ml grondbone
150 g cashew neute
60 ml veggie spice
20 ml soja sous
10 ml knoffelvlokkies
5 ml paprika
80 ml kokosneut vlokkies
50 ml balsamiese asyn
100 ml olyfolie

Rooster die: pampoensaad, sonneblomsaad, okkerneute, grondbone en cashew neute apart tot mooi bruin. OPAS vir brand.
Voeg die okkerneute, grondbone en cashew neute in `n voedsel verwerker en kap fyn tot ongeveer ¼ groote van `n grondboon pit.
Neem nou alle bestanddele en meng alles mooi deur mekaar.
Die konkoksie het die toets geslaag.

Ek het dit nou gebruik saam met : Gemengde slaai, Koolslaai, Pampoenslaai en selfs Braaivleis en alle terugvoering is positief.

Resep en foto:  Johan Du Preez Snr