CREAMY TUNA ROYALE

CREAMY TUNA ROYALE
This has been a family favorite for years – as a kid I remember that the original recipe had chopped Pimento in instead of the tomato. We didn’t have Pimento – so tomatoes were the replacement. It is the only way we have ever made it.
2 tablespoons margarine or butter
1 green pepper, finely chopped
½ onion, finely chopped
125 g mushrooms, sliced (canned or fresh)
¼ cup flour
salt and (lemon) pepper to taste
¼ teaspoon of paprika
± 400 ml milk
1 or 2 cans of shredded tuna, drained
2 medium blanched tomatoes, chopped finely
1 clove garlic, minced (optional)
1 tablespoon Worcestershire sauce
1 teaspoon lemon juice

Melt the butter in ‘n frying pan and add the pepper, onion and mushrooms and fry until tender.
Stir in the flour and seasoning and slowly add the milk, stirring continuously until a smooth and thick sauce.
Add the tuna and tomatoes (and garlic if using). Slowly simmer for ± 10 minutes.
Remove the pan from the heat and add the lemon juice and Worcestershire sauce and mix through.
Serve on rice or pasta.
Note: Marlene Potgieter – I made this dish today. It’s quite runny, but perfect if you serve it with pasta or rice. If not, add a little more flour or use less milk. I also added 1 clove of garlic and used 2 cans of tuna, it was delicious. Do not leave out the Worcestershire sauce or the paprika, it’s 2 “must have” ingredients in this dish.
Recipe: Robyn Koudstaal
Photo: Marlene Potgieter




VERSKEIDENHEID VERSIERSEL IDEES


VERSKEIDENHEID VERSIERSEL IDEES
Resepte geplaas en wenke: Tertius Anya De Jager
FOOD LOVERS RECIPES

1. ROOM SJOKOLADE VERSIERSEL:
250 ml room
250 gr sjokolade
Smelt die sjokolade in die room op ‘n dubbel kookpot.
Laat afkoel en versier.

2. KITS POEDING VERSIERSEL:
80 g botter
500 g versiersuiker
90 g kitspoeding (enige geur)
125 ml melk.
Verroom die botter.
Sif die versiersuiker en kitspoeding saam.
Voeg die melk by en klop tot glad.
Laat minuut of twee staan om stywer te word voor gebruik.

3. ROOM KARAMEL VERSIERSEL:
1 houer orley whip
1 blik karamel
Klits orley whip styf, en meng karamel by, dis heerlik en kan op wit, sjokolade koek of kolwyntjies gebruik.

4. WENK:
Hoe om koeke en gebak klam te maak.
1 boksie sjokolade kitspoeding

Maak sjokolade kitspoeding met net 2/3 melk aan.
Smeer op sjokoladekoek.
Maak in houer toe en laat staan 2 of meer ure.
Maak koek lekker klam, maar nie nat nie.
Baie lekker.
Kan ook met vanilla kitspoeding of vla gedoen word.

5. GOEDKOOP BAR-ONE VERSIERSEL:
240 g bar-one sjokolade
80 ml room
Sny die sjokolade in stukkies en plaas dit in ´n glasbak saam met die room.
Verhit dit oor ´n kastrol met kookwater tot dit smelt.
Roer nou en dan.
Koel af en smeer oor koek.

6. BOTTER VERSIERSEL:
100 g sagte botter / wooden spoon
500 ml versiersuiker
5 ml vanilla geursel
druppel melk – indien nodig
Klits botter en suiker saam, tot romerig, voeg geursel by en meng.
Moenie te veel meng anders word dit loperig.
Sit so druppel pienk kleursel by die versiersel.
Flop vry en maklik om te maak.

7. GOEDKOOP KARAMEL BOTTER VERSIERSEL:
100 g sagte, kamer temperatuur botter
500 ml versiersuiker
5 ml karamelgeursel
10 ml melk
Klits tot smeerbaar.
Voeg karamelgeursel en melk by, meng tot smeerbaar en versier.
Dis ‘n baie lekker versiersel om gebruik te word vir op koeke en kolwyntjies vir bestellings.
Gebruik stork bake of regte egte botter.
Vir sjokolade versiersel, voeg 60 ml kakao by.

8. STROOISUIKER VERSIERSEL:
250 ml room
koppie strooisuiker
pakkie kits sjokolade poeding
Klits al die bestanddele saam tot ferm.

9. SJOKOLADE POEDING VERSIERSEL:
1 pakkie kits sjokolade poeding
250ml melk
500 ml room
Klits sjokolade poeding en melk vir 1 minuut saam en sit in die yskas.
Klits room styf tot dit punte vorm.
Meng die kits sjokolade poeding lepel vir lepel saam met die room.
Gebruik op die koek soos benodig.

10. ORLEY WHIP EN ROOMKAAS VERSIERSEL:
1 boksie orley wip
1 bakkie roomkaas
500 g versiersuiker
halwe koppie kakao
Klop alles saam tot lekker styf.

11. YUMMIE BAR-ONE VERSIERSEL:
90 gr karamelkitspoeding
1 blikkie karamel
1 koppie melk
1 koppie varsroom
3 x 60 g bar-one-sjokolades
Klits melk en kitspoeding saam vir 2min.
Roer karamel tot glad en voeg by kitspoeding.
Klits room styf en roer by kitspoeding mengsel.
Rasper 2 bar-ones op die growwe kant en roer by.
Sny koeke in helfde smeer vulsel op elke laag, plaas koeklae opmekaar, smeer laaste vulsel bo-op, sny of rasper laaste bar-one sjokolade bo-op.
Smeer kolwyntjies met vulsel en strooi gerasperde bar-one bo-op.

12. KARAMEL VERSIERSEL:
1 houer room
1 blik karamel
4 eetlepels kakoa
Klits room, karamel en kakoa saam en versier.

13. KONDENSMELK VERSIERSEL:
250 ml margarien
200 ml kondensmelk
60 ml kakao
Klits alles baie goed saam tot romerig.
Dit is baie belangrik om ‘n hoë vet margarien te gebruik, want die medium vet margarien kan die versiering laat flop

14. PEPPERMINT VERSIERSEL:
500 ml versiersuiker gesif
125 g margarien
12.5 ml melk
3 druppels peppermint geursel
1 druppel groen kleursel(of meer onthou jy kan altyd byvoeg maar nie uithaal nie)
Room margarien en versiersuiker.
Klits melk en geursel by.
Voeg kleursel by.

15. SJOKOLADE ROOMKAAS VERSIERSEL:
125 ml roomkaas
375 ml versiersuiker
1 ½ blok onversoet sjokolade gesmelt
25 ml margarien
65 ml dun room
2 ml vanilla
1 ml sout
Room die roomkaas en margarien.
Roer res van die bestanddele by.
Versier ‘n sjokolade en ‘n speserykoek.

16. AMANDEL VERSIERSEL MET VARS VRUGTE:
100 g botter (moet by kamertemperatuur wees, nie uit die yskas nie)
200 g roomkaas
300 g versiersuiker
1 teelepel amaretto of amandelekstrak
vars frambose of aarbeie
pêrel balletjies om te versier
Room die roomkaas en botter.
Draai die menger tot op die laagste spoed en voeg versiersuiker en geur by.
As die kolwyntjies heeltemal koel is, smeer of pyp elke kolwyntjie en sprinkel die pêrel balletjies bo-op, rond af met vars framboos of aarbei.

17. WENK:
As jy koek of kolwyntjies ekstra lekker wil maak, druk rolo sjokolade orals in koek en bak dit dan of druk 1 rolo in middel van cupcake en bak dan.
Dis nou met enige van bogenoemde versierings.

18. SUURLEMOEN KARAMEL VERSIERSEL:
125 ml orley whip
paar druppels suurlemoensap
blik karamel
Klop orley whip baie styf gooi paar druppels suurlemoensap en klits dan karamel in.
Klits goed deur en sit in yskas vir so half uur en versier.
Ek gebruik dit op die groot koeke ook.

19. GEKOOKTE SJOKOLADE VERSIERSEL:
250 ml suiker
50 ml mielieblom
50 ml kakao
7 ml kits koffie
375 ml melk
50 ml water
Meng alles saam en kook oor lae hitte tot gaar en gooi bo-oor koek en laat stol.

 




SOYA MINCE – QUICK COTTAGE PIE


SOYA MINCE – QUICK COTTAGE PIE
1 packet (200 g) soya mince
1 cup frozen peas
5 mashed potatoes
butter / margarine

Prepare Soya Mince:
Mix 200 g Soya Mince with 4 cups (1 Liter) of water.
Bring to boil while stirring well.
Simmer for 10 – 15 minutes.
Stir in 1 cup frozen peas.
Place in a baking dish and top with mashed potatoes.
Brush with melted butter or margarine and bake for about 20 minutes at 180°C or until mash is golden brown.

Recipe: Wynand W Beets




CLARISSA SE BOELIEBIEF TERT


CLARISSA SE BOELIEBIEF TERT
1 blikkie boeliebief
1 pakkie gesnipperde spek
6 – 8 gerookte worsies
1 ui
knoffel na smaak
2 koppies kaas
3 eiers

Sny ui en braai lekker saam knoffel.
Voeg spek saam en braai tot amper gaar.
Voeg boeliebief by en braai tot spek gaar is.
Voeg gerookte worsies by net om warm te word.
Klits eiers en voeg 3/4 van die kaas by mengsel en meng als goed saam.
Plaas mengsel in oond in vuurvaste bak en strooi res van die kaas bo-oor, bak in die oond op 180ºC totdat die mengsel gestol het.

Resep: Clarissa Schroeder




HEALTH RUSKS WITH BUTTERMILK


HEALTH RUSKS WITH BUTTERMILK
Recipe: Barend Lötter
FOOD LOVERS RECIPES
Make your own healthy and easy buttermilk Rusks with All Bran Flakes and sunflower seeds.
1 kg cake flour
300 g oats
145 g all bran flakes
285 g sunflower seeds
30 g baking powder
416 g brown sugar
500 g unsalted butter
500 ml buttermilk
10 g salt
2 eggs
Mix all the dry ingredients in a mixing bowl.
Melt the butter.
Beat the egg and buttermilk together then add to the butter, mix well.
Add the wet ingredients to the dry ingredients and mix into firm dough.
Add to a greased deep baking tray and bake on 180ºC for 40 – 45 Minutes.
Immediately as you remove the rusks from the oven slice the rusks into portions.
Allow to cool properly before removing from the tray.
Now take them out and separate onto a fresh tray and place back into the oven to dry at 50 ºC for 1 ½ – 2 hours. Keep checking regularly.




SWITSERSE MELKTOFFIE


SWITSERSE MELKTOFFIE
115 g botter
397g kondensmelk
500 ml bruinsuiker
1 ml vanilla

Smelt die botter en voeg die bruinsuiker geleidelik by.
Roer dit voortdurend oor lae hitte totdat die suiker gesmelt het.
Voeg die kondensmelk by en bring dit tot kookpunt.
Kook dit vir 5-10 minute lank terwyl dit aanhoudend geroer word.
Voeg die geursel by.
Verwyder van die plaat en gooi dit in `n gesmeerde bakplaat.
Laat stol en sny in blokkies.
Resep: Jacqueline Petersen




MAKLIKE TUNA GEREG


MAKLIKE TUNA GEREG
1 blikkie tuna, gedreineer
1 – 2 eiers
1 blikkie room van sampioensop
1 koppie kaas, gerasper
½ pak kaas en uie skyfies, gekrummel

Meng al die bestanddele saam en plaas in ‘n oondvaste bak.
Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir so ‘n uur of tot bruin.

Die gereg is so lekker dat ek gewoonlik die beslag verdubbel.
Heerlik warm of koud.
Bedien saam met skyfies of slaai.
Kan ook wanneer dit koud is as ‘n tipe pate bedien saam soutkoekies.

Resep geplaas deur: Verna Parker
Foto: Debbie Edwards




HELEEN SE BACONKIP HOENDER


HELEEN SE BACONKIP HOENDER
1 gaar hoender (ontbeen)
2 koppies gaar noedels (meet rou af)
1 pakkie sampioensop
2 koppies water
2 koppies melk
1 koppie mayonnaise
½ pakkie bacon kips, fyngedruk
1 koppie cheddarkaas, gerasper
Kook sop in water en melk.
Meng gaar hoender, Bacon Kips en noedels.
Meng mayonnaise met sop mengsel.
Meng alles saam.
Rasper kaas bo-oor en bak teen 180ºC.

Resep: Leonore Badenhorst




OONDGEBAKTE FENNEL


OONDGEBAKTE FENNEL
Fennel bolle
250 ml room
100 ml hoenderaftreksel
sout en pepper na smaak
cheddar of parmesan kaas

Sny die harde stingels af, en ook die onderkante van die fennel bolle.
Sny in helftes en pak in ‘n oondbak.
Gooi 250 ml room gemeng met 100 ml hoenderaftreksel, sout en peper bo-oor, en rasper cheddar/parmesan kaas bo-oor.
Bak toe vir 30-40min, en 19-15 min oop by 200ºC.
Bedien saam met skaapvleis, vis of hoender as ‘n effense anderste groentegebak.

Resep: Ilze Garbers Jacobs




SMOORSOUS VIR WARMBRAKKE


SMOORSOUS VIR WARMBRAKKE
3 gekerfde uie
½ blikkie tamatiesmoor
3 eetlepels tamatiesous
2 eetlepels suiker
½ teelepel brandrissievlokkies
1 teelepel knoffelvlokkies
½ teelepel italiaanse speserye
witpeper en swartpeper na smaak
½ teelepel sout
klaar gaar wors
gebotterde brood rolletjies

Meng al die bestanddele, laat dit prut en afkook tot lekker warm.
Verhit die gebotterde rolletjie op die kole en plaas ‘n stukkie wors op die rolletjie en ‘n skeppie van die smoormengsel bo-op.

Foto en resep: Gideon Louw