SKAAPFRIKKADELLE MET ‘N TWIST

imagetestedgideon se frikkies met twist

gideon se frikkie met twist 2gideon se tamatie frikkies

SKAAPFRIKKADELLE MET ‘N TWIST
1 kg skaapmaalvleis
2 medium groot uie, fyngekap
2 eiers
1 koppie broodkrummels
3 eetlepels sweet chillie sous
3 eetlepels Worcestersous
paar blokkies kaas ± 20 x 20 mm gesny of klein tamatietjies

Meng alles saam en maak groterige frikkadelle.
Druk holte in die frikkadel en sit ‘n blokkie kaas in (of tamatie) en rol dit weer toe met die kaas in die middel en rol dit in ‘n bietjie meel.
Pak in ‘n oondvaste glasbak.
Maak apart aan :
2 eetlepels blatjang
2 eetlepels appelkooskonfyt
1 eetlepel suurlemoensap
Smeer oor frikkadelle, en plaas in vrieskas vir ± ‘n uur.

Bak in ‘n voorverhitte oond op 180 ºC vir ± ‘n uur.
Haal dan die foelie af en verbruin.
Bron: Gideon Louw