MARIANNE SE LEWERKOEKIES

lewerkoekiesntested

MARIANNE SE LEWERKOEKIES
500 g gemaalde beeslewer
¼ koppies broodkrummels
¼ koppie oats
¼ koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1 groot gerasperde ui
1 teelepel sout
1 eier
olie vir vlak braai

Meng alles saam en bak lepelsvol in vlak olie
Ek maak dit ook elk keer anders, soms voeg ek bietjie rooipeper en worchestersous in.
Resep: Marianne de Beer‎

Charmaine van Staden
Ek het knoffel, rooipeper en wortel wat ek fyn gesny het bygevoeg. Ek het ook chille flakes, speserye, bees uie sop en woestersous bygevoeg. Ek het ook nie oats gehad nie en sommer weetbix gebruik.




GIDEON SE SWART MOSSELS

mossels_ntested

GIDEON SE SWART MOSSELS
500 g mossels een skulp verwyder
1 kp room
1/2 kp witwyn
1 eetl fyn knoffel
2 teel aromat

Meng alle die bestandele behalwe die mossels
Bring die mengsel tot kookpunt
Voeg die mossels by en laat prut vir 5 – 8 min
Haal die mossels uit die sous en plaas op foelie op n oondpan skep die skulpe vol sous en gooi die res in die pan uit
Strooi gerasperde kaas oor
Grill vir +- 5 min tot liggies bruin
Maak ‘n paar stukkies geroosterde brood en doop in die sous soos jy eet saam met die mossels

Foto en resep:  Gideon Louw

Eerste 2 foto’s is Cecil Dunhin se weergawe van Gideon se mossels – hy het sy broodjies op die kant gepak en saam gerooster..




RISSIE EN KNOFFEL BABA PRAWNS EN PASTA

pasta321_ntested

RISSIE EN KNOFFEL BABA PRAWNS EN PASTA
Smelt bietjie botter en olyf olie in pan
Skep knoffel in so eetlepel of 2
1 rissie opgesny
Sny basil blare in en sit baby prawn in
vis speserye
Groente speserye albei Ina Paarman sin
Braai tot prawn reg is.
Sy het swart pasta en wit pasta gebruik
Kook dit in soutwater. Sit onder in pot so groot skep botter en so 125ml olyfolie. Laat smelt en skep pasta terug en warm op en meng.
Skep laag vir laag.
Versier met bietjie gedroogte uie en olywe
Resep: Talitha Beaurain




DUUVELKESVLEES

sop_ntested

DUUVELKESVLEES
12 eetl ketjap
12 eetl azijn
12 eetl tomaten ketchup
4 theelepels sambal
2 zakjes nasi kruiden
600 gram rundvlees
4 eetlepels pindakaas
6 gesnipperde uien
400 gram champignon
De marinade maken met ketjjap, azijn, tomatenketchup, sambal en nasi kruiden. Vlees klein snijden en erdoor doen en dit een nacht laten marineren.
Vlees uit de marinade halen en in boter bruinbakken. Marinade gesneden champignon en de gesnipperde uien in de pan erbij doen. De pindakaas erbij, water toevoegen en laten sudderen tot vlees gaar is. voeg een scheutje kook room toe.
Resep: Annet Geelhoed




JOHANN SE HOENDER EN SAMPIOEN PASTA GEBAK

pasta_ntested

JOHANN SE HOENDER EN SAMPIOEN PASTA GEBAK
Dit is my eie resep van bestanddele in my kas.
4 hoenderborsies in repies gesny
1 ui fyn gekap
1 eetlepel olie
1 red pepper grof gekap
2 blikkies cream mushrooms van Denny
500 g Penne Pasta
1 koppie gerasperde Kaas
Sout en Peper
Braai uie en hoender in olie tot mooi bruin gooi gekapte red pepper by. Hou eenkant
Geur met sout en pepper.
Kook pasta tot sag. Meng hoender mengsel met twee blikkies sampioene en pasta.
Gooi in oondvaste skottel.
Gooi kaas oor en bak vir so 25 minute tot mooi bruin.
Ek bedien saam witwyn en groenslaai.
Foto en resep deur Johann Van Vuuren




LEANDRI SE LUI HUISVROU HOENDERPASTEI

hoenderpie_ntested

LEANDRI SE LUI HUISVROU HOENDERPASTEI
6 hoenderfilette
1 rol skilferkorsdeeg
1 blikkie “cream of chicken soup”
2 eetlepel droë “cream of mushroom soup” aangemaak met bietjie water
1 hoender aftrekselblokkie
Speserye, kruie, sout en peper na smaak
1 eier geklits ( Eier was)
Voorverhit oond tot 200 ºC
Sprinkel die speserye en kruie oor hoenderfilette en kook in water( genoeg water om 2 koppies te kan kry nadat die hoender gekook is) todat hoender sag en gaar is en laat afkoel.
As hoender koud is maak fyn met vingers of flok met vurk.
Vat 2 koppies van die water (broth) waarin die hoender gekook het en maak warm sodat die aftrekselblokkie daarin kan oplos.
Voeg die blikkie hoendersop in ‘n kastrol en voeg die aftresksel by en kook todat amper die helfde minder is ( as jy van sopperige pastei hou kan jy dit laat opkook en vir so 5 min kook en afhaal)
Meng die hoender met die sous en skep in voorbereide vuurvaste bak
Plaas ontvriesde “puff pastry” bo op die hoendervulsel en druk mooi vas met ‘n vurk en maak gaatjies bo-op. Kwas die eierwas bo op.
Bak in die oond totdat deeg gaar, opgepof en goud bruin is.
Bedien warm of koud
** Ek het dit bedien saam soetwortels, tamatie en avo slaai wat lekker was. Hoop julle geniet my lui weergawe van ‘n klassieke dis**
Resep en foto:Leandri Potgieter




PETRO SE BULLETS

bulletsnbulletstested

PETRO SE BULLETS
Aandete eie resep en foto …. ek noem dit net Bullets ….. seker jy kan dit gebruik om in jaffles , snackwick en op toast as jy lief is baked beans !!!
1 ui , opgesny
1 greenpeper , opgesny
1 pak bacon , opgesny
2 blikke baked beans ( 410 g ) blikke
Sout en swart peper na smaak
Maggi original chilli sauce na smaak
En kapokaartappels om bo-op te sit
Braai ui , peper en bacon tot sag … Voeg baked beans en chilli sauce by meng goed . Skep in n oond vaste bak … met kapokaartappels bo-op … bak in n voorverhitte oond 180 C tot deur warm en mooi goud bruin
Resep en foto: Petro van Genderen




MARINATED PRAWN SKEWERS ON A TROPICAL SALSA

prons_ntested

-MARINATED PRAWN SKEWERS ON A TROPICAL SALSA:
-On its own, a prawn skewer is a treasure, but teamed with fresh lime and chilli, it’s paradise. Great for barbecues, this recipe has the right balance of sweetness, freshness and heat.
1kg raw prawns, peeled, deveined
2 tablespoons olive oil (to marinade)
1 long fresh red chilli, finely chopped
2cm-piece fresh ginger, peeled, grated
1 lime, rind finely grated. Use also the juice of the lime
1/4 cup chopped fresh coriander
Step 1:
Combine the prawns, oil, chilli, ginger, lime rind, lime juice and the coriander in a large bowl. Season. Marinate for no longer than 30 minutes in fridge.
Thread onto soaked bamboo or metal skewers.
Place skewers evenly in an oven tray (single layer).
Place 100ml cubed butter evenly over prawn skewers together with 100ml Olive oil to bake.
Step 2:
Heat oven to 180*C. Bake the skewers, for 7 minutes on one side, turn and bake for another 7 minutes until the prawns change colour and are done.
(*****I always put an extra prawn separately in tray to taste when done).
Recipe and photo: Elize de Kock




GROENBOONTJIE EN KOESKOES GROENTE GEBAK

boontjie_ntested

GROENBOONTJIE EN KOESKOES GROENTE GEBAK
125 ml koeskoes
250 ml beesvleis aftrekstel
2 knoffel huisies, fyn gedruk
500 g groenboontjies
250 g sampioene
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
1 groot ui, gekap
4 skywe fetakaas, in blokkies gesny
3 eiers
5 ml gedroogde pietersielie
2,5 ml gedroogde gemengde kruie
sout en swart gemaalde peper na smaak

Plaas koeskoes in ‘n bak, giet die beesvleis aftreksel oor en laat staan vir 10 min.
Verhit olie in ‘n pan en sorteer die uie en knoffel tot sag, voeg die boontjies by en roerbraai tot sag maar steeds ferm. Voeg die groen- en rooirissie by en roerbraai tot sag. Laastens gooi die sampioene by en roerbraai. Voeg die kruie, sout en swartpeper by.
Meng die koeskoes met die groente mengsel. Gooi die fetakaas by en meng.
Klits die eiers saam en meng met die groente mengsel.
Bak vir 20 min by 180˚C. Bedien saam met avo sasla.

Avo Salsa:
2 Avo’s, in blokkies gesny
80 ml matige salsa
30 ml sterk blatjang
100 ml gewone jogurt
Meng bogenoemde bestanddele alles saam.
Resep en foto: Elna Erasmus




MELANIE SE ANYS BESKUIT

beskuit_ntested

MELANIE SE ANYS BESKUIT
10 g droë gis
1 kg koekmeel
200 g suiker
7 ml sout
500 ml louwarm water
2 eiers (goed geklits)
25 ml olie
2 eetlepels anys
Plaas droë bestanddele in ‘n mengbak, meng goed.
Voeg louwarm water, olie, en eiers by droë bestanddele en meng om ‘n gladde deeg te vorm.
Knie goed. Bedek die  deeg en laat staan vir 20 minute. Knie die deeg af. Verdeel deeg in klein stukke, en vorm balletjies. Plaas in panne wat gesmeer is. Smeer bietjie olie oor, laat rys tot dubbel die grootte. Bak in vooraf verhitte oond (200ºC) vir 40 minute. Haal uit panne, laat afkoel. Breek in stukke, en laat dit uitdroog in die oond by 100 grade celcius. Geniet!
Resep: Melanie Elms Volmer