PETRE SE 5 VRUGTE MARMELADE




PETRE SE 5 VRUGTE MARMELADE
Ek het 5 vrugtes gebruik vir hierdie marmelade….. het ook die skille en vrugte apart gekook. Wit van skille uit geskraap en die skille gesnipper. Die vrugte het ek sag gekook en in die versapper gegooi.. ek het dan verder soos die resep te werk gegaan….
MARMELADE VAN 4 VRUGTES
Ek kook die 4 vrugte marmelade maar het lemoene ook so gekook. was my vrugte goed af snipper dan meet ek die vrugte af vir elke koppie gooi ek twee koppies water by laat staan oornag.
Volgende oggend kook ek vrugte sag en laat staan weer oornag
Volgende dag – vir elke koppie pulp , 2 koppies suiker, kook vinnig –
Suurlemoen vorm eintlik die jellie en is jou pektien.
ek gebruik 1 pomelo, 1 tot 2 lemoene, as dit grotige nartjies is 2 tot 3 en dan so 2 grotige lemmetjies en dan volg jy maar die metode soos hier bo. Konfyt moet vinnig gekook word. Ek vries ook my vrugte as ek dit klaar gesnipper het sit net hoeveel koppies op pakkie en wanneer ek tyd het kook ek dit
Bron:Rina Carstens
Foto: Petré Van Jaarsveld en Elna Erasmus










