“HELL HOT” RISSIESOUS

hel hot rissie soustested

“HELL HOT” RISSIESOUS
1 sakkie rissies
1 koppie olie
1 pakkie pickling spice
2 teelepel sout
3 opgehoopte eetlepels mother in law spice
3 groot uie, opgekap
1 groot blik appelkooskonfyt
½ tot 1 koppie asyn

Rissies, fyn gekap in voedselverwerker. Braai die rissies in die olie, voeg by die pickling spice, sout, mother-in-law spice, uie, appelkooskonfyt en asyn. Prut tot gaar en bottel warm.
Opsioneel kan jy atjar masala na smaak bysit.
Resep en foto: Marianne de Beer




PETRO SE SAUERKRAUT MET MASH EN BACON

mash en bacontested

PETRO SE SAUERKRAUT MET MASH EN BACON
Bestandele:
5 Meduim aartappels
sout en peper na smaak
melk
Botter
1 blik sauerktaut
pakkie Bacon
Metode:
Het mash gemaak met so 5 medium aartappels , geskil op gesny en gekook … sout en peper na smaak melk en botter … Roer een blikke 400g sauerkraut met mash … Braai een pakkie bacon om bo-op te strooi … jy kan ook boere wors braai , die vel afhaal op sny en in roer met die kool en mash .
Bron en foto: Petro van Genderen




HOENDER PARMASAN GESTOPTE KNOFFELBROOD

koffel_ntestedhoender parmasaan brood wayne reg

HOENDER PARMASAN GESTOPTE KNOFFELBROOD
Jy benodig:
125 ml koekmeel
125 ml karringmelk
10 ml peppadew spice (of wat jy van hou)
10 ml italiaanse kruie
Melk
Broodkrummels
2 hoender filette
Olie vir vlak braai
1 groot baquette
Mozarella kaas in skywe gesny
125 g Botter
2 eetlepels knoffel flokkies
125 ml parmasan kaas
2 eetlepels pietersielie
Voorverhit jou oond na 180!°C.
Maak solank jou olie warm in ‘n vlak pan op ‘n plaat.
Maak die ‘gom’ aan deur die karringmelk, koekmeel, peppadew spice en kruie te meng. Verdun die mengsel ietwat met ‘n bietjie melk tot ‘n dik mengsel wat aan die hoender sal klou.
Gooi jou krummels in ‘n aparte bak.
Sny die hoender filette oor die breedte in skywe. Doop die hoenderskywe in die gom en dan in die krummels.
Braai die gekrummelde hoenderskywe tot goudbruin in die olie.
Sny die punte van die baquette af en verdeel die baqette in 4 dele. Hol die stukke baqette uit.
Rol die gebraaide hoenderskywe toe in mozarella en druk dit in die baquette in.
Sny elke gevulde baqette in 2 of 3 oor die breedte.
Sit ‘n groot stuk foelie onder in ‘n bakplaat en pak weer die baqette saam op die foelie.
Smelt die botter. Meng die parmasan, knoffel en pietersielie by. Skep lepels vol oor die baquette.
Vou die foelie toe en bak soos ‘n gewone knoffelbrood in die oond vir 20 – 25 minute.
Indien my instruksies deurmekaar klink kan jy maar na die bron video kyk:




DOROTHY SE GROENBONE BREDIE

Dorothy groenboon bredietested

DOROTHY SE GROENBONE BREDIE
1 en half kg lamsrib/skenkels
2 groot uie
1kg groenbone gesny
6middelmatige aartap
Braai uie tot ligbruin
Voeg vleis by en braai
Voeg hoeveelheid aartappels by asook groenbone
Roerbraai voeg water by en kook op matige hitte
Ongeveer uur (lamsvleis
Sout
Peper
Oregane
Enige steak/chops of ander speserye
Bietjie worcestersous
RESEP EN FOTO:  Dorothy Vermeulen Van Zyl




RASPBERRY SYRUP

tested

RASPBERRY SYRUP
2 lbs. raspberries
1 quart (4 cups) water
2 cups sugar
You will also need
Fine mesh strainer, two medium saucepans

Servings: 3 1/2 cups raspberry simple syrup

Rinse the raspberries clean.

Place the raspberries in a medium saucepan.

Cover with water and bring to a boil. Reduce to a medium simmer and let the raspberries cook for about 20 minutes. Skim any foam that rises to the top.

After about 20 minutes, the raspberries will have lost most of their color and the water should be deep pink/red in color. Remove from heat. Strain the raspberry liquid through a fine mesh strainer into another clean pot, separating the solid berries from the liquid. DO NOT press down on the solids to extract more juice; it’s tempting, but doing this will make your raspberry syrup cloudy.
Once the raspberry liquid has been strained, discard the solid berries. Add 2 cups of sugar to the raspberry liquid. Bring back to a boil, stirring frequently to dissolve the sugar into the syrup. Let the syrup simmer for 5 minutes till the sugar is completely dissolved, skimming any additional foam that rises to the top.

Remove from heat and allow to cool completely. Pour into a glass container, seal, and refrigerate. The syrup should last for several weeks.
Note: if you prefer a thicker syrup for use on pancakes or waffles, you can simmer it for several minutes longer till the liquid reduces and thickens more. The consistency as written is perfect for mixing into beverages.

Beverage recipes sometimes call for “raspberry syrup,” a bright red, sugary syrup that gives a raspberry flavor and color to drinks. Why buy the bottled stuff when it’s so easy to make your own? Raspberries are in season right now, which means you’ll have all kinds of beautiful berries to choose from at the market. Plus, you’ll have the added benefit of knowing what went into your syrup– just three ingredients, all natural, nothing artificial. Homemade raspberry syrup can be added to beverages and cocktails to give them a strong, sweet raspberry flavor. Try flavoring lemonade with it to make raspberry lemonade or seltzer to make a raspberry Italian soda. It makes a lovely addition to cocktails and mocktails. Reduce it to a thicker consistency, and you can drizzle it on pancakes or waffles as an alternative to maple syrup.

Wayne Dugmore
Hier is ‘n paar wenke van die webblad af:

Gebruik die pulp om konfyt te kook.

Gebruik die pulp om roomys te maak.

Gebruik die pulp om cordial te maak.

Jy kan enige bessie gebruik vir die stroop.

Jy kan gevriesde of geblikte bessies ook gebruik.

Gebruik die stroop in plaas van suiker of heuning in jou tee.




LORRAINE SE CHICKEN SCHNITZELS

hoenderntested
LORRAINE SE CHICKEN SCHNITZELS
Het vanaand die heerlike chicken schnitzels gemaak…
Ek het my hoender fillet oopgevelk toe dit gekap met n piering… toe sit ek dit in meel daarna in eier en toe p&p se broodkrumels. Toe laat staan ek dit in yskas vir meer as n uur. Ek dit in bietjie ollie gebak in die pan tot bruin en toe in die oond gedruk vir so 30min op 150°c

Resep en foto: Lorraine Lolla Mouton




CECIL SE HOENDERVLERKIES

hoendervlerkiesntested
CECIL SE HOENDERVLERKIES
1 koppie meel
1 teelepel sout
1/2 teelepel peper
1 teelepel knoffel poeier
1/2 teelepel paprika
Meng alles saam
Bak vir 200°grade 40 min
Meng saam 1 koppie Jimmy’s braai sous en ‘n 1/2 koppie heuning.
Meng al die stukkies en bak vir 10min.

BRON:  Cecil Dunhin




MARIAN SE FILET STEAK EN GROENTE

steak_ntested
MARIAN SE FILET STEAK EN GROENTE

3dae gemarineer in olyfolie, Worcestershire sous, tiemie en balsamic vinegar

12min in oond teen 180°c sny in skywe en braai op stoof vir paar minute (let it rest for ten min)

Groente
Skil klein wortels en kook in water tot net sag en dieselfde met fennel met bietjie sout

Sny aartappels in vierkante en lang repe. Kook die vierkant aartappels tot sag maar ferm. As sous klaar is kook die aartappels in sous vir so klein rukkie Braai die repies in olie
Sit in n bak tamaties, 4 verskillende mushrooms en gooi gesmelte garlic botter oor en bak in oond vir +_ 10min
Baba ertjies net warm gemaak
Swart knoffel in helfde gesny

Mielie puree

Blikkie sweetcorn meng n teelepel suiker en so 125ml room by. Kook net tot suiker opgelos het. Maak met brawn fyn. Sit deur sif.

Sous
Uie, wortels, bacon, fennel, 125ml filter koffie, 125ml wyn en 125ml water. Bietjie tamatiesous en bietjie chutney. Kook tot dik regte dikte is. Gooi deur sif.

Dan pak jy dit maar lae soos wat dit vir jou mooi is

Resep en foto:Marian van Deventer




OUMA SE JODETERT

jodetert_ntested

OUMA SE JODETERT
Resep: Reinet Marais
Foto: Reinet Marais
FOOD LOVERS RECIPES
Korse:
425 g (800 ml) koekmeelblom
10 ml bakpoeier
knypie sout
200 g (250 ml) suiker
250 g margarien/botter
2 eiers, geklits
Vulsel:
1.375 ml (5 ½ koppies) melk
200 g (250 ml) suiker
4 eiers
100 g (180 ml) koekmeelblom
10 ml vanieljegeursel

Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Voeg die witsuiker by en meng. Vryf die botter/margarien in die meelmengsel in totdat dit soos fyn krummels is. Voeg die eiers by en meng tot ‘n sagte deeg. Verdeel die deeg in ses ewe groot stukke, plaas dit in ‘n houer met ‘n deksel en laat dit ‘n rukkie rus.
Bak die korse soos volg:
Draai koekpanne met ‘n deursnee van 20cm om sodat die die boom bo is. Bespuit met kleefwerende sproei of smeer baie goed. Rol ‘n stuk deeg met ‘n rolstok dun op ‘n omgekeerde pan uit en sny die rand netjies (hou die afgesnyde deeg vir die sewende kors) Bak die korse in ‘n voorverhitte oond by 180 grade Celcius tot ‘n baie ligte bruin. Maak dit versigtig van die panne los met ‘n eierspaan en laat dit op ‘n draadrak afgly om af te koel. Bak al 6 die stukke deeg sowel as ‘n sewende laag van die afvalstukke deeg. Smeer na elke bak die panne goed.
Laat die melk vir die vulsel amper kook. Klits die eiers en die suiker goed saam en klits dan die koekmeel by. Meng die warm melk geleidelik met ‘n draadklopper in die eiermengsel in en gooi dan terug in die warm kastrol. Plaas terug op plaat en kook stadig tot dik oor lae hitte terwyl dit aanhoudend geroer word. Laat die mengsel amper heeltemal afkoel voor die vanieljegeursel ingeroer word. Skep ewe veel van die vulsel op elke kors en smeer gelyk. Stapel die korse met vulsel dadelik versigtig opmekaar met behulp van eierspane. laat die Jodetert ‘n dag of wat in ‘n toe houer verouder in die yskas voor dit gesny word.




ANNEMARIE SE GEBRAAIDE SNOEK

snoek_ntested

ANNEMARIE SE GEBRAAIDE SNOEK
Appelkooskonfyt
Suurlemoensap
Mayonnaise
Knoffel
Ek gooi so 4 eetlepels appelkooskonfyt in, so ‘splash’ suurlemoensap, so 4 eetlepels mayonnaise, en soveel knoffel na smaak, asook sout en peper, smeer dan op snoek so terwyl hy braai, heerlik! Ek het so paar Chillies fyngekap en by sous gevoeg.

FOTO EN RESEP:  AnneMarie Bekker