WARM PERSKE POEDING

perskentested
WARM PERSKE POEDING
Bestandele:
125 gram botter (gesmelt)
1 koppie bruismeel
1 Koppie melk
1 Koppie Suiker
5 ml Vanieljegeursel
1 Blikkie perskeskywe (410g), dreineer die stroop en plaas een kant
1 Eier

METODE
1. Verhit die oond na 180⁰C. Meng die suiker en die botter, voeg dan die eier by en meng tot romerig. Voeg dan die koppie bruismeel by en meng verder
2. Voeg die melk by jou beslag en meng goed. Laastens kan jy die perskes en die vanieljegeursel in meng.
3. Plaas in ‘n oondvaste bak en bak by 180⁰C vir ‘n uur (tot deurgebak).
4. Haal jou poeding uit die oond en skink die perskestroop oor die poeding. Bedien warm met room of roomys.

Foto:Sune Swart




ELIZABETH SE SPINASIE PASTEI EN SKAAPBOUD

spinasie_ntested

ELIZABETH SE SPINASIE PASTEI EN SKAAPBOUD
Ek het my eie resep opgemaak. 1 rol puff pastry. Deel die deeg in 2. Sit die 1 helfte onder in jou bak/pan. Verhit dan die oond tot 180°C. Braai 1 gekapte ui tot sag in ‘n eetlepel botter. Nie bruin nie, net sag. Sny 2 geskilde aartappels in klein blokkies en voeg by die uie. Snipper 3 bossies spinasie fyn en voeg by die aartappel en ui mengsel. Sit die deksel op die pan en los vir so 15 min. Roer dan goed deur. Gooi mengsel in ‘n mengbak uit en voeg 1 groot gekrummelde houer feta (700 g) by. Rasper 100 g Cheddar kaas by. Voeg sout en peper na smaak by. Daar sal ‘n bietjie vloeistof onder in die bak wees. Roer dan 3 opgehoopte eetlepels koekmeelblom deur. Skep binne in die deeg en sit die ander helfte deeg bo-oor. Seël en smeer eier/melk oor. Bak in die oond vir 40-45 minute.

SKAAPBOUD
Ontdooi jou skaapboud heeltemal. Smeer dit goed (bokant en onderkant) met bruinuiesoppoeier, ‘n teelepel knoffel, sout en peper. Sny 1 ui in ringe en sit onder in jou bak (ek het ‘n silwer braaibak gebruik). Sit boud met bokant na onder op die uie en maak toe. Sit in die oond by 180°C vir 4 ure. Draai boud om en bak vir nog 2 ure. Dis natuurlik vir ‘n groot boud. Wanner dit gaar is, laat dit vir ‘n halfuur in die toe bak rus voor jy dit sny. Jy kan ook die boud oornag in die oond sit op die heel laagste stelling, so 70°C. Sit 10 uur in en haal 7 uur uit.

Resep en foto: Elizabeth Frylinck




ANITA SE HOENDERPAKKIES

hoender_ntested

HOENDERPAKKIES
5 Hoenderborsies (kook en vlok)
½ ui fyn gekap
1 ½ koppie kaas (chedder of mozzarella)
1 blikkie room sampioensop
3/4 blikkie melk (gebruik blikkie van die sampioensop
1 pak blaardeeg (puff pastry)
“3 cheese grillers (ek het sommer die spar een gebruik)
Meng opgesnyde cheese grillers en uie in by die gevlokte hoender
Rol die blaardeeg oop en rol effe uit. Neem jou deeg en sny dit op sy langste kant in die middel deur. Dws jy moet nou 2 stukke deeg he
Smeer die hoendermengsel oor die deeg en rol op soos ‘n wors (jy kan ekstra gerasperde kaas insit indien verkies
Sny dit in worsies (so ongeveer 10cm lank)
Meng die roomsop, melk en ½ kop kaas. Verhit tot warm (sommer in die mikrogolfoond)
Pak die hoenderpakkies in ‘n gesmeerde oondvaste bak
Gooi die sopmengsel bo-oor die hoenderpakkies
Sprinkel oorblywende ½ koppie kaas oor
Bak by 180°C vir ongeveer 30-40 minute tot bruin en die mengsel borrel
Bedien met kapokaartappels, rys, ertjies, mengelslaai of brood rolletjies
Foto en resep geplaas deur Anita Dippenaar




FILLET MET WHISKEY SOUS

filet_ntested

FILLET MET WHISKEY SOUS
Fillet met whiskey sous – saam aartappel en patatkaasgereg
Fillet:
3 aartappels
1 patat
1 pakkie wit uiesoppoeier
½ koppie melk
gerasperde kaas
Marinade:
½ koppie whiskey
½ koppie bruin suiker
½ koppie worcestersous
¼ koppie olie
3 eetlepels mosterd poeier
Meng al die marinade bestandele en marineer vleis oornag.
Braai tot gaar soos verkies.
Pak die aartappel en patat skywe in lae, sprinkel droë soppoeier oor. Giet melk oor. Bak vir 25 min teen 190°C. Haal uit en sprinkel kaas oor. Bak verder tot kaas bruin is.
Resep en foto: Cecil Dunhin




STRAWBERRY JAM IN BREADMAKER

arbei_ntested

STRAWBERRY JAM IN BREADMAKER
Russell Hobbs breadmaker
Aarbeikonfyt in broodmasjien. Dit is 2 keer se kook. Gebruik maar net 400gr aarbeie. Die resep lees gebruik “jam sugar” dit is suiker wat pektien by het. Die eerste keer het ek net gewone suiker gebruik en dit werk ook goed. Het mooi gestol. Vandag het ek halwe teelepel pektienpoeier bygesit. Het ook mooi gestol.
400 g strawberries trimmed
310 g jam sugar
1 ½ tablespoon lemon juice

Chop fruit (large or smaller pieces).
Place in breadmaking machine pan with other ingredients.
Select jam option. Start machine.
Resultaat wonderlik. Laat weet asb hoe julle dit ervaar.

Nota:
Jam suiker kan vervang word met gewone suiker plus 1 teelepel pektienpoeier.
Moenie probeer om hoeveelheid te vermeerder.
Skep ook maar skuim af voor bottel.

Foto: Annette Greef




MIKROGOLF HOENDERMAGIEPASTEI

maagies_ntested

MIKROGOLF HOENDERMAGIEPASTEI
500 g Hoendermagies
1 groot ui, in halwe ringe gesny
Handvol fyn gekerfde kool
1 hoenderblokkie
1e sojasous
Kook bogenoemde saam tot sag, voeg dan 1 medium aartappel in klein blokkies gesny by en kook tot aartappels sag, maak sous dik met koekmeel en bisto, dit moet lekker baie sous wees en skep dan in mikrogolfbak.
Ek het die deeg gemaak van die mikrogolfskaaphartpastei wat ek so tydjie terug opgesit het maar die deeg bietjie stywer gemaak en meer soos kluitjies op die vleis gaargemaak.
Bedien met koolslaai en mengelslaai
resep en foto: Marianne de Beer




WILMA SE WORSTERT MET ‘N VERSKIL

wors pastei_ntested
WILMA SE WORSTERT MET ‘N VERSKIL
Deeg:
2 koppies Nuttywheat
15 ml bakpoeier
5 ml gemengde kruie
2 ml sout
Varsgemaalde Swartpeper
500 ml melk
500 ml kookolie
100 ml water
Meng alles saam en hou eenkant.
Vulsel
Braai 500 g wors tot sappig, goudbruin en gaar. Skep uit die pan en giet 100 ml water in die pan en kook op lae hitte om pansappe te meng.
Braai saam in bietjie olyfolie:
10 ml braaispeserye
3 ml rissiepitte
5 ml fyngemaakte knoffel
Swartpeper na smaak
1 groot ui opgekap
¼ soetrissie, opgekap
1 pannetjie sampioene, in skyfies gesny
2 middelgrootte tamaties, opgekap

Voeg die pansappe by en laat droogkook.
Skep helfte van die slapdeeg onder in ‘n gesmeerde tertbak van 2 liter.
Sny wors oorlangs in stukke en pak op die deeg (hou’ n flentertjie uit om te krummel). Skep groentevulsel bo-op wors en maak gelyk. Skep lepelsvol deeg bo-op die groentevulsel en maak gelyk. Sprinkel gekrummelde wors en paprika bo-oor. Bak by 180ºC vir +-30min tot goudbruin en gaar. Bedien met oondgeroosterde gemengde vars groente.
(Ek het ‘n blikkie heel mielies tussen die wors gepak bo-op die deeg, net vir die lekker)
Resep en Foto: Wilma Josey Venter




VANILLA CHOC CHIP MUFFINS

muffinsntested

VANILLA CHOC CHIP MUFFINS
Ingredients:
1 1/2 cups flour
1 1/2 teaspoon baking powder
1/2 cup sugar
1/2 teaspoon salt
1 cup milk
1 Egg
1/3 cup butter,melted
1 Cup chocolate chips

Method:
Mix together flour,baking powder,sugar and salt. Stir in milk ,egg and chocolate chips. Pour batter into muffin cups/pan. ***REMEMBER NOT TO OVER MIX THE BATTER***Bake in preheated oven @180 degrees for 15 to 20 mins.

Picture: Monique Matsebe




WILMA SE WATERBLOMMETJIE BREDIE

waterblommetjie_ntested
WILMA SE WATERBLOMMETJIE BREDIE
Bestanddele:
1,5 kg waterblommetjies, oornag geweek in sterk soutwater en onder lopende kouewater, goed afgespoel
1/2kg Lam Liesvleis, in repe gesny
2 groot uie in skywe gesny
4 middelgrootte aartappels geskil en in kwarte gesny
5 heel kruienaeltjies
1teelepel swartpeper korrels
1eetlepel sout
1eetlepel braaivleisspeserye
1teelepel gemengde kruie
Knypie Rissievlokkies
Gerasperde neutmuskaat
Metode
Sit die blommetjies in ‘n diep bak, gooi gekookte ketelwater oor en laat die water heeltemal afkoel
Braai die vleis in olyfolie in ‘n diep pot tot goudbruin. Skep uit
Braai die ui in die olie voeg die kruie, speserye, sout, peper en rissievlokkies by en braai saam tot die uie halfpad gaar is.
Skep die vleis, met die pansappe terug in die pot. Braai alles saam vir ‘n paar minute.
Skep die aartappels bo-op die vleis en voeg 1koppie water by.
Kook tot die aartappels halfpad gaar is.
Dreineer die waterblommetjies baie goed en skep bo-op die vleismengsel. Moenie nog water bygooi nie.
Kook vir 30minute tot die waterblommetjies gaar maar nog ferm is.
Roer een keer deur. Rasper neutmuskaat oor.
Kook vir nog 15 minute en bedien met rys en pampoenkoekies. (Resep op die blog)
Resep en foto: Wilma Josey Venter




KOBIE SE MUESLI

musli_ntested

KOBIE SE MUESLI

1 kg oats
350 g bran
± 200 g botter
±150 g heuning
± 300 – 400 g gemengde sade (sonneblom, flux seed, sesame saad, pampoen sade ens).

Meng goed en sny botter in blokkies bo-op. Bak teen 160°C.
Roer gereeld sodat dit nie brand nie, laat botter goed in smelt.
So halfpad deur die bakproses, voeg heuning by en werk deur, bak nog so bietjie.
Laat goed afkoel voeg dan rosyn en gedroogde vrugte by. (moenie die rosyne en droëvrugte saam bak nie – dit word hard en taai!)
Dis sommer net my eie “moer-by” resep! Hehehehe! Geniet!
Resep en foto:Kobie Coetzer