PETRE SE HOENDERPASTEIE VIR 65 MENSE

grootmaat_ntested

PETRE SE HOENDERPASTEIE VIR 65 MENSE.
8 kg hoender borsies ontbeen, gekook en gepluis.. Ek kook so 3 kg op n slag in die stoompot vir 20 minute.
3 teelepels sout
½ teelepel fyn naeltjies
1 koppie water
Hou die sous van elke 3 kg hoender wat in die pot oorbly voeg die volgende by:
1 koppie sago
1 teelepel peri peri
¼ koppie witasyn
2 uie gekap
1 koppie witwyn
2 teelepels fyn knoffel
2 eetlepels fyn gekapte roosmaryn by.
Kook tot die uie sag en die sago deurskynend is.
Maak 2 liter witsous:
2 liter melk
16 opgehoopte eetlepels koekmeel
1 pakkie knorr chicken and onion stew mix
1 eetlepel sout

Mikrogolf tot lekker warm en voeg 250 g botter/margarien by.
Roer elke 2 minute tot die witsous redelik dik is.
Meng die gepluisde hoender, sago mengsel, witsous en 3 blikkies gedreineerde gemengde groente by.
Voer oondpanne uit met puffpastry en skep vulsel in.. Bedek met puffpastry en bak @ 180ºC tot goudbruin..
Resep en foto:Petré Van Jaarsveld




CHEESE AND GARLIC MUFFINS

muffinn
CHEESE AND GARLIC MUFFINS
Dry Ingredients:
2 cups flour
1 ½ teaspoon baking powder
½ teaspoon baking soda
½ teaspoon salt
Wet Ingredients:
1 egg, slightly whisked
220 ml milk
1 teaspoon vinegar or lemon juice
3 tablespoons sour cream or plain yogurt
4 tablespoons oil
parsley
1 garlic clove, crushed
2 cups grated cheese
Stuffing:
90g / 6 tablespoons butter
2 garlic cloves, crushed
cheese, cut in 12 small slices

Preheat the oven to 180 degrees.
Prepare the muffin tin.
Place the butter and garlic in the microwave.
Melt for 30 second bursts and keep warm.
Sift together all the dry ingredients.
Make a well in the center and add all the wet ingredients, except for the cheese.
Mix until everything is combined and then add the cheese.
The batter is a bit lumpy.

Directions for the muffins:
1 tablespoon batter on the bottom
Put a slice cheese
Drizzle 1 teaspoon garlic butter over.
2 tablespoons batter on top
Drizzle remaining garlic butter over.
Bake for 20 – 25 minutes or until golden brown.
The toothpick test is a little tricky because of the cheese inside.
If you have a fan oven 180°C is fine, but if it is not a fan oven you should make it 200°C.
Enjoy!
Picture: Nadia Thölix




FRIEDA SE KFC EN KNOFFEL BROODJIES

kfcntested

FRIEDA SE KFC EN KNOFFEL BROODJIES
KFC Hoender mengsel
1 botteltjie hoenderspeserye
1 botteltjie braaivleis speserye
1 botteltjie steak en chop speserye
1 botteltjie aromat
1 botteltjie sout en asyn speserye
kwart botteltjie knoffel vlokkies
10 ml grofgemaalde swart peper
Voeg bestandele by 1 kg bruismeel.
Meng baie goed.
Bêre mengsel in lugdigte houer.
Rol hoender/vleis in mengsel.
Pak in oondbak met ‘n bietjie kookolie.
Bak tot gaar.
Ek het myne in olie gebraai
Kool Slaai
Rasper kool en wortel grof
1 k Mayonnaise
1 k kaas
1 Blik fyn pynappel
1 blik kondensmelk
Rosyne
Meng sousbestanddele en hou in yskas
Gooi sous oor kool en meng
KNOFFELBROOD
Ek gebruik sommer gekoopte buns
Smeer dit met knoffelbotter
Pak vol kaas van jou keuse ek het 3 kase gebruik. Cheddar, Mozzarella en Feta
Strooi Origanum en gedroogde Pietersiel oor
Grill tot kaas gesmelt is
Resep:.ek het die resep uit een van my skoonma se resepte boeke afgeskryf. Ongelukkig nie n naam by
Foto:Frieda Greyling




IDEES VIR KAASSOUS

KAASSOUS

IDEES VIR KAASSOUS

Gerhard Kock:
Meng pakkie Cream of Chicken soppoeier met melk (hoeveelheid hang af v dikte). Laat kook op LAE hitte. Voeg gerasperde kaas by en laat smelt. Roer gedurig want dit brand maklik aan.

Anel EN-Manie du Preez:
Net gewone witsous met knippie mostertpoeier en neutmuskaat.

Loraine Peyper Viljoen:
Ek maak kaas sous as volg:
1 pakkie Knorr 3 cheeses sous
1 eetlepel koekmeel
2 eetlepels botter
melk van die Knorr sous soos op die pakkie of soveel nodig
1 koppie gerasperde kaas
Smelt die botter, haal pot van stoof af, voeg die koekmeel en souspoeier by en maak soos ‘n pasta, voeg melk bietjie vir bietjie by terwyl jy roer dat dit nie klonte maak nie tot al die melk bygevoeg is. Sit terug op die stoof en verhit terwyl aanhoudend roer, tot verdik. Verwyder van hitte en voeg so koppie gerasperde cheddarkaas by en roer tot gesmelt. Dis baie lekker!!
Frikkie Jones:
Basiese witsous. Kaas/kase. Eiergeel vir “silkyness” worcestersous en dijon mosterd en ‘ n skeut rooipeper

Lindi Botha Davis:
Ek smelt 2 eetlepels botter, gooi 2 eetlepels meel by en meng goed. Voeg dan melk bietjies bietjies by tot lekker glad. Dan aromat en lekker kaas.

Susan-mari Combrinck Kruger:
Eks seker die kaaskrulle sous kan werk vir die hoender. Meng ‘n groot pak kaaskrulle saam melk ( bring melk tot kookpunt) dink dis n liter melk vir ‘n pak kaaskrulle nie seker . Meng tot ‘n dik sous. Dit word gebruik om macaroni en kaas te maak.

Amelia Karsten
Kaassous:met n twist! Ek sit ‘n ½ teelepel poeier mosterd by. dieselfde resep as bo genoem 500 ml melk nie room. Yummi!




HOE OM JAFFELS TE MAAK

jaffel pannjaffeljaffel-gesnytested

HOE OM JAFFELS TE MAAK
Ek sien daar het n paar mense het gevra hoe maak mens Jaffels
So maak mens
Kry vir jou n Jaffel pan. N Mens kry verskillende vorms. My gunsteling die ronde een
Neem Twee snye brood.
Smeer die een kant van elke sny goed met Botter Nie Margarien nie.
Wel jy kan Margarien gebruik maar ek sukkel altyd om met Margarien die Jaffels mooi bruin te kry en dit brand vas
Sit die eerste sny brood met die botter kant na onder in die Jaffel Pan
Skep jou vulsul(van jou keuse net nie te veel nie) op die brood ek druk die brood ligges dat dit mooi 100% al die kante raak veral die onderkant van die Jaffel pan
Plaas die tweede sny brood bo op die vulsul met die botter na die buitekant
Knyp die Jaffel pannetjie toe, Sny die Brood randjies wat uit steek oor die rand van die Jaffel pan af en plaas op hitte.
Ek doen dit op n elektriese stoof plaat alhoewel dit eintlik oorspronklik begin is om op gas te bak.
Eintlik maar net waar nie elektrisiteit was nie veral as jy kamp
Ek wag so n minuut aan n kant en maak dan oop om te kyk of dit bruin raak. Eers die een kant dan die ander kant.
NB – TIP
As jy daai broodjie mooi egalig bruin wil he en glad nie vasbrand nie.
Moenie die Botter smeer nie.
Smelt die botter tot loperig en skep die botter met n lepel oor die broodjie dat dit egalig oor die broodjie versprei
Ek post sommer n paar voorbeelde van Jaffel panne
Bron: Koos van der Merwe




NATASHA SE “CHEESY” BROCCOLI EN HOENDER PASTEI

hoender_ntested

NATASHA SE “CHEESY” BROCCOLI EN HOENDER PASTEI
Klaar gemaakte gekoopte deeg
Hoender fillet
Brocolli
4 Eiers
250ml Melk
125ml Cheddar kaas
2 x Knorr hoender stock pots
Maak hoender gaar…vlok en gooi weer terug in pan, gooi broccoli en stock pots by en kook deur.  Sit deeg in voorbereide oond bak…..gooi hoender mengsel in bak…
meng melk, eiers en kaas in beker met bietjie sout…
gooi in bak oor hoender mengsel, meng liggies …bak teen 180 vir 40min 🙂
Resep: knorr
Foto: Natasha Grobler




OUVROU ONDER DIE KOMBERS MET WILDSVLEIS

wildsvleis_ntested
OUVROU ONDER DIE KOMBERS MET WILDSVLEIS
Resep en foto :Marianne de Beer
FOOD LOVERS RECIPES
500 g gemaalde wildsvleis
150 g spek
1 groot ui, gerasper
Die volgende word in vysel saam gemaal:
2 wonderpeperkorrels
8 koljandersade
1 teelepel sout
½ teelepel growwe swartpeper
3 ml neutmuskaat
Knippie tiemie
Heel kool blare

Meng goed deur die vleis en laat staan so uur.
Kook intussen die koolblare tot effe sag, maar nog ferm, dreineer en koel af.
Rol die vleis in balletjies en dan toe in koolblare, pak met oop kant onder in die pan wat jy gaan gebruik.
Giet water oor tot bedek en kook tot amper droog. Maak ‘n bistosousie so dik of dun so verkies en prut nog paar minute.
Ek het met groenterys en slaai bedien.

 




HOME MADE MASALA

masala_n
HOME MADE MASALA
Geroosterde masala maak jy liewer jouself en meesal maak ek masala self
30 (Approximately) green cardamoms
4 black cardamoms
4 cms of cinnamon bark
1 tablespoon of cloves
2 teaspoons cumin seed
1 tablespoon of coriander seed
2 star anise stars (pods?)
4 dried bayleaves, crushed
2 teaspoons black peppercorns
A pinch of ground dried ginger (DON’T use fresh ginger – it’ll rot and kill your spice)
A pinch of ground nutmeg (I don’t have a whole dried nutmeg, but use one if you do have it) Nou gooi jy dit in ‘n pan en sodra die cumin begin rook draa die hitte af en plaas ‘n deksel op jou pan. As die mengsel afgekoel het moet jy dit fyn maal. want party van die sade is nogal hard. Ek gooi myne dan deur ‘n sif en siedaar gerookte masala baie lekkerder as die winkel sin. Hoop jy geniet dit

Resep en foto: Hendrika Barkhuizen Kruger

Hendrika Barkhuizen Kruger Nee nie my eie nie het dit by ‘n Hindi vrou gekry en net aangepas omdat nie alles wat sy in haar resep gehad het in RSA te kry was nie Jy kan soos Desiree noem dit koop maar die geur is anders as jy dit self maak omdat die winkel produk meesal Komyn en masala bevat is dit nie so geurig nie Dit hang ook af van hoe dikwels jy dit gaan gebruik in my geval is my familie gek oor indiese geregte




CORN AND CORIANDER FRITTERS

worsiesntested
CORN AND CORIANDER FRITTERS
with spicy sausage, avo and tomato

Fritters
75 g Flour
75 g maize meal
5 ml baking powder
2 Eggs
Chopped coriander
1 cup frozen corn

Blend all together but only half the corn, the other half stir in for texture. Fry in olive oil …
Used Cheriso sausage with avo and tomatoes.
PHOTO: Susan Bolton




ERIKA SE GARNALE

garnale_ntested
ERIKA SE GARNALE
garnale, skoongemaak
diep olie om in te gebraai
uie, klein blokkies gesny (hoeveelheid na smaak)
botter om in te braai
2 eetlepels knoffel
400 ml room
2 eetlepels suurlemoensap
sout en peper, na smaak

Braai die garnale in die olie.
In ‘n aparte pan, braai die uie en knoffel in die botter. Voeg die room suurlemoensap, sout en peper by.
Pak die klaar gebraaide garnale in die sous en prut op lae hitte tot warm.
Bedien met rys en slaai, suurlemoenwiggies en tabasco.

Resep: Erika Binedell
Foto: Marie Rheeder Troskie