DENZY’S CREAMY CAULIFLOWER AND BACON OVEN BAKED

Denzy nuwe_ntested

DENZY’S CREAMY CAULIFLOWER AND BACON OVEN BAKED
INGREDIENTS
packet bacon pieces
2 cauliflowers cut up
2 cups water
2 table spoons butter
3 table spoons flour
2 cups milk
Cup cheddar cheese
Cup mozzarella
Dry oreganum
Salt and pepper
METHOD
Add cauliflower and water to a small pot season with salt and let it boil till cauliflower is soft,strain and leave aside,fry bacon in a sauce pan until cooked,Make white sauce in a pot,add butter in pot let it melt then add flour stir all the time,then add milk little by little until sauce is nice and smooth,in a baking dish add cauliflower first then sprinkle bacon on top then white sauce then top with cheddar cheese and mozzarella then sprinkle with oreganum.bake in preheated oven at 180 degrees for 15 to 20 mins.ENJOY
Bron:Denzel Koenana




AARTAPPEL GESIGGIES VIR KINDERS

gesiggies_ntestedaartappel gesiggies

AARTAPPEL GESIGGIES VIR KINDERS
Bestandele:
2 Koppies gaar aartappels gemash,
sout en peper,
2 eetl maziena,
1\2 t bakpoeier,
+-5 eetl meel
een eier.
Metode
Lekker sagte deeg. Sny ringe uit met glad en maak ogies met ñ strokie en smile met ñ lepel
Kook aartappels gaar en maak dit fyn. Dan meng die res van die bestandele by. Ek het net my aartappels laat koud word. Druk dit plat en druk ringe uit. Druk met strooitjies oogies uit en met lepel die mond. Toe sit ek dit yskas vir sowat ñ 1\2 uur en braai in olie
Bron:. Elizabeth Haupt




BEEF STROGANOFF MET ‘N TWIST

images-25

BEEF STROGANOFF MET ‘N TWIST
500gr beesvleis maalvleis
1 blikkie
sampioenroomsop
3 repe spek, in blokkies gesny…
1 koppie suurroom
1/2 ui, gekap
1/4 teelepel paprika
1/4 teelepel peper
1/2 teelepel sout
Pasta (enige keuse)
1 eetlepel botter
METODE:
Braai die vleis met die uie en spek tot gaar.
Roer die sampioen sop, paprika, sout en peper by.
Prut 10-20 minute, roer dikwels.
Roer suurroom by en prut deur
Kook die noedels tot sag. Voeg botter by die noedels.
Gooi pasta by maalvleis mengsel, meng deur.
Sprinkel pietersielie oor. Bedien met ‘n salsa slaai

BRON:INENOMDIEHUIS.BLOGSPOT.CO.ZA
FOTO: WWW.TASTE.COM.AU




DENZY’S LAMSPASTEI

Denzy se lam_ntested

DENZY’S LAMSPASTEI
1 rol blaardeeg
1 eier, geklits
3 lepels olie
1 kg lamsvleis
2 uie, opgekap
6 naeltjies
2 groot lepels soya sous
2 groot lepels balsamiese asyn
2 knoffel huisies, opgekap
barbecue speserye
groot takkie roosmaryn, opgekap
1 lepel koljander sade, fyngemaak
1 beker beef stock
2 wortels, opgekap
sout en peper
1 bakkie oxtail soppoeier
2 koppies water
½ koppie sago

Braai uie met ‘n bietjie olie tot sag en lekker bruin, voeg lamsvleis by, voeg nou knoffel, roosmaryn, sout en pepper, barbeque spserye, roosmaryn, wortels ,kojana speserye, soya sous, balsamiese asyn en gooi dan beef stock oor vleis. Sit deksel op en laat prut tot vleis van die been af val, haal vleis uit die pot, gooi sago in pot met 2 koppies water en kook tot sago deurskeunend is. Voeg vleis weer terug in pot en gooi sop poeier wat in ‘n bietjie water aangemaak is by die vleis mengsel en laat prut tot bietjie droog gekook. Rangskik helfte uitgerolde blaardeeg in pastei bak, druk gaatjies in bodem van bak en voeg vleismengsel in bak, rangskik ander helfte uitgerolde blaardeeg bo-op mengsel en smeer met eier en bak in voor verhitte oond vir 180°C vir 30 tot 40 min totdat blaardeeg bruin is. Geniet.

Bron: Denzel Koenana




HOENDER CHOW MEIN


HOENDER CHOW MEIN
Hierdie hoender chow mein resep is genoeg vir 6 persone.
2 skoongemaakte hoenderborsies, in 2,5 cm blokkies gesny
225 g ontbeende varkvleis, in 2,5 cm blokkies gesny
15 ml mielieblom
40 ml droë sjerrie
30 ml sojasous
125 ml warm water
’n blokkie hoenderaftreksel
30 ml olie
2,5 cm vars gemmer, geskil en gerasper
1 knoffeltoontjie, fyngedruk
225 g skoongemaakte garnale
2 uie, in halwe ringe gesny
1 rooi soetrissie, in repies gesny
2 stokke seldery, in stukke van 2,5 cm gesny
100 g kool, fymgekap

Meng 5 ml mielieblom, 10 ml sjerrie en 10 ml sojasous in ’n groot mengbak.
Voeg die hoender en vark by en meng goed.
Plaas in die yskas vir 1 uur.

Meng die oorblywende mielieblom, sjerrie en sojasous met die water en hoenderblokkie.
Hou die sousie eenkant.

Verhit die olie in ’n wok of groot pan en braai die gemmer en knoffel daarin vir 1 minuut. Voeg die hoender en vark by en roerbraai tot dit nie meer pienk is in die middel nie. Dit neem omtrent 5 minute.
Voeg die garnale by en roerbraai tot dit mooi helderpienk raak – omtrent 3 minute.
Voeg die groente by en roerbraai vir 5 minute.
Voeg die sousie by. Kook en roer tot die sous begin borrel en verdik. Kook dan vir nog 1 minuut.

Bedien die chow mein nou op die noedels.




MOLE-SOUS

 


MOLE-SOUS
Mole-sous is ’n Mexikaanse sous. Die naam verwys na verskeie variasies van hierdie resep. Die Spaanse uitspraak vir “mole” klink soos “moolie”. Bedien dit met vleis of pluimvee.
3 stingeluie
2 skoongemaakte knoffelhuisies
2 jalapeno’s
5 ml gemaalde komyn
20 ml kookwater
60 g donker sjokolade
1 geskilde piesang
sap van 1 suurlemoen
sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas die stingeluie, knoffel, jalapeno’s, komyn en water in ’n voedselverwerker en maak fyn.
Krap die sous uit in ’n verhitte pan en kook tot die vloeistof verdamp het.
Gooi dit nou terug in die voedselverwerker saam met die sjokolade, piesang en suurlemoensap.
Verwerk tot fyn.
Geur met sout en peper na smaak.




NIEL’S “PLAT POT” PEPPER STEAK PIE

plat pot pepper steak 1plat pot pepper steak 2PLATPOT_ntested

NIEL’S “PLAT POT” PEPPER STEAK PIE

1 pkt today puff pastry
700g of tenderized steak
1 onion
2 tablespoons masala spice
1 tablespoon barisharp spice
1 tablespoon cumin power
1 tablespoon baking power
1 egg
1 tablespoon black and white pepper
1 cube knorr beef stock
3 finely grated carrots
100g sago
100g cake flour
garlic to taste
ginger to taste

Roll out the pastry dough over the flour on a board. Make sure the doughs’ size is larger the than the pot. Spray the pot with spray n cook. Gently put the dough inside the pot and make sure the dough comes up the sides of the pot with a slight overhang. In another pot over the coals or stove start with….
Oil the pot. Once hot and the onions garlic and ginger. When ready add the spices. When you smell the aroma add your cubed steak with salt to taste. Brown the meat and add, 500ml of water. Remember we want the steak to be a soft as possible so add the baking powder now. Add carrot and pepper. I added cubed potato and cracked peppercorns to my pot. But it’s your choice. Reduce the heat and let the process continue for 40min. make sure water level is above meat in the pot. Add sago and stock and simmer another 30min. taste pot checking the favors excites you. I added a pinch of cayenne pepper. Once meat is ready remove pot from heat and let it cool down.
With your pastry lined pot add your ingredients. Now fold he excess dough into the center of the pot covering the ingredients. Crack the egg and whisk it. Now gently brush the top and make sure the surface is coated. By this time the fire is gone and you left with coals. Spread the coals leaving a circle with no coals the size of the pot. Now place the pot on the grid and put a few large pcs of coals on the lid of the pot. Make sure you don’t open the pot as the ashes will fall in side. So leave the lid on and blow off the ash. I removed the pot after 40mins remember no direct heat at the bottom.
Lastly remember to you can put any filling in like with any pie. This was my 2nd pie over the coals in a pot. i hope you enjoy.

Bron: Niel Moodie




KERRIEPIESANG FRIKKADELLE


KERRIEPIESANG FRIKKADELLE

1 kg maalvleis
5 snye wit brood, in 500 ml aftreksel geweek
2 eiers
sout
peper
½ teelepel fyngemaalde naeltjies
½ teelepel fyngemaalde neutmuskaat

Voeg alle bestanddele saam en meng goed.
Vorm balletjies, rol in meel en pak in ’n gesmeerde oondbak. Enige orige vloeistof kan ook in die bak gegooi word. Bak in ’n oond tot gaar.

Kerriepiesangsous:
500 ml asyn
500 ml water
1½ eetlepel kerriepoeier
1 eetlepel borrie
3 eetlepels fyn appelkooskonfyt
2 eetlepels suiker
2 eetlepels meel
sout
peper
12 piesangs, gekerf
5 uie, gerasper
botter

Braai die uie in botter.
Maak die meel aan met die asyn en water. Voeg geleidelik by die uie.
Voeg die kerrie, borrie, konfyt, suiker en 6 piesangs by.
Kook tot die piesangs sag is.
Strooi die ander piesangs oor die frikkadelle en gooi die sous oor.
Bak tot alles lekker warm is.

Foto en resep:  Elize de Kock




HOEKOM SKUIM AFSKEP AS JY KONFYT KOOK?

KONFYTn (1)

HOEKOM SKUIM AFSKEP AS JY KONFYT KOOK?

Ansie Cronje

My ma het my geleer dat as jy konfyt kook moet jy die skuim afskep? Wat is die skuim en hoekom moet dit afgeskep word? Ek kook tamatie konfyt.

Hester Londt Erasmus
– die skuim is resultaat van die kook proses. Die rede hoekom jy dit afskep is om die “suurstof bubbles” weg te kry. As jy dit bottel is suurstof die ding wat konfyt laat muf. EN as jy die skuim nie afskep nie, maak dit “blotches” in die konfyt en dan lyk dit nie mooi helder nie – jy het wit spikkels in die konfyt. As jy steriel werk met jou bottels en WARM bottel en seel sal dit nie muf as jy tot op regte temparatuur gekook het nie, maar dit lyk mooeier as jy skuim afskep.

Petro Borchard
Daar is van die konfyte wat baie min skuim maak en ander wat erg baie maak. Ek skep dit altyd af want dit lyk net nie mooi nie. Ek benut die “skuim-konfyt” wanneer ek granola maak (ipv stroop) en as ek van daai pan-koeke maak waar jy konfyt oor die koek moet smeer en deeg krummels bo oor dit – jy sien dan nie hoe die konfyt lyk nie.




ANNELIZE SE MIKROGOLF VLASKYWE

13240605_617698761738260_630240855870426017_ntested

ANNELIZE SE MIKROGOLF VLASKYWE
250 ml suiker
125 ml vlapoeier
1 liter melk
20 ml vanilla geursel
1 pak cream crackers
Bolaag:
1 koppie versiersuiker
bietjie suurlemoensap
2 eetlepels warmwater
Meng die suiker en vlapoeier in diep mikrogolfvaste bak.
Voeg die melk en vanilla geursel by. Meng goed en mikrogolf op hoog vir ongeveer 8 – 10 minute – roer na elke 2 minute.
Pak cream crackers onder in bak, sit warm vulsel op cream crackers en dan weer laag cream crackers bo-op. Laat koud word. Meng die versiersuiker, bietjie suurlemoensap(so squirt uit botter) en warm water.
Smeer bo-oor koue tert.
Die bruin op foto:
Het sommer bietjie sjokolade roomys sous wat ek in yskas gehad het bo-oor gespuit
Resep en foto: Annalize Dorfling Volschenk