GIDEON SE SKOTSE EIERS

skotse eiersntested

GIDEON SE SKOTSE EIERS
Ek het vannaand vir ons skotse eier gemaak dit was n bietjie moeite maar heerlik
4 eiers gaar gestoom vir 6 min en afgedop
500 g maalvleis van jou keuse (ek’t my eie skaap maalvleis gebruik)
olie om mee te diepbraai
Meel om in te rol

Deel die maalvleis in vier ewe groot dele
Maak dit plat in jou hanpalm en plaas die gaar eier bo op rol en draai tot die eier heel toe is in die maalvleis, rol dan in meel
Doen so met alle eiers en plaas dan in die vrieskas vir +- ‘n half uur,  diep braai vir +- tien minute of tot mooi bruin

Foto en resep:  Gideon Louw




SANDRA SE HEERLIKE KOEKSISTERS

koeksusters2_ntested

SANDRA SE HEERLIKE KOEKSISTERS
Heerlikste “crispy”sappige Koeksisters
Stroop:
Kook die onderstaande vir ongeveer 10minute saam
6 koppies suiker
3 koppies water
2 eetlepels stroop

Haal stroop van die stoof af en voeg onderstaande by
Knippie kremetart
Laat yskoud word voor jy bak.
Meng die volgende saam:
4 koppies koekmeel
6 eetlepels bakpoeiers
1 teelepel sout
2 eetlepels margarien
Meng apart 2 eiers met 1½ koppie melk.
Vryf nou margarien met vingers tot fyn in mengsel van koekmeel bakpoeier en sout en begin dan eier en melkmengsel bymeng en knie die deeg vir 10min lank. Maak toe met klam lappie en laat staan vir 3 ure en begin bak!
Resep en foto: Sandra Uys




ANNA SE FUDGE RESEP

fudge5_ntested

ANNA SE FUDGE RESEP
2 Koppies Suiker
1 Eetlepel Stroop
1 Blik kondensmelk
2 Eetlepels botter
Spuit bak met spray n kook.
Spoel kastrol uit en los eetlepel water in pot.
Gooi botter en stroop en suiker by.
Plaas op stoof en laat kook op kae hitte tot suiker gesmelt het, haal van plaat af.
Voeg kondensmelk by en plaas weer op stoof.
Kook op lae hitte tot dik en donker word maar roer baie dat nie brand.
Gooi in bak en laat afkoel en sny.
Mens moet net vinnig werk want dit word vinnig hard.
Geniet die kook!!!!
Bron: Anna Korff




AMBERS VANILLA CAKE

velvet koek_ntested

AMBERS VANILLA CAKE
Ingredients:
2 eggs
1 cup sugar
1 cup oil
1 cup buttermilk
1 tsp vinegar
1 cup boiled water
1 tsp vanilla
2.25 cups flour
1 tsp baking powder
1 tsp bicarb
Salt
Method:
Sift dry ingredients together

Beat eggs and sugar till light and fluffy. Add oil and beat again. Add buttermilk and mix lightly. Now add vinegar, vanilla and water.

Mix in dry ingredients. Dont over mix.

Bake appr 25/30 minutes or till done.
Bron:Amber Cosby




VIER VAN ALLES POEDING

4 van alles_ntested

VIER VAN ALLES POEDING
4 eetlepels meel
4 eetlepels suiker
4 eetlepels appelkooskonfyt
1 koppie melk
½ koppie olie
1 teelepel koeksoda
knippie sout

Voeg al die nat bestanddele by mekaar, meng goed.
Voeg al die droe bestanddele bymekaar.
Meng die twee goed in ‘n mengbak.
Plaas dit in ‘n glas oondbak.
Bak vir 30 – 35 min op 180°C.
Bron: Andolien Fourie




MARIE SE VINNIGE PLAATKOEKIES

plaat koekies_ntested

MARIE SE VINNIGE PLAATKOEKIES
Vinnige plaatkoekies klein resep lewer so 10.
1 koppie koekmeel
1 eier
2 eetlepels suiker
2 teelepels bakpoeier
¾ koppie melk
knippie Sout
2 teelepels gesmelte botter

Klits al die beslag saam, ek het my elektriese klitser gebruik. Jy kan die beslag dubbeld aanmaak as jy wil.
Spuit jou pan met spray en cook.
Bak oor baie lae hitte, ek het my stoof op 3 gehad.
As dit bubbels maak kan jy dit begin omdraai.
Foto: Marie Rheeder Troskie




JOHANITA SE 7 MIN RINGKOEK

ring_ntested

JOHANITA SE 7 MIN RINGKOEK
2 eiers
2 eetlepels olie
1 teelepel vanielje
1 koppie water
2 eetlepels kakao
1 koppie koekmeel
2½ teelepels bakpoeier
1 koppie suiker
¼ teelepel sout
Klits eiers, olie, vanielje en water saam.
Sif kakao, bakpoeier, suiker en sout saam.
Meng alles deeglik saam en giet in gesmeerde gelring.
Bak 5 – 7 minute in mikrogolfoond.
Keer dadelik uit laat afkoel.
Versier volgens eie keuse.
Resep en foto: Johanita Reinhardt
2de foto:  Meisie van der Colff




JAMES SE PASTA EN SPINASIE

pasta James Gillespie_ntested

JAMES SE PASTA EN SPINASIE
• 600 g jongtamaties, heel of gehalveer
• 1 eetlepel druiwepitolie
• 500 g rou linguine pasta
• 200 g jongspinasieblare
• varsgemaalde swartpeper
• olyfolie
• 100gr of na smaak gerasperde parmesaankaas(onthou dit is jou sout in die dis)
• 1koppie vars pietersielie fyn op gekerf

Sit die spinasie blare in jou opdien bak. Kook pasta volgens aanwysings tot al dente. Pak die tamaties in n oondbak en besprinkel met die druiwepit olie bak dan op hoogste verstelling tot die tamaties net bars. Gooi dan die warm pasta bo oor die spinasie blare en so 2 skeplepels van die pasta water ook. Voeg tamaties onmiddellik by en meng saggies alles deur sodat spinasie effens verwelk. Geur met swart peper. Rasper die parmesaan bo oor en voeg die pietersielie by. Meng weer deur. Sit dadelik voor.
Bron:James Gillespie




MATHILDA SE PIZZA DEEG

deeg_ntested

MATHILDA SE PIZZA DEEG
800 ml koekmeel
sout
50 ml olie
15 ml bakpoeier
300 ml water en melk om die helfte

Meng droë bestanddele. Meng melk water en olie. Maak holte in droë mengsel en gooi vloeistof by. Meng goed deur. Werk op blad wat meel bestrooi is. Knie goed. Laat rus net paar min en rol uit. Ek maak sommer so lang rol, trek kante toe en werk dit met vingers pan vol. Heerlike degie!!!! Maak en geniet en sit bo-op waarvoor jy lus is. Bak so 25 min, ek loer altyd onder een hoekie of degi effe bruin raak.
Bron: Mathilda Van Tonder Leslie




NICOLIENE SE SOUTTERT IN BOLLETJIES PAN

sout tert_ntested

NICOLIENE SE SOUTTERT IN BOLLETJIES PAN
454g viennas
227g kaas
2 eetl gekapte uie
1 eetl gekapte vars pietersielie (minder as droog)
Meng
3eetl koekmeel en
3 teel mosterd
Met ‘n bietjie van die onderstaande 1 koppie melk om ‘n loperige pasta te maak.
1 koppie melk
Sout en peper en ander spices soos verkies
4 eiers
Voeg res van die melk by meel pasta
Voeg sout, peper en spices na smaak by
Voeg eiers (geklits) by.
Meng hierdie mengsel by snipper mengsel.
Gooi in gesmeerde tertbord en bak +-40min by 180 C of in bolletjies pan

Bron:Nicoliende de Waal