LEANDRI SE PAP EN WORS PIZZA

pap en wors_ntested

LEANDRI SE PAP EN WORS PIZZA
Pap en wors pizza- n twist op n classic. Sit oond op 230 grade C en spuit n bakplaat met kossproei. Maak stywe pap(nie krummel nie) of kleilat pap genoeg vir die gesin. Braai hoeveelheid wors vir gesin in pan of op braaier. Druk pap styf in bakplaat . Smeer botter oor die pap gooi blikkie chakalaka oor en dan worsstukkies. Rasper witkaas oor en bak todat kaas gesmelt is dis erg lekker
Resep en foto: Leandri Potgieter




GEBAKTE HOENDER CORDON BLEU PASTA

tested

GEBAKTE HOENDER CORDON BLEU PASTA
2 hoenderborsie, gekook/gebraai en in blokkies/repe gesny
1 koppie spek, gebraai en in blokkies gesny
1 koppie ham, in blokkies gesny
1/2 pak penne pasta, gemaak soos instruksies
1 houer roomkaas
2 koppies room
1 koppie emental kaas, gerasper
1/2 teelepel knoffel flokkies
1 teelepel uie vlokkies
1/2 koppie emental kaas, gerasper
1 koppie broodkrummels
Voorverhit die oond tot 180°C.
Verhit die roomkaas oor middematige to gesmelt. Voeg die room, uie- en knoffel vlokkies by. Sodra dit borrel gooi die koppie emental kaas by en toer tot gesmelt.
In ‘n oondvaste bak, sit die penne pasta onder in. Sprinkel die hoender bo-oor, gevolg deur die spek en die ham. Giet die kaassous oor. Sprinkel die 1/2 koppie emental kaas oor gevolg deur die broodkrummels.
Bak vir so 15 – 25 minute tot bruin en alles warm is.
Bron: Wayne Dugmore Dit is my weergawe op ‘n resep van Chef in Training




PICKLED JALAPENO SLICES

jalontested

PICKLED JALAPENO SLICES
½ cup water
1 ½ cups white vinegar
1 teaspoon coarse salt
¼ teaspoon ground cumin
4 cloves garlic, peeled and left whole (ek sit nie garlic in nie)
8 to 10 large or 20 small jalapeno peppers sliced into thin rings
Combine the water, vinegar, salt and cumin in a large saucepan and bring to a boil over high heat to create a brine. In the meantime, sterilize the jars and lids.
Place 2 cloves garlic in each jar and fill evenly with the pepper rings. Pour the hot brine over the peppers to cover and screw on the lids.
Process in a hot – water bath for 10 minutes to seal. Let cool before storing in the refrigerators for 1 to 2 weeks, or until the jalapeno slices lose their bright green color. They are then ready to eat.
Foto: Petro van Genderen




PETRE SE MACARONISLAAI

slaai7_ntested
PETRE SE MACARONISLAAI
Macaronislaai soos my ma dit altyd gemaak het…
(Aangepas vir 2 persone)
1/4 pak macaroni (gekook in water, sout en bietjie olie tot sag)
1/4 ui gekap
(Ek het n eetlepel groen, rooi en geel gekapte soetrissies van elk bygevoeg)
1 pakkie of blikkie All Gold tamatie pasta
Grof gemaalde swarpeper
Bietjie sout
Suiker na smaak..
Braai gekapte ui tot deurskynens in n bietjie olie…. voeg tamatiepasta, bietjie sou en gemaalde swartpeper by. Voeg n bietjie water by om dit souserig te maak.. kook goed deur en voeg dan suiker na smaak by. Meng goed met gekookte macaroni…

Bron en foto: Petré Van Jaarsveld




VARK IN DIE WEBER

tested
VARK IN DIE WEBER
Bestanddele:
1.5kg Vark maag (pork belly)
1 ui gesny
Growwe sout en peper
Tiemie

Basting sous
1/2 koppie bruin suiker
2 eetlepels knoffel
2 eetlepels worcester sous
1 koppie water

Kook alles saam en laat af koel

Droog rub vleis met sout en peper vir 2ure
Plaas vleis op tiemie met uie
Braai in toe weber in pan indirek vir 2 ure
Braai verder op weber en baste met sous en draai reelmatig vir 20 min tot bruin direk
Laat vleis rus vir 30min

BRON: Cecil Dunhin




MIKROGOLFWENNER SE VLAKOEK

 

MIKROGOLFWENNER SE VLAKOEK
Beslag 250 ml water
100 ml botter / marg
4 eiers
400 ml witsuiker
500 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
10 ml sout
vanilla
Vulsel –
500 ml melk
75 ml vlapoeier
sout
125 g botter / marg 250 ml
strooisuiker
5 ml vanilla
paar druppels amandelgeursel
[HALVEER BESTANDDELE EN MAAK ELKE KOEKLAAG APART AAN! Glo my, dit flop as dit saam aangemaak word en in 2 panne verdeel word. Het dit ook op die moeilike manier geleer 🙂 ]

Mikrogolf water en marg in diep bakkie by 100% krag. Klits eiers en suiker tot lig en sponsagtig. Sif meel, bakpoeier en sout saam en vou by eiermengsel. Voeg water en vanilla by em meng liggies tot ‘n dunner beslag. Bak by 100% vir omtrent 5 min. Laat afkoel in pan. Maak 2e koeklaag aan en halveer byde wanneer afgekoel. Vulsel – Verhit 400ml van melk tot kookpunt. Maak vlapoeier met res van melk aan en voeg sout by. Klop dit by kookmelk en verhit tot dik en gaar. Laat vla afkoel en roer gereeld om te keer dat daar ‘n velletjie vorm (ek hou van my velletjie,so ek los myne net om af te koel!) Verroom botter en strooisuiker en voeg geursels by. Klop dit geleidelik by koue vla. Smeer die vulsel tussen koeklae en aan die kante.

Geplaas deur Cheryll Geldenhuys




NADIA SE MINI QUICHE CUPS

mini_ntested

NADIA SE MINI QUICHE CUPS
Ek het die idee op Pinterest gekry. Ek het brood gevat en die korsies afgesny en dit plat gerol met ‘n koekroller en dit dan in ‘n muffinpan gesit. En dan bak jy dit vir so 3 min. Anders as jy die eiermengsel net so ingooi, gaan die brood die eier opsuig.
Eier mengsel:
1 pakkie spek
1 koppie kaas, gerasper
1 leek
sampioene
250 ml room
4 eiers
sout en peper

Braai die spek, sampioene en leek saam. Laat dit bietjie afkoel. Meng dan saam met die kaas, room en eiers. Skep in die brood doppies en bak vir 15 min by 200°C.
Ek het sommer ‘n vinnige mengelslaai daarby gemaak.

Resep:  Nadia Thölix




RENTIA SE BAKPOEDING MET SOUS

tested

RENTIA SE BAKPOEDING MET SOUS
1 eetlepel margarine
1 koppie appelkooskonfyt
1 teelepel koeksoda opgelos in n koppie melk
6 eetlepels hoogvol bruismeel
Knippie sout
1 teelepel fyn gemmer
2 teelepel asyn

Meng alles en skep in n 2 lt bak,  strooi 1 koppie bruinsuiker en 3 koppies kookwater bo-oor deeg.
Bak 30 minutes by 180 ºC tot goudbruin en gaar.
Poeding maak ‘n dik sous onder in die bak.
Bron: Rentia Stumke




HENDRIK SE BEESSTERT MET BRANDEWYN

bees stert_ntested

HENDRIK SE BEESSTERT MET BRANDEWYN
1 Kg Beesstert
100 ml olyfolie
2 Uie gekap
8 Wortels in ringe
2 Seldery stingels in skywe
50 ml Brandewyn
250 ml Rooiwyn
500 ml beesvleis aftreksel
2 Lourierblare
6 Kruienaeltjies
2 Knoffelhuisies
Tiemie, pietersielie, sout en peper na smaak
2 Tamaties geskil en gekap
Gerasperde skil van n lemoen

Verhit olie in pot en braai uie en seldery tot bruin en haal uit
Verbruin Beesstert
Maak Brandewyn warm, gooi oor stert en steek aan die brand.
Gooi wyn in sodra vlamme dood is en kook paar minute.
Gooi genoeg aftreksel oor om vleis net te bedek.
Gooi res van bestanddele oor en prut oor lae hitte vir 3 ure.
Laat afkoel en skep oortollige vet af.
Sit tamatie en lemoenskil by, prut verder vir n uur.
Resep geplaas deur Hendrik Markgraaff‎
Foto: Hendrik Markgraaff‎




WIKKIE SE KARE PAN

lekker dingntested

WIKKIE SE KARE PAN
Kare Pan is Japanese fried bread.
3 koppies meel
5 g gis
1 koppie melk
¼ koppie water
2 eetlepels botter
2 teelepels suiker
2 teelepels sout
1 eier
bietjie melk
krummels
olie vir die deeg

Plaas gis, sout en meel in mengbak. Verhit melk, suiker en botter, gooi in meel en knie goed. Laat rys en knie twee keer af. Vorm ‘n wors en sny in 16 stukke, rol in balletjies. Rol elke balletjie met die roller dun uit en skep vulsel in, knyp bymekaar en laat rys om alle oop stukkies mooi te seël. Doop in eier en dan krummels en plaas so 15 min in vrieskas om te set, bak in olie tot gaar, Ek het die resep saamgestel uit ‘n paar wat ek gegoogle het en uitgetoets het. Gevul met bobotie mince wat mens aanpas soos jy daarvan hou.
Resep: Wikkie Tap