SNOEK PIE


SNOEK PIE
about 8 medium sized potatoes boiled, mashed
approximately 2 handfuls of shredded left over snoek
1 red onion, diced
1 half peppadew, diced
about one cup of grated Cheddar cheese
salt and pepper to taste
1 tablespoon Cilantro seasoning 

Mix all the filling ingredients together except for the cheese and potato that you have mashed, keep one side.
Spoon into a prepared oven dish and spoon the mash over this filling as for when you make shepherds pie, than lastly add the grated cheese over the top of the mash so that it is fully covered with cheese of your choice.
Bake for approximately 15 min. due to the ingredients cooked, it shortens the baking time, at 180ºC
Serve with salad of choice and good company.
Photo: Magrietha Beukes




HEELPIT MIELIE MUFFINS


HEELPIT MIELIE MUFFINS
150 ml vars of gevriesde heelpit mielies
100 ml melk
225 g bruismeel
100 ml poeierbiltong (selfgemaakte biltong sommer fyn geraper)
3 eiers, liggies geklits
80 ml gesmelte botter
½ teelepel sout

Meng 100 ml mielies en die botter saam met die melk.
Sif die meel en sout in n aparte bak en voeg die biltong, kaas en die res van die mielies by en meng. Voeg die eiers by die melk en botter mengsel. Vou dit in by die meelmengsel. Moenie oor meng nie.
Vul die holtes 3/4 vol van ‘n gespuite silikon pan met twaalf holtes.
Bak vir 20 tot 25 min in ‘n voorverhitte oond op 200ºC of totdat ‘n toetspen skoon uitkom.
Ons het ekstra filo deeg strokies wat ons ekstra gehad het die pannetjies mee uitgevoer en toe die deeg ingeskep.
Ons het dit saam met botter en konfyt geniet.
Ek’t ‘n bietjie meer biltong smaak verwag, was maar effens.
Foto: Gideon Louw




3 INGREDIENTS FUDGE


3 INGREDIENTS FUDGE
510 g white milk dark chocolate
400 g condensed milk
400 g oreo cookies
chopped
any filling of your choice
I used yoghurt nubs

In a microwave bowl, mix the chocolate with condensed milk and melt in the microwave for 15-seconds at a time. Once chocolate is fully melted, add in chopped cookies and stir until combined. Pour chocolate mixture into a paper-lined (20×20 cm) baking tin.
Chill for 2 hours or until the fudge is firm. Cut into bite-sized pieces.Enjoy!
Photo: Portia Hoffman




AVOCADO, PINEAPPLE AND PRAWN SALAD


AVOCADO, PINEAPPLE AND PRAWN SALAD
2 avocados, cut into chunks
2 small red chilies, seeded and finely sliced
½ small pineapple, peeled and diced
½ cucumber, seeded and sliced
½ red onion, finely sliced
a good handful each of fresh coriander and mint leaves
2 tablespoons fresh lime juice
sea salt
1 tablespoon vegetable oil
12 cooked prawns, defined. (You can peel and cut them if you like)
lettuce, optional
Cherry tomatoes, optional
**Can be served on bed of lettuce with cherry tomatoes**

Gently toss the avocados, chilies, pineapple, cucumber, red onion, coriander and mint with the lime juice, a decent amount of salt, the oil and prawns.
Taste for seasoning.
Then toss the salad on a large plate (or individual plates) and serve.
**Different cooked seafood can be used in this dish.
Photo: Chireen Buitendag




MAGDE SE KORSLOSE SOUTTERT


MAGDE SE KORSLOSE SOUTTERT
24 kolwyntjie grootte of 2 groot terte (22 cm)
300 g spek, fyngekap en gebraai
1 groot ui, fyngekap en saam spek gebraai
1 blik suikermielies
1 blik bully beef, fyngemaak
300 g gerasperde kaas
20 ml fyn pietersielie
100 ml koekmeel
10 ml mosterdpoeier
300 ml melk
6 groot eiers, geklits
sout en peper na smaak (Ek het bietjie laventel speserye by gegooi.)

Meng alles en skep in voorbereide panne.
Bak vir kolwyntjies vir 25 minute en 35 minute vir groot terte by 180 ºC.
Nota:
Dit vries heerlik. Die kleintjies in ‘n plastiekbak met waspapier tussen in.
En die grotes net goed toemaak met glad wrap en ek’t al myne 6 weke in vrieskas gehou.
Foto en resep: Magde Van der Kolff




BLOMKOOL IN WIELE


BLOMKOOL IN WIELE
1 blomkool, in wiele gesny
Plaas die skywe wat omtrent 25 mm dik is en ook die los stukkies in ‘n gespuite oondpan.
Sprinkel dan daaroor:
ruim olyfolie
ruim Italian herbs
sout
gemaalde swartpeper na smaak
2 eetlepels “crushed garlic”

Bak in ‘n voorverhitte oond op 180 ºC vir 40 min,  verwyder en sprinkel gerasperde kaas daaroor en rooster vir ‘n paar minute tot kaas gesmelt is.
Foto: Gideon Louw




GROENTE FRITTATA MET GEBRAAIDE HOENDER REPIES IN SALTICRAX KRUMMELS


GROENTE FRITTATA MET GEBRAAIDE HOENDER REPIES IN SALTICRAX KRUMMELS
2-3 koppies groente van jou keuse gebraai (ek het seldery, rooi uie, ertjies, mielie pitte, peppadew, groen peper gebruik)
1 koppie gerasperde Cheddar kaas
8 eiers geklits met 1 koppie melk (ek het ook ½ koppie vars dik plaasroom bygeklits)
sout, peper, na smaak

Skep die gebraaide groentes in oondbak wat gespuit is met Cook amd Spray.
Gooi die eier en melk mengsel bo-oor en sprinkel die kaas bo-oor.
Bak in voorverhitte oond by 180°C vir so 30 min of tot opgepof en gaar.
Ek het in my konveksie oond gebak.

Hoender repies gemarineer in bietjie suurlemoensap, olyfolie, knoffelpoeier, rooipeper, gerookte paprika en gedroogde tiemie vir 30 min. en dan in gebreekte Salticrax beskuitjies gedruk.
Laat staan in yskas vir so 15 min voordat in vlak olie teen medium temperatuur gebraai word tot hoender net gaar.
Foto: Elsabie Templeton




TUNA NOEDELSLAAI


TUNA NOEDELSLAAI
1 ui, fyngekap
1 tamatie, in blokkies gesny
1 blikke tuna, gedreineer
gaar pasta van jou keuse, ek het skulpies gebruik
omtrent ‘n koppie mayonnaise- hoeveelheid volgens smaak

Meng alles saam en laat afkoel in yskas vir so uur voor bediening.
Sout en peper kan na smaak bygevoeg word maar ek het nie bygegooi nie, want vir ons was dit nie nodig nie.
Foto: Juanita Vermeulen




KOESISTERS


KOESISTERS (Ek kry omtrent 3 dosyn uit hierdie resep)
6 koppies koekmeel
1 pakkie yeast
knippie sout
1 eetlepel anys
80 ml suiker
1 eier
1 koppie lou water
1 koppie lou melk
60 ml gesmelte botter
klapper

Stroop:
3 koppies suiker
1.5 koppies water
kaneelstok
Kook alles saam tot dit borrel.

Plaas al die droë bestanddele in ‘n mengbak en los die gis op in lou water.
Laat staan 5 minute.
Meng eier, botter en melk saam.
Meng by droë bestanddele saam die gismengsel. Knie vir 10 min. Laat rys vir ‘n uur.
Maak balletjies en braai in diep olie tot bruin. Doop in warm stroop en sprinkle met klapper.
Foto: Suzanne Petersen




IDEES MET PATATS


IDEES MET PATATS
Wilna Ruthven Davel:
Patats met muskadel:
2 kg patats
375 ml karamelsuiker
250 g botter
250 ml wit muskadel

Skrop die patats en druk goed droog. Skil die patats en sit dit in ’n bak met suurlemoenwater. Sny die patats in growwe stukke en pak ’n laag patats in ’n groot swaarboompot. Sprinkel ’n lagie suiker oor en stip met botter. Pak nog ’n laag patats, gevolg deur ’n lagie suiker en ’n paar klontjies botter. Herhaal die lae totdat die bestanddele op is.
Giet die muskadel oor en sit die pot op die stoof. Verhit tot kookpunt en verlaag dan die hitte totdat die patats saggies prut. Bedek en prut die patats baie stadig vir ongeveer 2 uur totdat die patats sag is (die kooktyd sal afhang van hoe grof die patats gesny is).
Haal die deksel af en laat die patats vir ’n verdere uur prut totdat die vloeistof amper alles afgekook en die patats gekaramelliseer is. Lewer 10 porsies.

Juanita Loubser
Patatrol:
Fyn gekookte patat. Smeer in skilferkors. Rol op en sny in skywe. Pak in oondbak. Gooi room en kaneelsuiker oor. Bak tot deeg gaar is.

Elzie Pieterse –  Patat mash

Debbie du Plessis
Sny patat rou in blokkies met neutmuskaat, sout en peper.
Gooi 250 ml room oor en bak in oond teen 160ºC vir 20 min.
Roer en draai patats en bak verder vir so 10 na 15 min. Of tot sag.

Gerda Venter
Patat en spinasie gebak: Pak patats as kors in bak sit in oond en braai uie en knoffel met spinasie. Meng feta kaas met klapper melk en eiers en gooi oor spinasie en patats. Strooi Cheddar kaas bo-oor en bak in die oond. Baie lekker.

Elzette Calitz
Ek is altyd die odd-one-out ek hou nie van soet kos nie!!! So ek sny die patat in skywe nie te dik nie. Kook tot lekker sag. Gooi bietjie olyfolie in ‘n oondskottel en strooi speserye van jou keuse. Ek gebruik Ina Paarman se lemon en black pepper en veggie spice. Pak patat skywe en strooi speserye oor. Plaas in oond, bak teen 180°C tot goudbruin. Dit is heerlik!!! Die natuurlike soet van patat is nog daar maar nie oorheersend nie.

Rosina Gerber en ook foto:
My dogter gemaak ook vir ‘n snoekbraai… rou patats gesny met lae bruinsuiker, knippie sout tussenin en lemoensap oor gegooi,  klontjies margarien in gesit en toegemaak met tin foelie. Bak in die oond tot sag en met mooi kleur.

Chris En Zandria Clarke
Soet patats met marsmallows:
Kook blokkies patats tot sag, sit in ‘n eetlepel botter.
Voeg stroop/heuning by tot begeerte. Strooi bietjie kaneel oor.
Vat ‘n hand vol pienk en wit marshmallows, roer in tot gesmelt… Dis hemels!

Leonie van Eeden
Ek kook my patats in sout water en dan sny ek dit in skywe. Pak in gesmeerde oondbak met klontjies botter, karamel suiker oor als gestrooi. Maar ek pak dit in lae. En dan gekrummelde gemmerkoekies bo-oor en tussen in ook. Jy kan bietjie room ook inmeng.

Madeleine Scholtz
Maak patats gaar. Pak in oond bak en krummel gemmerkoekies oor, dan gouestroop en bruinsuiker en stip met botter. Sit foil oor en bak so 30 min. Heerlik!

Mari Krige Burger
Pak geskilde patatringetjies bo-op foelie in ‘n glasbak. Stip met botter en gooi knippie sout oor en bruin suiker na smaak. Gooi Amarula (± 1 kop) oor, maak foelie toe oor dis en bak teen 180°C vir ‘n uur.

Annabell Welthagen
Ek nou net karamel patats gemaak. Kook patats in bietjie melk so 1 koppie op ‘n kilogrm patats, so bietjie suiker en 1 teelepel koeksoda en 1 eetlepel heuning. Dit kook baie sag en word mooi bruin, ek skat maar my bestanddele met die oog. Daar is resep iewers op die blad ek dink dis gestoofde patats maar dis heerlik.

Christo Wolvaardt
Gemmerkoekies onder – gekookte patats gemash bo-op koekies en dan caramel blokkies sweets bo-op, plaas in die oond tot alles gesmelt en bedien.

Zellie Vermaak
Kook sag, gooi suiker en botter oor, “mash” en sit in die oond met marshmallows bo-oor.

Pieter Coetzee
Waarvoor is die koeksoda in patats?
Annabell Welthagen
Dit help om dit bruin te maak, saam met die melk bruis dit so op en van daar af verkleur dit na bruin.

Rina Botha
Kook patas gaar, maar gooi kwart koppie room by met so 1 dessertlepel maple stroop, bruinsuiker na smaak, ‘n mespunt gemmer en knippie sout. As gaar is, gooi botter by, maak fyn of los in stukke. Bedien met rys en groen gebraaide boontjies, aartappels na jou smaak en heerlike krummel steak met ‘n monkey gland sousie.

Lydia Seegers
Probeer gerus. 2 groot patats in ringe gesny met skil. Stip bietjie botter onder in’n oondpan. Pak die patatskywe bo-op die botter. Drup bietjie stroop oor die patats, bedek met foelie en bak in ‘n warm oond by 180ºC vir +- 45 min. Verwyder die foelie en pak 1 groot pak pienk en wit Marshmallows bo-op die patats. Bak vir ‘n verder ½ uur in die aand sonder die foelie. Heerlik