HOENDER STROGGANOFF


HOENDER STROGGANOFF
1 kg hoender fillets, in repies gesny
speserye en knoffel en kruie
sout
1 koppie volroommelk
1 potjie vars room
4 eetlepel koekmeel
1 groot uie, gekerf
1 pakkie sampioene, afgewas en in skyfies gesny
Gooi jou speserye, knoffel, kruie en bietjie sout oor die repies en vryf in.
Braai jou hoender repies in vlak olie tot mooi bruin. Skep uit.
Braai jou uie tot sag voeg sampioene by en braai vinnig met bietjie sout.
Gooi die potjie room by die sampioene en uie en prut.
Meng jou meel met helfte van melk tot ‘n gladde mengsel.
Voeg sout en peper na smaak by.
Gooi dit stadig by sous mengsel en roer aanhoudend tot verdik. Gooi res van melk by.
Prut so 3 min. Voeg nog melk by as dit te dik is en roer weer.
Haal van stoof af.
Skep jou kapokaartappels in bord. Ek’t myne nie te pap gemaak.
Skep jou hoenderrepies op die kapokaartappels of langsaan.
Skep die sampioen uiesous bo-oor.
Geniet met ‘n slaai of groente.
Foto: Ronell Muller Boshoff









