DEKADENTE GEROOSTERDE KNOFFELBOLLE


DEKADENTE GEROOSTERDE KNOFFELBOLLE
4-5 heel knoffelhuisies
2 eetlepels olyfolie per knoffelhuisie
Vars roosmaryn, tiemie en basiliekruid, na smaak
seesout en swartpeper, na smaak
Balsamiese asyn, na smaak

Haal die meeste papieragtige hulsel van die knoffelbolle af, maar moenie die bolle uitmekaar breek nie;
Neem ‘n skerp mes en sny so bietjie minder as ‘n kwart van die kop van die knoffelbol af.
Sit knoffelbolle regop op ‘n blaai foelie neer.
Gooi 2 eetlepels olyfolie oor elke knoffelbol en kyk hoe die olie in die bol afloop tot heel onder, strooi nou mildelik swartpeper en sout na smaak oor elke ge-oliede knoffelbol.
Drizzle bietjie Balsamiese asyn oor.
Rangskik vars kruie bo-oor elke bol (Tiemie, roosmaryn en basiliekruid).
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Maak die bolle in foelie toe met die blink kant na binne.
Laat rooster nou vir minstens 50 minute in die voorafverhitte oond.
Wanneer jy die bolle oopmaak kan jy dit vir nog 10 minute rooster as jy wil.
Moenie die olie onder in die foelie weggooi nie, dis nou ‘n heerlik geurige olie wat jy kan gebruik soos jy wil.
Jy kan geroosterde knoffelbolle net so eet, ek sal daaraan verslaaf kon raak, op kraakbeskuitjies smeer, met kersietamaties in ‘n pan rooster vir geur of in vleisgeregte gebruik.
‘n Kernbestanddeel in my volgende kookpoging sluit geroosterde knoffelbolle in.
Foto: Dricus Bosman




SKAAPTJOPS-A-LA-ITALIA


SKAAPTJOPS-A-LA-ITALIA
Stap 1:
8 skaaptjops
1 fyngesnyde ui
sout en swartpeper, na smaak
2 eetlepels olyfolie
1 eetlepel botter
vars kruie, na smaak (tiemie, basiliekruid, steranys, roosmaryn)

In ‘n swaarboom pan, ek gebruik gietyster, voorverhit die olie en net voor rookpunt, voeg ‘n eetlepel botter by.
Roerbraai die uie tot sag.
Voeg nou die kruie by en braai dan die tjoppies wat jy vooraf gegeur het met die speserye so 2-3 minute aan ‘n kant. Die tjoppies moenie bleek wees nie, hulle moet mooi goudbruin wees.
Moenie oorgaar maak nie en skep uit om te “rus”.

Stap 2:
‘n handvol vars kruie van jou keuse
3 geroosterde knoffelbolle
500 gram gaar pasta
¼ koppie olyfolie
½ koppie Parmasaan kaas, gerasper
½ wig bloukaas van jou keuse (as jy ‘n bangbroek is, kan jy dit weglaat)

Verhit die olie saam met die vars kruie in ‘n pan.
Haal die knoffelhuisies uit die bolle. As jy dit onder druk spring die gaar knoffel baie maklik uit.
Voeg die knoffel by die kruie in die olie. Wanneer dit begin “sizzle” haal die groen kruie uit.
Voeg die pasta by die olie.
Roerbraai die pasta nou in die olie met die gegeurde olie en knoffel.
Voeg die bloukaas by an laat dit smelt.
Meng goed en voeg Parmasaan kaas by
Hou warm.

Stap 3:
2 eetlepels olyfolie
250 g kersietamaties
vars kruie
sout en baie swart peper met 2 teelepels bruinsuiker

Verhit olie.
Gooi kersietamaties heel in die pan.
Gooi kruie oor.
Strooi suiker oor.
Skud pan oor matige hitte tot die tamaties glansend en gaar, maar nie pap is nie.

Sit nou die spulletjie by mekaar. Op mooi wit dienbord skep jy die pasta, gooi die tamaties oor die pasta en rangskik die tjoppies om die kant van die bord. Gooi ‘n lang glas rooiwyn in, sit terug en gee jou oor aan ‘n smaakontploffing!
Foto: Dricus Bosman




PRUIMKONFYT GEKOOK MET PITTE EN AL


PRUIMKONFYT GEKOOK MET PITTE EN AL
3 kg pruime
3 kg suiker
1 teelepel kremetart

Sny vrugte net in die rondte om,  maar nie oop gebreek nie. Plaas in die groot pot.
Strooi suiker oor en sit op ‘n 3 plaat vir ‘n halfuur.
Sodra die suiker gesmelt het, draai die plaat na 5.
Roer kort- kort.
Na uur en ‘n half was dit basies reg.
Voeg die kremetart by en kook nog 20 min, toets die konfyt op ‘n koue piering.
Kokend warm gebottel.

Nota: Susan Theunissen – Skep jy ook die skuim af.
Nee ek roer dit in, anders is konfyt te soet en verloor smaak. Sodra jy kremetart bygooi, verdwyn meeste skuim en konfyt word nie maklik sandsuiker nie.
Foto: Chantelle Velloen en Hennie Van de Merwe
Nota:  Hettie Wells Berlyn  – Die pitte gee die lekker smaak – ek doen dit met my appelkose ook en bottel met die pitte.




RINIE SE MAYONNAISE HOENDER


RINIE SE MAYONNAISE HOENDER
10 hoender dye
1 pakkie bruin uiesoppoeier
1 ½ koppie mayonnaise
2 eetlepel blatjang
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 eetlepel gekneusde knoffel
½ koppie kookwater
½ teelepel chillieflakes
½ teelepel witpeper
1 teelepel Italian herbs

Rol die hoenderstukkies in die bruinuiesoppoeier en pak dit langs mekaar in ‘n oondvaste bak.
Meng al die ander bestanddele saam en giet dit oor die stukkies hoender in die bak.
Bedek die bak met foelie en bak in ‘n voorverhitte oond op 180 ºC  vir 1 1/2 uur.
Verwyder dan die foelie en bak nog tot mooi bruin ( ±15 min ).
Foto en resep: Gideon Louw




MAALVLEIS PASTAGEREG


MAALVLEIS PASTAGEREG
Foto en resep: Bianca Smit
500 g maalvleis gaar gemaak saam met die volgende:
1 eetlepel tamatie sous
1 teelepel worstersous
1 eetlepel chutney
1 eetlepel bruin uie sop poeier
1 teelepel mosterd poeier
1 teelepel maalvleis speserye
sout en peper na smaak
500 g macaroni, gekook soos op die verpakking

Wit sous
4 eetlepels botter laat smelt in die pot en toe 4 eetlepels meel bygemeng, sout en peper by gevoeg.
Het daarna omtrent 1 en ‘n halwe koppie melk stadig in gemeng tot hy dik genoeg was.
Onder in oondvaste bak bietjie wit sous gesmeer. Toe het ek ‘n laag macaroni in gesit, laag maalvleis, weer ‘n laag wit sous en toe gerasperde kaas, herhaal lae tot bak vol is en vir 40 min by 180°C gebak.  Laat rus ongeveer 30 minute voordat jy bedien.




KARRINGMELK BROODROLLETJIES


KARRINGMELK BROODROLLETJIES
500 g koekmeel
1 teelepel sout
2 teelepel suiker
1 eetelepel kitsgis
300 ml karringmelk
1 extra groot eier geklits
3 eetlepels botter

Sif meel en sout saam. Strooi suiker en gis oor en roer dit in die meel. Vat karingmelk louwarm en smelt botter daarin. Voeg gekitse eier by.
Voeg melkmensel daarby en meng tot sagte deeg.
Knie 5 minute.
Laat deeg rys, wanneer dubbel in grote, knie deeg af.
Sny in lang stroke so 2 cm x 8 lengte, Plaas in voorbereide oondpan.
Bak teen 220 ºC 10 tot 15 minute of tot deur daar.
Foto: Rita Valentine




LEKKER SOUS VIR KAPOKAARTAPPELS EN WORS


LEKKER SOUS VIR KAPOKAARTAPPELS EN WORS
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
rooi, groen en geel soetrissie, na smaak
sampioene, in skyfies gesny
1 blik tamatie en uie smoor
¼ koppie rooiwyn
¼ koppie water
½ pakkie oxtailsoppoeier, aangemaak met ‘n biejie water
1 pakkie tamatie pasta
grofgemaalde peper, na smaak

Ek gooi geen sout by nie – die wors is sout, asook die soppoeier.
Kan ‘n bietjie suiker byvoeg om die surigheid te breek.
Ek braai/kook die wors in die sous.
Foto: Petré van Jaarsveld




LAMSRIBBETJIE


LAMSRIBBETJIE
1 lamsribbetjie, opgesny in groterige stukke en gepak in ‘n oondvaste bak
2 eetlepels Worcester sous
1 teelepel sout
1 teelepel droe knoffelvlokkies
1 teelepel Italian herbs
2 eetlepels blatjang
1 eetlepel suurlemoensap
1 eetlepel suiker
1 teelepel chillieflakes
1 teelepel growwe gemaalde swartpeper
1 eetlepel sojasous

Meng alles saam behalwe die sout en skep dit oor die vleis wat in die bak gepak is en bedek met foelie.
Bak vir  1 1/2  uur op 160 º C.
Verwyder foelie en strooi die sout oor en bak vir nog ‘n halfuur met foelie op.
Braai dit op grill vir ‘n paar minute met die foelie af.
Was heerlik en sag.
Foto: Gideon Louw




BREYANI


BREYANI
1 kg lamb pieces/ chicken pieces
1 tblsp of lemon juice
2 tsp salt
½ tsp turmeric powder
3 tsp chilli powder
1 tsp garam masala
2 tsp cumin powder
4 whole ealchi
2 stick cinnamon
1 tsp whole cumin
½ tsp saffron essence or few strands of saffron
2 fried onions
½ cup of maas/sour milk
3 grated tomatoes
1 grated onion
1 sachet tomato paste
¼ cup of coconut milk
3 green chillies, finely chopped
4 potatoes, cut and coloured with egg yellow and roasted in the oven on 200 ºC for 35 minutes
1 cup of masoor (black lentils) boiled for 30 minutes with ¼ tsp turmeric and 1 tsp salt
2 ½ cups of rice pre-cooked as per directions on package
¼ cup ghee/butter
¼ cup oil
1 fried onion

Marinate the meat or chicken pieces with the ingredients listed for the marinade.
In a large oven friendly pot add the ghee and butter.
Place in the marinated ingredients and allow to cook (30 to 45 minutes) until meat or chicken is done.
Place boiled masoor (black lentils) over.
Place roasted potatoes over the masoor.
Layer cooked rice on top.
Spread the last fried onion on too mixed with a little food colouring.
Cover with foil and place in the oven. Cook on 180 ºC for 1 hour.
N.B. potatoes can be fried but I prefer it roasted.
Photo: Yasmeen Ibrahim




PETRA SE TUISGEMAAKTE CHAKALAKA


PETRA SE TUISGEMAAKTE CHAKALAKA
2 medium tamaties
1 groterige ui
1/2 blik baked beans*
3 kleinerige wortels
greenpepper
Enige groente kan uitgelaat word en met ander groente vervang word.

Indien wortels uitgelaat word vervang dalk met gevriesde mielies of vars pynappel blokkies vir ‘n effe soeter smakie. Groenboontjies, mielies, ertjies ens kan gebruik word.
* baked beans kan met droë bone vervang word.
Kook sommer die hele sakkie droë bone vooraf en vries in skoon gewaste broodsakkie, skep ‘n porsie en maak ‘n knoop en skep ‘n porsie en maak ‘n knoop.
En met elke gebruik, haal een porsie uit en ontvries.
Kerf groente. Sny die wortels julliene styl. Braai uie en voeg geleidelik ander groente by.
Voeg 1/2 teelepel kerriepoeier by, die volgende is opsioneel:
knippie peper/chillie poeier/paprika.
Gooi baked beans of voorafgekookte droë bone of lensies by en wortels en stoom met deksel tot wortel effe gaar is.
Die resep is soos hierbo geskik vir pasiente met hoë bloedruk, diabetes en hypercholesterolemia.
Indien besluit om saam met brood/stywe pap/ rys/ gaar koring/stampmielies te bedien- neem asb die stysel in ag, indien u ‘n diabeet is.
Foto: Petra van Zyl