POACHED CHICKEN, PISTACHIO AND HERB SALAD


POACHED CHICKEN, PISTACHIO AND HERB SALAD
4 chicken fillets
60 ml fresh lemongrass, chopped
1 x 425 g tin coconut cream
60 ml water
1 red chilli, seeded and finely sliced (or use a finch of dried chilli flakes)
2 cm stem fresh ginger, cut into thin strips with potato peeler
60 ml spring onions, finely sliced
5 ml fish sauce
15 ml honey
60 ml fresh basil, chopped
2 handfuls fresh coriander
60 ml pistachios, shelled
fresh coconut, shaved
juice of 1 lime

Place the chicken and lemongrass in pot with the coconut cream and water over medium heat and cook for 10 minutes without the lid on. Allow to cool in the pot, remove the chicken and slice to desired width.
Place the chilli, ginger, spring onion, fish sauce, honey, lime and basil in a small bowl and stir, allowing the flavors to mix.
Divide the coriander among 4 plates and top with the sliced chicken.
To serve sprinkle the pistachios and fresh coconut shavings and drizzle with the chilli and ginger sauce.
Photo and recipe: Elsabie Templeton




PITTIGE AARTAPPEL WIGGIES


PITTIGE AARTAPPEL WIGGIES
Pittige (spicy) aartappel wiggies
3 medium groot aartappels, (skil aan) gewas en droog gemaak.
Sny in wiggies (aartappel in helfte gesny en elke helfte in 3 gesny).
olyf olie
oondbak wat met Cook and Spray uitgespuit is (maak die skoonmaak na die tyd makliker)
Speserye mengsel:
45 ml Ina Paarman potato spice
5 ml gerookte paprika
5 ml chipotle
10 ml gerookte rissie vlokkies
100 ml olyf olie

Gooi die speserye in plastiek sakkie wat groot genoeg is om al die aartappel wiggies te neem. Gooi die olie by en meng goed deur die sakkie te masseer. Sit die aartappel wiggies in die sakkie en masseer om al die wiggies goed te bedek met die olie mengsel.
Gooi uit in die oondbak en bak by 200°C vir 40 min of tot gaar.
Ek het in my LG Solardom Light oondjie gebak in vooraf verhitte oond by 200°C vir 35 min.
Ek het dit bedien met ‘n Prego steak rolletjies met gekarameliseerde uie en ‘n sagte eier.
Foto: Elsabie Templeton




VARK FILETTE IN INDIVIDUELE FILO PAKKIES


VARK FILETTE IN INDIVIDUELE FILO PAKKIES
Vark filette in filo pakkies
600 g vark filet in 4 gesny
4 velle filo met botter geverf en bo-op mekaar gesit
speserye/kruie van keuse of net bietjie sout en peper
gesmelte botter en kwassie (ek vind ‘n silikoon kwassie maak makliker skoon)

Druk die stukkies filet in koekmeel en braai op al die kante in bietjie olie tot net begin verkleur.
Haal uit pan en laat afkoel. Sny intussen die filo in kwarte en sit bakpapier op bakplaat. Stel oond op 160°C.
Sprinkel speserye/kruie of sout/peper op elke stukkie vleis. Sit ‘n stukkie op elke filo vierkant en vou die punte na mekaar toe. Jy kan dit met kombuis tou vasbind en na gebak versigtig verwyder. Verf nog gesmelte botter op die buitekant van die filo pakkie. Sit op die bakpapier op die bakplaat en sit in oond vir 25-30 min.
Moenie dat die filo te donker bak nie. Dit moet ‘n mooi goudbruin kleur wees. Verwyder versigtig met ‘n eierspaan en bedien onmiddelik.
Foto: Elsabie Templeton




KERRIEGROENTE EN AARTAPPEL POFFERS


KERRIEGROENTE EN AARTAPPEL POFFERS
2 aartappels, geskil en gerasper
½ blik kerriegroente
½ koppie bruismeel
1 ml sout
2 ml kerrie
olie vir diepbraai

Rasper aartappels grof en meng al die bestanddele.
Verhit olie, maar nie te warm nie.
Skep teelepelsvol en bak tot goudbruin.
WENK: perfekte peuselhappie
Foto: Frieda Greyling




PORK BANGER SAUSAGE ROLLS


PORK BANGER SAUSAGE ROLLS
20 ml butter
1 small onion, finely chopped
5 ml dried sage or parsley
400 g pork bangers
50 ml fresh breadcrumbs
1 roll ready-made puff pastry
1 egg, lightly beaten
salad to serve

Melt the butter in a frying pan and sauté the onion until soft. Add the dried herbs and fry for another minute.
Squeeze the pork meat out of the casings and combine with the breadcrumbs and onion mixture.
Unroll the pastry on a lightly floured surface and cut into four pieces. Place an even amount of sausage mixture down one side of each piece of pastry.
Fold the opposite side over the filling to form a sausage roll. Press the long edge together. Place on a baking tray and brush with the beaten egg.
Bake in a preheated oven of 200º C for 20 minutes or until golden.
Serve with salad.
I doubled the recipe.
Photo: Melissa Ann Vermeulen




BOELIEBIEF MUFFINS


BOELIEBIEF MUFFINS
4 eiers
½ koppie melk
75 ml olie
200 ml meel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
1 blik soutvleis, fyn gedruk
1 koppie gerasperde kaas
5 ml fyn uie

Kook 2 van die eiers hard en maak fyn.
Klits 1 van die eiers saam met die melk en olie tot goed gemeng.
Sif meel, bakpoeier en sout in melk mengsel en meng goed.
Skep deeg in muffun pan.
Meng laaste eier, uie, soutvleis, gerasperde eier by en skep vulsel bo op en strooi kaas oor.
Bak 180 ºC vir 15-20 min.
Foto Roni Van Der Walt




OUTJO AARTAPPELS


OUTJO AARTAPPELS
6 middelslag aartappels
375 ml gerasperde kaas
125 ml room
15 ml botter
5 ml sout
1 ml neutmuskaat
knippie peper

Voorverhit die oond tot 200 º C.
Kook aartapels in die skil tot gaar.
Dreineer die aartappels en alveer elkeen dan met skil en al.
Hol elke helfte versigtig met ‘n teelepel uit tot naby die skil.
Druk aartappels wat uitgeskep is, fyn.
Voeg 200 ml kaas, tweederdes van die room, die botter, sout en neut en peper by die fyn aartapels en meng goed.
Vul die aartappelsdoppe met die mengsel en maak ‘n holte in die middel van elke vulsel.
Skep die oorblywende room in die holtes.
Bak 30 min lank of tot goudbruin!
Heerlik!
Foto: Benhet Nieuwenhuis




PADDA IN DIE GAT MET ROU WORS


PADDA IN DIE GAT MET ROU WORS
Foto: Benhet Nieuwenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
200 ml ongesifte koekmeel
1 ml sout
1 eier
125 ml melk
125 ml water
500 g rou boerewors
15 ml botter
Meng al die bestanddele behalwe die wors en botter saam.
Laat beslag 1 uur rus.
Voorverhit oond tot 180 ºC
Prik die wors en plaas dit in ‘n oondvaste bak. Stip met botter.
Verhit dit in die oond tot goed warm.
Skep die beslag oor die warm wors. Bak dit sowat 45 min lank.




KAAPSE BEESKERRIE


KAAPSE BEESKERRIE
25 ml olie
1 kg dikrib
2 uie gekap
1 teelepel matige kerriepoeier
½ teelepel masala
1 teelepel borrie
4 knoffelhuisies, gekap
1 blik gekapte tamaties
1 koppie warm vleisaftreksel
4 aartappels in kwarte gesny
20 pruime (opsioneel)
sout en varsgemaalde swartpeper
25 ml appelkooskontfyt
15 ml suurlemoensap

Braai die vleis in ‘n swaarboomkastrol. Skep uit en hou eenkant.
Sorteer ui in dieselfde kastrol tot sag. Voeg kerrie en masala by en roerbraai tot geurig. Voeg borrie, knoffel, gebraaide vleisblokkie, tamaties en aftreksel by en verhit tot kookpunt.
Bedek en laat ongeveer 2 uur lank stadig kook.
Voeg aartappels en pruimedante by en kook totdat die aartappels sag en gaar is.
Geur met sout en peper en roer die konfyt en die suurlemoensap by.
Kook deur, laat staan rukkie vir die geure om te trou en bedien.
Foto: Benhet Nieuwenhuis




VARK STEAK MET GEKARAMELISEERDE APPEL, DADELS, BRANDEWYN EN UIE SOUS


VARK STEAK MET GEKARAMELISEERDE APPEL, DADELS, BRANDEWYN EN UIE SOUS
Gekarameliseede Appel, Dadels, Brandewyn Uie Sous
¾ appel in blokkies gesny en 12 heel dadels (marineer in ¼ koppie brandewyn vir om en by ‘n uur)
1 klein ui, in half ringe gesny en in botter gebraai tot deurskynend
2 eetlepels balsamiese asyn
3 eetlepels van die brandewyn waarin die appels en dadels geweek het
sout en peper na smaak

Voeg die appels en dadels by die gebraaide uie in ‘n kastrol  saam met die res van die bestanddele en kook/braai tot ‘n dik sous vorm en die appels lekker sag is.
Bedien saam met vark steak.
Resep: Petré van Jaarsveld

Vir die vark steaks het ek die volgende resep gebruik:
http://www.foodloversrecipes.com/2019/01/pork-belly-kebabs/