UNITED COLOURS – PHAD PRIO WAN

IMG_1080_resizetested
UNITED COLOURS – PHAD PRIO WAN
1 Handful meat of your choice (sliced) ek het hoender gevat
1 T chopped garlic
1 E vegetable oil
1 E tomato ketchup
1 E Chilli sauce
1 E oyster sauce
1 E light soy sauce
1 E sugar
Half tomato cut in 2cm squares
Half onion cut in 2cm squares
4 carrot pieces
half handful chines kale cut in 2 cm squares
4 pieces baby corn cut
half handful savoy cabbage cut in 2 cm squares
Prepare all the vegetables on a plate and top with the garlic, tamato ketchup, chilli sauce, oyster sauce, light soy sauce and sugar.
At low heat add the oil into a wok. add the meat and stir fry until half cooked.
add the mixed vegetables and sauces and continue to stir untilthe chinese kale turns dark green. Turn off the heat and serve.

SOURCE: Pum cooking school Phuket
PHOTO: Benhet




LEROUX VAN VUUREN SE BOELIE-BURGERS

20160520_170007tested

LEROUX VAN VUUREN SE BOELIE-BURGERS
1 blik boeliebief
1 blik pitmielies (in water)
5 ml bakpoeier
400 g kaas
½ koppie koekmeel
200 ml room
2 eiers
2 uie (of een groot ui)
300 g spek
sprietuie
sout
peper
olyfolie
blaarslaai
frikkadelbroodjies
heuning
Dijon­mosterd
Kap die spek en uie fyn – Leroux los een stukkie spek heel as garnering.
Braai die spek en uie in ’n pan in die olie.
Breek die eiers in ’n mengbak.
Voeg die helfte van die room by asook die meel en bakpoeier.
Voeg ’n knippie sout en peper by en meng alles deur.
Meng dan ook die kaas, boeliebief en die sprietuie goed deur die beslag.
Voeg laastens die spek­ en uiemengsel by die beslag.
Maak dan koekies met die beslag en bak dit met ’n bietjie olie in ’n pan – dit word die frikkadelbroodjie se “patty”.
Maak ’n lekker sous vir die frikkadelbroodjie deur die res van die room te meng met Dijon­mosterd en heuning. Kook dit so bietjie saam totdat dit dikker word.
Rooster die broodjies op die vuur voordat jy die boelie­burger bou.

Foto en resep geplaas deur Benhet Nieuwenhuis




FLIPPIE SE SOEBAT VISKOEKIES

viskoekiestestedflippe se viskoekies
FLIPPIE SE SOEBAT VISKOEKIES
2 blikkies pilchards
135 g hawermout
1 groot eier
Handvol seldery
30 ml blatjang
30 ml mostert sous
1 wortel gerasper
Worcestersous
Sout en Peper
Meng alles saam en laat 1 uur rus
Maak balletjies, druk bietjie plat rol in meel en bak in vlak olie! !
Foto:  Benhet Niewenhuis en  Sandre Macleod




BAKMENGSEL KAASKOEK

kaaskoektested

BAKMENGSEL KAASKOEK

2 houers roomkaas
150ml suiker
125ml bakmengsel
2 eiers
10ml vanieljegeursel
2 ml fyngerasperde suurlemoenskil
bo laag
250ml suurroom
30ml suiker
5ml vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 180c
smeer ‘n oondvaste tertbord
klits die room, suiker, bakmengsel, eiers en vanieljegeursel en suurlemoenskil saam tot goed gemeng. Giet die mengsel in die tertbord en bak 25-30min op die middelste rak.
Meng die suurroom,suiker en geursel en skep dit versigtig op die warm kaaskoek. Verkoel die kaaskoek minstens 3 ure.

Bakmengsel wenresepte 2
1kg ongesifte koekmeel
50ml bakpoeier
10ml sout
350g kook vet (holsum)
Sif droe bestandele en rasper vet in en vryf met vingers in !!
Bere mengsel tot benodig! !

Bron:  Wenresepte 2
Foto:  Benhet Niewenhuis