UIE RINGE A LA FIONA

UIE RINGE A LA FIONA
Uie in dik ringe gesny
1 pk Chillie bite mix
koekmeel
Kookolie genoeg vir diepbraai
Uie lekker dik ringe gesny, in ‘n sakie gegooi met meel en geskud. Ek het chillie bite mix (daai boksies) aangemaak volgens die aanwysings op die pakkie, en uie ringe daarin gedip. In olie gebak. En na die tyd aromat oorgestrooi.
Sal volgende keer bietjie brandrissies fyn kap en in die mengsel gooi.

Bron: Fiona De Jager‎
Foto: Fiona De Jager‎




PATTY SE VARS BROCCOLI SLAAI

PATTY SE VARS BROCCOLI SLAAI
2 x 400 g pakkies vars broccoli (liggies gestoom)
250 g bacon (bros gebraai, ek knip dit fyn met sker)
3 koppies cheddarkaas (grof geraspe)
1 koppie uie (gebraai)
Sous
1 koppie mayonnaise
3 eetlepels witasyn
Halwe koppie strooisuiker (castor sugar)
Metode
Sny broccoli in growwe stukkies. Snipper spek fyn en braai bros. Braai uie. Voeg gerasperde kaas, uie en spek by broccoli. Meng saam met sous. Moet oornag staan.

Foto: Patty Rhoode
Bron: Patty Rhoode




SJOKOLADE MAYONNAISE KOEK – TANNIE POPPIE

SJOKOLADE MAYONNAISE KOEK – TANNIE POPPIE
Koek
500 ml koekmeel
180 ml kakaopoeier
10 ml bakpoeier
15 ml koeksoda
3 groot eiers
400 ml suiker
5 ml vanieljegeursel
250 ml crosse and Blackwell mayonnaise
230 ml water
100 ml whisky
1 blik karamelkondensmelk (ek het hierdie uitgelaat en my eie versiersel gebruik)

Versiersel
Halwe blik (van 310 g) room
200 g melksjokolade, in kleiner stukkies gebreek.
Nota van Benhet
(ek het nie haar versiersel gebruik nie ek het in die middel die stoofversiersel gebruik wat ek in die vrieskas gehad het en bo-op gewone botterversiersel wat ook in die vrieskas was. Ek het so bietjie van die botterversiersel oor gelos en dit gesmelt en dit bo oor die koek gedrip.)

Verhit die oond 180ºC
Sif die koekmeelblom, kakao, bakpoeier en koeksoda saam. Sif vir tweede keer.
Klits die eiers, suiker en geursel tot lig en romerig.
Verminder die spoed tot laag en vou die mayonnaise by.
Voeg bietjies gewys by die eiermengsel: Meelmengsel, dan water dan whisky, dan weer meelmengsel.
Bak 30-35 min lank of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
Laat 10-15min afkoel en keer dan uit op afoelrak.
Smeer die karamelkondensmelk op die een koeklaag en sit die lae opmekaar.
Berei die versiersel:
Kook die room tot dit net begin borrel in die mikrogolfoond.
Gooi die sjokolade by die room en roer tot die sjokolade heeltemal gesmelt het.
Laat afkoel tot die sous sy vorm behou.
Gooi die sous oraloor die koek
Laat die versiersel hard word in ‘n koel droe plek.

Bron:TANNIE POPPIE KOOK POPPIE COETZEE
Foto: Benhet Nieuwenhuis

Koek is vir my lekker!!!!! LOVE die whisky smaak!!!!!!




POTATO BAKE BROODJIE

POTATO BAKE BROODJIE
125 ml melk
2 eetlepels margarien, gesmelt
4 koppies koekmeel
1 teelepel sout
1 pakkie gis

Sif meel, sit sout en gis by. Meng melk en margerien by. Gooi ongeveer 300 ml lou warm water by en knie die deeg. Laat rys vir 30 min, knie deeg af. (ek sit hier my vulsel in) laat rys vir nog 30 min en dan bak vir 30 min teen 180°C.
Het brood deeg uitgerol en gevul met gebraaide uie, knoffel en Viennas en sommer kaas en feta ook op gesit. Toe rol ek die deeg soos ‘n rolkoek op en sny in wiele. Dit weer laat rys. Net voor baktyd ‘n pakkie potato bake gemeng volgens pakkie instruksies en oor gegooi. 180°C vir 30 min.

Bron en Foto: Nicolene Adams




MELKPAP


MELKPAP
Foto: Ronel Muller Thoma
Bron: Ronel Muller Thoma se ouma se resepie
FOOD LOVERS RECIPES
Ek is nou al van wanneer af lus vir melktert 🍰🍮. Maar kom nie sover om te bak nie. 😀. Nou ja vannaand het ek besluit om melktert pap te maak en te eet soos melkpap.
1.25 liter melk
¾ koppie koekmeel
¾ koppie maizena
Knippie sout
9 eiers geskei
5 ml vanilla geursel
1½ koppies suiker

Kook 1 liter melk.
Meng suiker, sout, maizena en koekmeel met die 250 ml melk.
Wanneer melk kook voeg meelmengsel by en kook tot pap verdik.
Haal van plaat af en voeg eiergele by en klits goed.
Kook tot pap gaar is. Haal af en voeg nou styf geklitste eierwitte en vanilla geursel by.
Bedien soos melkkos met kaneelsuiker.
Indien jy melktert wil maak – Skep in voorbereide kors en bak op 180ºC totdat melktert geset het. So 45 -55 min.

 

 




BOELIEBIEF VLEGSEL


BOELIEBIEF VLEGSEL
Bietjie olie
1 ui gekap
½ teelepel droë pietersielie
½ pakkie sampioene in skyfies gesny
½ rooi soetrissie ontpit en in blokkies gesny
knypie sout en peper
1 blikkie 300 g boeliebief
1 eetlepel balsamiese asyn
1 eetlepel worcestersous
½ teelepel rissievlokkies
1 koppie gerasperde mozzarella kaas
Sesamesaad vir garnerimg
Deeg
1 rol gekoopte skilferkorsgeeg
Bietjie volroom melk vir bo oor smeer
Voorverhit oond op 220 ºC.
Verhit die olie en soteer die ui en pietersielie tot ui sag is.
Voeg sampioene by en soteer tot sag.
Voeg soetrissie by en soteer vir een minuut.
Voeg sout, peper en boeliebief by wat stukkend gedruk is en verwyder van hitte.
Voeg kaas by en meng.

Rol deeg oop en rol effens plat, plaas op foelie wat gespuit is met spray en cook.
Paas die vulsel op die deeg sodat daar min of meer 9cm bree stroke langs die kante oop is.
Sny die sykant in 3cm bree stroke skuins na die kante uit.
Vou die skuins stroke bo oor die vulsel sodat dit ‘n vlegsel vorm en druk bo en onderkante bymekaar.
Verf die bokant van vlegsel met bietjie melk.
Sprinkel sesamesaad bo oor.
Bak vir 15 min op 220 ºC.
Nota:
Kan ook die reses aanpas met sardyne, laat dan die worcestersous, balsamiese asyn en rissievlokkies weg.

Resep aanpassing en foto : Gideon Louw




VARS MOSSELSOP


VARS MOSSELSOP
½ ui
6 knoffel huisies
60 mossels (vars), skoongemaak en gekook tot oop
1 Royco Gourmet soup seafood a la cream
1 pakkie wit uie sop
1 koppie room
2 koppies water of melk

Braai uie en garlic met botter.
Gooi mossels by en braai vir so 5 min (ek het 50 uit die skulp gehaal en 10 in die skulp gelos)
Gooi suurlemoensap sap by na smaak.
Meng die room en melk en soppoeiers saam en meng in by uie mengsel.
As dit te dik is, meng nog melk by tot die dikte reg is vir jou smaak.
Voeg sout en peper na smaak.
Laat 20 min prut.

Ek het hierdie resepie gehalveer maar nogsteeds 60 mossels gebruik en het ongeveer ‘n Liter sop gemaak.
BAIE BAIE LEKKER!

Foto: Benhet Nieuwenhuis
Resep geplaas deur Benhet Niewenhuis




BROKOLLIE SLAAI AL LA ELSABIE


BROKOLLIE SLAAI AL LA ELSABIE
Brokollie, spek en kaas slaai.
1 koppie brokolli
50 g neute
125 ml rosyntjies
125 ml croutons
30 ml asyn
250 ml mayonnaise
30 ml suiker
250 g spek, gebraai in stukkies
1 koppie kaas, in blokkies gesny

Breek die brokollie in stukkies en stoom vir 10 minute. Plaas die brokollie in slaaibak om af te koel.
Plaas die kaasblokkies, neute, rosyntjies, croutons en stukkies spek ook in die bak. Plaas die asyn in ‘n pot. Gooi die suiker by. Sit pot op lae hitte en roer tot al die suiker gesmelt is. Haal van die plaat af en roer die mayonnaise by. Gooi die asyn mengsel oor die slaai. Geniet!!
**Ek het vanaand kaas en spek ontbyt worsies gebraai en die croutons uitgelos en Mini Cheddar se uie geur beskuitjies gebruik saam met ‘n handvol grondboontjies en rosyntjies. My sousie was Nola se Ulta Creamy mayo gemeng met dieselfde hoeveelheid suurroom.

Foto: Elsabie Templeton
Resep: Elsabie Templeton




GEVULDE ONTBEENDE HOENDERBORSIES


GEVULDE ONTBEENDE HOENDERBORSIES
Ek het n pakkie van 5 ontbeende hoenderborsies sonder vel gehad. Het toe “pockets” daarin gesny en dit met cheddarkass en peppadews gestop, in ham toegedraai (met tandestokkies vasgesteek) en in n oondvaste bak met n deksel gebak teen 190°C gebak tot ek gedink het dit is amper gaar.
Het toe nog n bietjie cheddar oorgestrooi en dit sonder n deksel gebak totdat die kaas gesmelt het.
Bedien met coucous en spinasie gekook op die boeremanier met aartappels en uie.

RESEP EN FOTO: Renate Niebuhr Filter‎




CHICKEN CHOW MEIN


CHICKEN CHOW MEIN
Chinese food always looks so fresh, colorfull and tasty because you generally cook it very quick over high heat, but takes a lot of preparation.
I use whatever veggies I have, but if you want to use Mc Cains stirfry even better, but the trick is to chop, slice dice them into smaller sections and stir fry the harder veggies first and then add the quick cooking veggies so that all the veggies are still crunchy, not hard or too soft.
Boil egg noodles for 5 mins, rinse and strain and set aside.

Marinate 4 chicken breasts sliced thinly in a mixture of
3 tbsp soy sauce
2 tspn sesame oil
2 tbsp rice wine vinegar or Sherry
Tspn salt and pepper in a bowl for 10 mins.

Stir fry in hot wok for 5/10 mins until sauce reduces a bit, don’t cook till dry, remove from wok into a plate, set aside.
Stir fry 2 grated garlic cloves and an inch piece of chopped ginger for 10 seconds in a hot wok in 2 tbsn vegetable oil.
Add veggies and stirfry for 3 mins.
Add chicken and sauce cook for 2 mins and add noodles.
Cook for 2 extra mins. Done.
Enjoy!
Recipe and photo: André Arendse