LEKKER DOOPSOUS IDEES


LEKKER DOOPSOUS IDEES

Ciëtte Küsel
Kondensmelk en suurlemoensap, met n bietjie mosterd (en rooi peper as jy kans sien). Lekker vir chips

Retha Venter
Mayonnaise met kondensmelk en Klein bietjie mosterd in jy moet maar proe hoe soet jy hom wil he met die kondensmelk

Ineke Steyn
Honey mustard 1/4 cup mayo, 1/4 cup dijon mustard, 1/4 cup honey

Ineke Steyn  – Lekkerste doopsous vir tjips:
1 koppie sour cream , Een teelepel bbq spice , Chutney na smaak, Halwe koppie mayo of minder na smaak
Foto: Benhet Nieuwenhuizen

Retha van den Heever
Suurroom en koop ‘n pakkie onion and garlic chip dip. Heerlik as doopsous en in aartappelslaai.

Marilyn Gombert
Kondensmelk, mayonnaise en fyngemaakte knoffel. Meng hoeveelheid in soos jy daarvan sal hou, n bietjie soet of n bietjie suurerig. Baie lekker met chips.

Carol Peyper Lourens
Gelyke dele mayonaise, kondensmelk en “sandwich spread”

Marli Joubert –  Ñ vriendin maak altyd die is heerlik:
1 koppie mayonaise , 1 koppie chutney , 1 kop gerasperde kaas meng saam en eet!

Carol Peyper Lourens  – Kinders se gunsteling,
een blikkie Tuna (water af) vlok en meng met een koppie mayonaise, twee eetlepels chutney, twee el tamatiesous, klein ui gerasper. Meng goed deur. Pas aan met klein bietjie melk as te dik is. Heerlik saam met chips of kraakbeskuitjies

Corrie Volschenk
Ek meng mayonaise, cottage cheese, bietjie melk, mostertpoeier, sweet chillie sous en bietjie suiker. Klop tot glad. Yummy.

Marlien Jonker
avos fyngedruk suurlemoensap.fyngerasperde ui sout peper chutney bietjie suiker en mayonaise . dis baie lekker kan nie ophou eet nie. of mayonaise. sweetchillie sous en gergens gerasper

Alicia Pearson
Maak avo fyn meng met suurroom. Sout en peper na smaak. Klein bietjie suurlemoensap. Baie lekker

Marina Du Preez
Houer gladde maaskaas. Maak maaskaashouer vol mayonnaise en voeg by maaskaas. Voeg kwart maaskaashouer kondensmelk en kwarthouer chutney by. Meng een pakkie wituiesop by. Lekker met bacon kips.

Marléne Koekemoer
Gelyke hoeveelhede suurroom en mayonnaise met gedroogde Pietersielie en Chives na smaak.

Jacqui Fichardt Millin
Klein blikkie pilchards in tamatie sous. Meng inhoud met mayo, chutney, tabasco.

Linda van Vuuren –  oooh my vriende mal oor die een.
N houer suur room. Meng bietjies bietjies bruin uie sop tot dit net n mooi ligte caramel kleur het. pas op vir te veel. regtig so gou en lekker.




COLD BEET SOUP


COLD BEET SOUP
Recipes for cold beet soup as a Lithuanian or Polish dish appear in old 19th century cookery books. In the 19th century it was prepared with bouillon, and, in addition to hard-boiled egg, boiled crawfish and pieces of fish or veal were added. In modern recipes cold beet soup doesn’t have meat, thanks to which it is light, refreshing and perfect on a hot summer day.
Ingredients:
1 bunch of chard
6 radishes
2 cucumbers
1 bunch of chives
a half bunch of dill
300g of natural yoghurt
300g of kefir
4 eggs
salt and pepper
Clean the chard and mince it finely. Boil it in a small amount of salted water until it is soft. Leave it to cool down. Mince the chives and dill. Clean and peel the cucumbers, cut out the cores and slice them. Slice the radishes just like the cucumbers. Mix the cool soup with the yoghurt and kefir. Add the chives, dill, cucumbers and radishes. Mix them in. Spice it up with salt and pepper. Serve chilled with a hard-boiled egg.

Source: Katarzyna Posłuszny
https://www.home-madepatchwork.com/




BOEREWORS MET APPELKOSE


BOEREWORS MET APPELKOSE
Foto: Hannelie Meintjes
Resep: Hannelie Meintjes
FOOD LOVERS RECIPES
1 groot ui
4 stukke (omtrent so 15 cm elk) boerewors
30 ml olyfolie
10 gedroogde appelkose (Royal), elkeen in die helfte gesny
4 gedroogde tamaties, in stukkies gesny
50 ml blatjang
5 ml sojasous
10 ml Xylitol
2 ml borrie
5 ml crushed chillies
10 ml kerriepoeier
5 ml komyn
5 ml sout
Sit appelkose in ‘n bakkie. Giet ‘n koppie kookwater oor sodat dit sag word.
Skil en kerf die ui.
Sny wors elkeen in 3-4 stukkies.
Braai wors, tamatie en ui saam oor matige hitte in die olie tot gaar.
Haal appelkose uit die water. Behou die water.
Versprei die appelkose oor die wors.
Meng appelkooswater, Xylitol, blatjang en sojasous, borrie, chillies, kerrie, komyn, sout en giet bo-oor wors mengsel.
Prut vir so 20 minute of totdat ‘n lekker sous gevorm het.
Bedien saam met koring.

 




FRIEDA SE AARTAPPELBROOD

FRIEDA SE AARTAPPELBROOD
Resep en foto: Frieda Greyling
FOOD LOVERS RECIPES
150 g rou aartappels, geskil en gekook
3 ½ koppies broodmeel
1 ½ teelepels sout
3 teelepels suiker
½ pakkie gis, (5 g)
4 teelepels botter

Kook die aartappels tot gaar, dreineer en hou die vloeistof eenkant.
Druk die aartappels goed fyn. Plaas dit in ‘n maatkoppie en voeg die aartappelwater by, 1 ½ koppies.
Smelt die botter en voeg by aartappels.
Meng die meel, sout, suiker en gis.
Voeg die aartappels en botter by en knie goed.
Laat rus die deeg vir 15 minute.
Knie af en vorm brood, laat rys in broodpan tot dubbeld die grootte.
Bak tot goudbruin en gaar, ± 35 minute in Halogene oondjie op 180°C met die ring, indien jy een het.
Ek haal die broodjie dan uit die pan en dop dit om en bak dit nog so 5 minute plus by 130°C.




KOEKIES MET BEESVET


KOEKIES MET BEESVET
1k gesmelte vet ( wat ek lank voor die tyd uitgebraai het)
2k suiker
2eiers
bietjie geursel ( ek het sommer vanilje gebruik)
klits dit lekker saam
4k meel
4tl bakpoeier
½ tl sout
vryf boonste deel by meel mengel
meng nou 1k melk in
knie liggies
maak bolletjies druk bietjie plat
bak tot goud bruin.

Bron: Nicoliende de Waal
Foto: Nicoliende de Waal




HOENDER CASSOULET


HOENDER CASSOULET
Genoeg vir 6 mense
6 hoenderdye
sout en peper
koekmeel om oor te strooi
olyfolie vir braai
1 gekapte ui
2 fyn gekapte knoffelhuisies
1 chorizo worsie, in skywe
2 wortels, geskil en gekap
2 seldery stingels, gekap
30 ml tamatiepasta
250 ml droë witwyn
15 ml bruinsuiker
1 blik 410 g tamaties
500 ml hoenderaftreksel
1 bossie lourierblare
tiemie en roosmaryn takkies
1 blik 240 g cannellini bone, gedreineer

Geur hoender met sout en peper en strooi meel oor.
Skud oortollige meel af en braai 5 min in olie. Haal uit.
Braai ui en knoffel tot sag.
Voeg chorizo, wortel en seldery by. Roer 3 min.
Voeg tamatiepasta by en prut vir 1 min.
Voeg wyn en suiker by en kook 5 min.
Plaas hoender terug met tamatie, hoenderaftreksel en kruie.
Prut 40 min en voeg bone by vir 10 min. Geniet met stysel van keuse.

Foto en resep gepos deur Ivanda Venter




TUNAROLLADE

TUNAROLLADE
Resep geplaas en foto: Benhet Nieuwenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
4 eetlepels botter
125 ml koekmeel
312 ml warm melk
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
5 eiers, geskei
45 ml grasuie, gekap

Smelt botter in kastrol, roer koekmeel by tot gemeng. Gooi warm melk stadig by en roer tot sous begin vorm. Kook 3 min. Geur met sout en peper na smaak.
Verwyder kastrol van hitte en roer eiergele en grasuie by.
Klits eierwitte styf en vou by meelmengsel in tot net gemeng.
Skep beslag in bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
Bak 18 min of tot goudbruin bo-op. Keer op skoon, klam vadoek uit. Trek bakpapier af en rol met behulp van ‘n vadoek op en hou eenkant.

Meng Vulsel – lees nota onderaan
1 bakkie roomkaas
4 eetlepels mayonnaise
2 eetlepels blatjang
2 blikkies tuna gedreineer
sout en varsgemaalde swartpeper.
Rol die rolade af en smeer die vulsel op, rol weer op.  Wanneer bedien sny in skywe.

Benhet se Nota: My opinie dit is baie lekker maar die vulsel kan jy net die helte gebruik.




GIDEON SE KAAIINGS


GIDEON SE KAAIINGS
Ek het n bietjie vetvleisies oorgehad van my mince makery en toe vir my kaaiings gemaak
Vet vleis in 20 × 20 mm blokkies gesny
Plaas in n kastrol en kook tot goudbruin roer aanmekaar sodat dit nie aanbrand nie kokery was min of meer n uur
Gooi dan die vet af in bak vir latere gebruik
Gooi dit uit op handoekrol papier
Gooi die kaaiings in n plastiek sak en sprinkel n bietjie sout oor en hou die sak toe terwyl jy dit skud om sodoende orals sout te kry oppie kaaiings
Hmmmmmmmheerlik

Bron: Gideon Louw
Foto: Gideon Louw




JAN SE VETKOEK


JAN SE VETKOEK
4 x 250ml koekmeel
10 ml sout
10 ml suiker
1 pakkie (10G) kitgis
65 ml botter
650 ml louwarm water (ek het net 400ml gebruik)
Meng die koekmeel, sout en suiker en kitsgis.
Vryf die botter met die vingers in.
Voeg ie water bietjiesgewys by en meng met die meelmengsel om ‘n deeg te vorm. Knie goed.
Bedek en laat 30 min rys. Knie af, vorm vetkoeke met die hand of rol die deeg uit en sny vetkoeke uit.
Bedek en laat weer 30min rys.
Bak in warm olie
Foto: Benhet Nieuwenhus




BABA AARTAPPELS EN VLEIS

BABA AARTAPPELS EN VLEIS
1 kg baby aartappels
500 g bees potjievleis
1 pakkie room tamatiesoppoeier
1 pakkie beesstert soppoeier
Plaas alles in drukkoker saam met 800 ml water.
Op hoog tot pot fluit, draai af tot 1 vir 45 min.

Resep: Cecil Dunhin
Foto: Cecil Dunhin