EIERADDER

EIERADDER

3 eiers
1 1/2e wituie soppoeier
2e gerasperde kaas
N stukkie derm
N bietjie chillie flakes
Peper na smaak
Meng alles saam klits goed tot soppoeier opgelos is
Ttek die derm oor n tregter se tuit
En knoop die punt van die derm
Giet nou die eier mengsel in die tregter
Maak die derm net halfvol plaas dit op
n gespuite stukkie foelie wat op die rooster grplaas is
Braai dan met die foelie kant onder vir n paar minute en dtaai om e haal die foelie af braai vir omttent 10 minute
tot eier gestol is en styf is ek moes eintlik n gaaitjie geprik het want dit het gebars en ek my vrek geskrik saam met vroulie

Foto: Gideon Louw
Bron: Gideon Louw




LEKKERSTE CALAMARI

LEKKERSTE CALAMARI

Vat jou calamari ringetjies en gooi dit in n bak met water waarin 4 eetlepels koeksoda geroer is. Laat die daarin lê vir so 3 – 4 ure. Hoe langer dit lê hoe sagter is dit. Haal dan uit en spoel dit baie goed af met kouewater. Vat nou klein pakkie selfrasing meel en gooi daarby 2 tl sout en halwe potjie vis speserye , maar die Robertsons maak. Meng deur. Gooi calamari ringetjies daarin en druk meel met hande goed vas. Bak dan in deepfryer verkieslik in baie warm tot crispy. As nog sout kort strooi sommer so oor warm calamari in bak. Ek maak n geelrysie daarby. Tartar sous of suurlemoensap of smelt botter met knoffel daarin en gooi oor. Jy sal jou calamari nooit weer anders maak nie.

Resep: Maureen Jansen van Rensburg




TUISGEMAAKTE PEANUT BUTTER- GRONDBOONTJIEBOTTER

TUISGEMAAKTE PEANUT BUTTER- GRONDBOONTJIEBOTTER
Vat jou peanuts (rou grondboontjies), bak in die oond tot dit mooi bruin is. Haal uit en sit dit dadelik in jou blender/liquidizer.
Sit aan vir 1 min. Skraap kante mooi af.  Voeg bietjie olie in en stroop/heuning met sout na smaak.
Blend dit dan totdat dit ‘n botter begin raak.
Skraap weer die kante skoon. En blend verder tot wanneer dit vir jou reg is.
Jy kan dit letterlik met enige neute doen! Jy kan ook enige iets bysit vir smaak….

Foto: Johan Haarhoff
Resep: Johan Haarhoff




HOENDERPASTASLAAI

HOENDERPASTASLAAI
1 Pak pasta
1 hoender (ek het fillets gebruik)
2 hoenderaftrekselblokkies
2,5ml suurlemoeneper
bietjie olie
1 ui fyngekap
halwe rooi en groen soetrissie in blokkies gesny
125ml rosyntjies
410g perskeskywe gedreineer gen gekap
410g pynappelstukkies gedreineer

Sous
1k Mayonnaise
4e Sandwich spread ( ekke het sweet chillie sous gebruik)
3E blatjang
1E kerriepoeier

Kook pasta tot gaar.
kook hoender saam met hoenderaftrekstelblokkies en suurlemoenpeper in genoeg water tot gaar. ontbeen en sny in kleiner stukkkies.
Verhit olie en steer ui daarin tot net sag. Voeg soetrissis by en soteer vir 2 min. Verwyder van hitte en roer hoenderstukkies by.
Voeg rosyntjies, perskskywe en pynappelstukkies by en roer tot gemeng.
Meng pasta by hoender in.
Meng al die bestandele van die sous en meng by die hoendermengsel.
Sit koud of teen kamertemperatuur voor.

Dis heerlik!!!!!!!!! en die slaai is eintlik die volgende dag lekkerder. 😉
Foto: Benhet Nieuwenhuis




LAMSRIB IN DIE AIRFRYER

LAMSRIB IN DIE “AIR FRYER”
Vryf ribbetjie goed in met sout en peper.
Sprinkel ‘n bietjie sparerib marinade van Knorr oor.
Airfry op 200°C vir 30 minute aan die vet kant, draai om en dan weer 10 minute aan die beenkant.
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld




KWEEK JOU EIE MANGO PIT-BOOMPIE

KWEEK JOU EIE MANGO PIT-BOOMPIE

Jy koop n mango en eet hom sodat net die pit oorbly dan sit jy pit in n bietjie water met 2 sosatiestokkies wat pit op rus en tap glas so half vol met water en laat groei of sit pit tussen nat watte wat jy elke 2de dag nat maak tot pit oop gaan dan plant jy die boompie in blik in sand

Bron: Maryna Bothma
Jy haal die saad uit die husk. Sit in nat kitchen towel en dan in Ziplock sakkie dan na 2 weke plant in pot. Jy gaan verward wees met wat stam en wortel is so plant maar dwars. Jy gaan ‘n boompie hê

Bron:  Elize Grobbelaar
Foto: Jan Kaalvoet Kotze




GEKOOKTE PAMPOENSKIL

GEKOOKTE PAMPOENSKIL

1 medium Hubert Squash se skil, goed gewas en gesnipper
1 groot aartappel, geskil en in blokkies gesny
½ ui, gekap
grofgemaalde swartpeper en sout na smaak

Plaas alles in pot. Voeg water by en kook tot droog gekook en alles sag gekook is. Voeg ‘n klont botter by en maak fyn. Groenbone op sy beste.

Bron: Petré Van Jaarsveld
Foto: Petré Van Jaarsveld




ELIZE SE ZAMBIA BIERBROODJIE


ELIZE SE ZAMBIA BIERBROODJIE
3 ½ koppies bruismeel
1 teelepel sout
1 teelepel bakpoeier
340 ml Mosi bier
125 gr spek
1 ui fyngekap
1 blikkie heelpit mielies, gedreineer
1 koppie gerasperde cheddar kaas
125 ml gemarineerde songedroogde tamaties (gesnipper)
Vars tiemie van stokkie af)
2 eetlepels olyfolie
Braai gesnipperde spek in olyfolie tot gaar. Haal uit pan.
Braai uie in spek vet in dieselfde pan tot gekaramaliseerd.
Meng al die droë bestanddele in ‘n groot meng bak.
Meng droë bestanddele met bier.
Voeg kaas, spek, heelpit mielies, tamatie, tiemie en uie by, meng goed.
Skep in voorbereide broodpannetjie.
Bak in voorverhitte oond (180ºC) vir 45 minute tot gaar.
GENIET
Resep en foto: Elize de Kock




MY GRYP IETS VAN ALS LAMSNEK BREDIE


MY GRYP IETS VAN ALS LAMSNEK BREDIE
1.5 kg lamsnek
2 uie gekap
5ml knoffel
30ml brandewyn
Druiwepit olie vir braai van vleis
Verbruin lamsnek, voeg uie, knoffel en brandewyn by en roerbraai vir 10 min. Pak vleis in ‘n casserol. Pak 1kg gemende groente bo-op
Meng die volgende bestandele vir sous:
1 pakkie beesstert sop
15ml tamatiepasta
1 pakkie van Ina Paarman se songedroogte tamaties
15 ml Soya sous
10ml matige kerriemengsel (verkrygbaar by Speserye winkel)
20ml Korma paste
20ml Mild chunky salsa
Gemaalde peper na smaak
500ml rooiwyn

Gooi sous oor groente en vleis plaas in vooraf verhitte oond teen 180°C vir 30min.
Draai oond af tot 120°C.
Ek het dit vir ongeveer 4 ure stadig in oond gaargemaak.

RESEP EN FOTO: Elna Erasmus




GEURIGE HOENDER


GEURIGE HOENDER

4 porsies hoender
3 geelwortels
2 groterige aartappels
1 ui grof gekap
1 klein greenpepper grof gekap
Grof gemaalde swartpeper
Bietjie fyn naeltjies
1pakkie Knorr Tasty Chicken & Onion stew mix

Skil groente en sit in elektriese stoompot tesame met geurmiddels en hoender, behalwe die Tasty Chicken stew mix. Voeg n derde koppie water by. Stoom 17 minute.. Maak stew mix met water aan en gooi by hoender wanneer klaar gestoom, en kook vir n minuut of 2 deur.

Intussen kan die Basmati rys in die mikrogolfoond gekook word..
Skil klein patatjies… Sit in pot.. Voeg 1 koppie water, ½ koppie suiker, bietjie fyn gemmer, 65 g botter, 2 stukke lemoenskil en n knippie sout by.. Kook totdat patatjies sag is.. Haal deksel af en kook tot n stroop vorm.. Sprinkel 2 knippies koeksoda oor, en kook tot patatjies mooi glansend is..

RESEP EN FOTO: Petré Van Jaarsveld