CHILLI CON CARNE MET GEBAKTE PATAT OF AARTAPPEL

CHILLI CON CARNE MET GEBAKTE PATAT OF AARTAPPEL

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 15-20 min.
Gaarmaak: 30 min.
4 groot patats of aartappels (ek het patats gebruik)
500 ml (2 k) hoenderaftreksel of groenrooibostee, gekook (Ek het hoenderaftreksel gebruik)
VULSEL
400 g-blik rooinierboontjies, gedreineer en gespoel
65 g tamatiepasta
3 ryp middelslagtamaties, ontpit en
fyn gekap 1 klein ui
¼ elk rooi, groen en geel soetrissie, in klein blokkies gesny
5 ml (1 t) fyngedrukte vars knoffel
5 ml (1 t) fyn komyn
2 of 3 vars groen of rooi brandrissies, ontpit en gekap
5 ml (1 t) gedroogde origanum
5 ml (1 t) suiker of na smaak
olyfolie
sout
AFRONDING
125 ml (½ k) gerasperde mozzarella
30-45 ml (2-3 e) elk vars koljanderblare en pietersielie, gekap
5 ml (1 t) suurlemoensap en -skil
60 ml (4 e) natuurlike volroomjogurt
1 Skrop die patats of aartappels goed skoon en kook ongeveer 20 min. in hoenderaftreksel of groentee, maar nie tot heeltemal sag nie. Dreineer en laat effens afkoel.
2 Vulsel Plaas al die vulselbestanddele (behalwe die olie en sout) in ’n groot pot en verhit tot kook kookpunt. Sit die deksel op en kook ongeveer 30 min. tot al die groente sag is.
3 Voorverhit die oond tot 200 °C.
4 Sny ’n kruisie in die patats of aartappels en vryf met ’n bietjie olyfolie en sout in. Oondbak ongeveer 30 min. tot die skil effens bros en die vlees heeltemal sag is.
5 Druk die gebakte patat of aartappel effens oop. Skep van die vulselmengsel in.
6 Afronding Sprinkel die gerasperde kaas en koljander of pietersielie bo-oor.
7 Meng die suurlemoen met die jogurt en sit voor saam met die gebakte patat of aartappel.
Foto: Benhet Nieuwenhuis




VARKWORSIE FRIKADELLE MET SHERRY EN BOWTIE PASTA


VARKWORSIE FRIKADELLE MET SHERRY EN BOWTIE PASTA
2 pork bangers (velletjie afgehaal, in balletjies gerol en in mielieblom gestrooi)
sampioene, soveel soos jy wil
1 knoffel huisie
2 eetlepels sherry. As dit ‘n lang dag was vat sommer ‘n sluk.
Halwe koppie melk
1/3 koppie room

Maak die bowtie pasta gaar soos jy gewone pasta sou maak.
Sauté die sampioene in bietjie botter en voeg die knoffel by.
Braai die varkfrikadelle saam.
Voeg die room en melk by.
Geur met sout, peper en vars koljander.
Wanneer die vloeistof bietjie absorbeer het, voeg die sherry by. Vat nog ‘n sluk.
Stoom die lekkerte tot melk en room ‘n sousie maak.
Dien op met vars koljander.
Dis vir my bietjie ryk so ek sal volgende keer ‘n ciabatta broodjie of groen slaai bysit.
Enjoy❤️

Bron: Liezel Van der Merwe
Foto: Liezel Van der Merwe




GEURIGE TUNAGEBAK


GEURIGE TUNAGEBAK
750 ml broccoli, in blommetjies gebreek
2 x 200 g blikkies tuna, gedreineer en gevlok
1 x 430 g blik aspersiespunte, gedreineer
1 x 150 g pak aartappelskyfies, gekrummel
250 ml gerasperde kaas
1 x 430 g blik aspersieroomsop (ek het mushroomsop gebruik)
150 ml melk

Blansjeer broccoli in soutwater en dreineer. Plaas helfte van tuna, broccoli en aspersies in ‘n oondbak. Strooi ‘n bietjie aartappelskyfies en kaas oor en herhaal lae. Eindig met kaas. Meng aspersieroomsop en melk. Verhit tot kookpunt. Giet sop oor kaas, Bak 20 min by 180°C in ‘n voorverhitte oond.
Foto: Benhet Nieuwenhuis




MAGIC MELKTERT MET N KLAPPER BO LAAG

MAGIC MELKTERT MET N KLAPPER BO LAAG
4 eiers geskei en wit styf geklop tot dit punte vorm
5 ml vanilla
1/8 teelepel sout
3/4 koppie suiker
3/4 koppie selfraising meel
3/4 koppie klapper
125 gram wooden spoon margarien
3 koppies lou melk
Ver room eiers, suiker,margarien en vanilla . Voeg melk en meel bietjie op n slag by mengel terwyl jy dit klop/klits ( lyk soos pannekoek beslag ) vou styf geklopte eierwit en klapper in . Gooi oor in n 8″ bak vir oond gebruik
Bak 1 uur lank by 170 -180 grade C
Foto en Resep: Tessie Pretorius




PYPSKOONMAKER

PYPSKOONMAKER

1 liter Whiskey
500 ml goeie gehalte heuning (as jy n sitrus een kan kry nog beter)
2 medium suurlemoene ( die geel een met die dik skil)
2 glas bottels om in te bottel
Metode en wag *ryp* word tyd is baie belangrik
Was suurlemoene met n kombuisborseltjie – sny /dice groote skil en pitte alles gaan in die pypskoonmaker – die alkohol ontrek die olies uit skil en aardse elemente uit die vrug en pitte
deel.
Gooi Whiskey in 2 bottels voeg 1 op gesnyde suurlemoen in elke bottel asook 250 ml heuning per bottel
Kurk en seel – produk mag nie geskud word
Vir sewe dae word bottels so vir 10 min 2x per dag onder voet gerol
Dosis – 1 kelkie per dag voor slaaptyd
Nota:  volgens familie tradisie doen dit wat dit se… maak alle pype in die ‘lyf’ skoon – are derms urien buise ect – maar dit is n heerlike slaap soopie

Bron:‎Tessie Pretorius‎
Foto:‎Tessie Pretorius‎
Nota:  Diè resep is tė kry op die blad “Boererate” waar hulle almal streng waarsku dat dit gebruik word OP EIE RISIKO. Laat mens dink…….




PERI PERI AND CHEESE PORTUGESE STYLE PRAWNS

PERI PERI AND CHEESE PORTUGESE STYLE PRAWNS

Genoeg lang korrel rys porsies per persoon voor af gaar gemaak want prawns word baie gou gaar
200 gr Prawns per persoon
(gevriesde prawns vir ons binnelanders)
prawns
Peri peri na smaak
Knoffel na smaak
Botter om prawns in gaar te maak
Pietersielie
paprika en gevulde olywe
Gerasperde sterk chedar kaas na smaak ( ek gebruik so 50 gr per porsie, 2 teelepels koekmeel opgelos in n half koppie water ( verdun sous soos nodig indien te styf met water room of melk)
Roer braai prawns, peri peri en knoffel in botter tot pienk oor lekker hoe hitte – prawns moet nog kraak onder tande nie dood gaar)stel hitte af na laagste stelling Voeg kaas en meel en water mengsel & pietersielie by roer tot sous verdik . Bedien met rys en garneer met n skudsel paprika en gevulde olywe. ek voeg glad nie sout by prawns, laat gaste self by voeg na smaak

Bron: Tessie Pretorius
Foto: Tessie Pretorius




LEKKER GROENTESOP

LEKKER GROENTESOP
3 wortels
2 rape
1 bossie seldery
1 pakkie (ongeveer 6) leeks (dink dis preie in afrikaans)
1 sakkie 50 g tamato paste
Spagetti na gelang van hoe dik jy die sop wil he (ek het so kwart pakkie gebruik)
700 g shin beesvleis

Rasper wortels en rape. Sny preie en seldery in stukkies.
Kook groente, tamato paste en spagetti (ek breek dit in klein stukkies voor ek dit die pot gooi) als saam in water.
Dit word dikker hoe langer dit kook.
Geur met Sout en original Maggie Arome na smaak.
Kook shin apart en gooi laaste by die sop en kook nog so 10 min.
Bedien warm saam met sny brood (of 2).
As die sop te dik word gooi net bietjie water op ‘n slag by en kook dit dik genoeg na jou smaak.
Foto: Monique Van der Merwe




SJOKOLADE CUPCAKES MET SWEETY PIE VERSIERSEL

SJOKOLADE CUPCAKES MET SWEETY PIE VERSIERSEL

Ek het die Fantastiese sjokolade koek deeg gemaak en cupcakes gebak.
http://www.foodloversrecipes.com/2013/05/fantastiese-koek-sjokolade-en-witkoek/
Het die Sweetie pie cupcake resep se vulsel gemaak.
http://www.foodloversrecipes.com/2013/07/sweetie-pie-cupcakes/
Cupcakes is toe met gesmelte Bar-one sjokolade versier – baie haastig want mense wou eet

Foto: Frances Smith




CHELSEA BUNS MET GLASEERSEL

CHELSEA BUNS MET GLASEERSEL
Deeg:
2 en 2/3 koppies meel
3 eetlepels witsuiker
1 teqelepel sout
1 pakkie gis
1/2 koppie water
1/4 koppie melk
2 eetlepels botter
1 groot eier
Vulsel:
1/4 botter
2 eetlepels kaneel poeier
1/4 koppies bruinsuiker

Glanseer:
1 koppie versiersuiker
1 teelepel vanilje ekstrak
3 eetlepels melk

In n groot bak, meng die meel, suiker, sout en gis.
In kleiner bak, verhit die water, melk, botter tot gesmelt.
Meng die nat mengsel met die droë mengels.
Voeg eier by. Meng alles tot n bal vorm.
Laat dit rus vir 5 min.

Voor verhit oond tot 200°C
Na 10min draai dit af
Sit die deeg in die oond vir 5min
Haal die deeg uit die oond en rol dit uit tot reghoek vorm.
Voeg die botter en smeer dit oor en sprinkel met kaneel en bruinsuiker.
Rol dit in n wors en sny in stukke.
Pak in bak wat vooraf met botter of spray&cook berei is.
Sit deksel op bak en sit die oond (wat af is) vir 20min om te reis.
Haal die deksel af en draai oond tot 190°C en bak vir 20min.
Meng glasiering en skep oor die buns.

Bron: Cecil Dunhin




SJOKOLADE KRUSHER

SJOKOLADE KRUSHER
Resep en foto: Koos van der Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
Daar is mos die plek wat gaar kosse verkoop wat ‘n nuwe Krusher maak.
My seun bring toe nou die aand vir my ‘n KitKat Krusher.
Dis nou roomys soos ‘n ektra dik melkskommel met stukkies KitKat in.
Hulle maak ook ‘n Oreo Krusher. Toe moes ek net een gaan koop om te proe.
Ek hou nogal van altwee maar soos ek is, maak ek toe die een ‘n ‘n groot glas.
Roomys met KitKat, dan weer roomys, dan Oreo, dan weer roomys, klein bietjie melk om die roomys ‘n ektra dik melkskommel idee te gee.
Heel bo-op Milo poeier en warm sjokolade stroop.