NAAN MET KOMYNSAAD BROODJIE


NAAN MET KOMYNSAAD BROODJIE
Gisteraand se oorskiet kerrie smaak vanaand nog beter saam met tuisgebakte naan broodjies met komynsaad.
Naan met komynsaad (Eng = cumin)
2.5 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
125 ml lou warm water
125 ml olyf olie
1 teelepel sout
2 teelepels komynsaad (heel)
Sif meel, bakpoeier en sout en gooi komynsaad by, gooi olyf olie en water by en meng goed (ek gebruik sommer my deeghak op menger). Knie liggies vir ‘n minuut en deel deeg in ongeveer 8 gelyke hoeveelhede. Rol elke bolletjie uit in langwerpige vorm ongeveer 5 mm dik. Sit op ‘n gesmeerde bakplaat of net bakpapier, sprinkel met bietjie olyf olie en growwe sout. Bak by 200°C vir 10 minute.
Ek het agtergekom die naan broodjies lyk bruiner op hulle onderkant, so bedien met die onderkant bo.
Foto: Elsabie Templeton
Bron: Elsabie Templeton














