SJOKOLADE S’MORES CUPCAKES

SJOKOLADE  S’MORES CUPCAKES
1 ¾ koppie bruismeel
2 koppies wit suiker
¾ koppie kakao
1 ½ teelepel koeksoda
¾ teelepel sout
2 groot eiers
1 koppie karringmelk (of vervang met 1 eetlepel wit asyn in 1 koppie melk; laat staan vir 5 min tot dik)
½ koppie botter, gesmelt
1 eetlepel vanilla ekstrak
1 koppie warm koffie (of 2 teelepels kitskoffie in 1 koppie kookwater)
Meng al die droë bestanddele bymekaar.
Meng dan die ander bestandele by die karringmelk.
Voeg karringmelk beslag by die meelmengsel.
Laastens word die warm koffie bygevoeg.
Bak koek in 180°C oond vir 35 min.
Cupcakes vir 15 min – lewer 28 cupcakes.
WENK LOPERIGE BESLAG!!!!!
Kan ook lindt sjokolade in middel sit vir verrassing of as klaar gebak het uit hol en Caramel treat.

MARSHMALLOW ICING:
4 groot eierwitte
250 ml wit suiker
knippie sout
Sit alles in ‘n hittebestande bak.
Plaas dit oor ‘n kastrol met water wat net net gekook het. Roer aanhoudend die eiermengsel tot suiker opgelos het.
Haal die bak vanaf kastrol en klits vir 2 min op laag en daarna vir 5 min op hoog tot sagte meringue punte maak.
WENK: WATER MOENIE KOOK NIE!!!!
Nou kan die cupcakes versier word, gebruik ‘n blowtorch om die mooi krulle uit te bring.

Bron en Foto: Corné Visser




KEBABA

KEBABA
Ek het die masjientjie uit getoets. “Kebaba”
Was nogals lekker.
Mielies en aartappels is gepre-cook
ryg steak,aartappel en mielie op skewer en sprikel sout en peper oor na smaak.
sit cover op en ek het myne vir 10min laat draai.
volgende keer sal ek net 8 min laat draai ek hou meer van ‘n “rouer” steak. 10min het hom defnitief tot meduim gemaak
was lekker!!
Foto: Benhet Nieuwenhuis
Bron: volg die prentjie op die kebaba boks




MACARONIE EN KAAS MET SUIKERMIELIES

MACARONIE EN KAAS MET SUIKERMIELIES
200 g spekvleis in blokkie gesny
1 uie gekap
1 x 410 g blik suikermielies (sweet corn)
250 g macaroni
2 x 43 g pakkies kitskaasous
400 ml melk
175 ml gerasperde kaas

Braai spekvleis bros, en voeg ui by en soteer tot.
Voeg suikermielies by en meng.
Kook intussen macaroni volgens aanwysings op verpakking.
Dreineer en hou eenkant.
Brei kaassous met warm melk deur 1 minuut te roer. Voeg spekvleismengsel by kaassous en meng met gaar macaroni. Skep macaroni in ‘n oonak en strooi kaas oor. Bak 20min by 180ºC
Foto: Benhet Nieuwenhuis




3 VLEIS BOONTJIESOP

3 VLEIS BOONTJIESOP
2 pakkies bone (gestoom vir 15 minute.. afgewater en weer vir 15 minute gestoom)
1 kg potjiekos lamsvleis (sag gestoom)
2 groot uie grof gekap
500 g wors in stukke gesny
½ pakkie spek in stukke gesny..
Sit alles bymekaar in ‘n groot kastrol en kook verder vir ‘n halfuur.
Voeg sout, peper en ‘n bietjie fyn naeltjies by.
Druk van die bone stukkend en kook verder tot sop dik is.
Roerbrood
3 koppies koekmeel
3 koppies bruin broodmeel
1 pakkie kitsgis (10g)
15 ml sout
15 ml suiker
15 ml kookolie
900 ml sterk lou water
Meng droë bestanddele goed. Voeg water en olie by en roer goed deur. Skep in voorbereide pan en laat rys vir ‘n halfuur of tot pan gelykvol is.
Bak by 180ºC vir ongeveer 45 minute.

Bron en foto:Petré Van Jaarsveld




SJOKOLADE WEETBIX SKYWE

SJOKOLADE WEETBIX SKYWE
Ek het sjokolade weetbix skywe gemaak, sjokolade gesmelt en bo oor gesmeer.
3 weetbix fyn gedruk
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1 koppie klapper
2 eetlepel kakao
185 g botter of margarien gesmelt

Meng alles saam druk vas is oondbak.
Bak 20 min by 180 º C.
Laat afkoel, smeer gesmelte sjokolade oor en sny in blokkies.
Resep en foto: Marie Grobler




VARKLIES IN APPELWYN


VARKLIES IN APPELWYN
Varklies in appelwyn (Strongbow Cider red berries flavour) in stoompot gaargemaak vir 45 min en toe in my konveksie oondjie gerooster.
Absoluut perfek uitgekom. Sappige vleis en krakerige vetlaag.
Ek het so bietjie Chinese Five Spice oorgesprinkel net voordat ek dit gerooster het.
Bedien saam met romerige English Rape (dis soos spinasie maar met meer geur en lyf) met sampioene en boere pampoen.

Foto: Elsabie Templeton
Bron: Elsabie Templeton




LIGHT STRAWBERRY SMALL CAKE


LIGHT STRAWBERRY SMALL CAKE
1 kg of strawberries
130g of butter
3 tablespoons of cocoa
100g of rolled oats
6 tablespoons of sugar
4 tablespoons of water
3 teaspoons of gelatin
200g of natural yoghurt
250g of mascarpone
4 tablespoons of caster sugar
200g of longitudinal sponge biscuits
50g of dark chocolate
Put the margarine, sugar, water and cocoa into a pot, and boil to combine the ingredients. Add the rolled oats and mix them in. Cool the mixture down slightly. Cover the bottom of a cake tin with the oat-chocolate mass. Cover the sides of the cake tin with the sponge biscuits, slightly pressing them into the mass. Put the cake tin into the fridge. Melt the gelatine in 100 ml of hot water. Blend thoroughly 2/3s of the strawberries. Add the gelatine to them. Whisk the mascarpone, natural yoghurt and caster sugar to make a fluffy mass. Gradually add the blended strawberries and mix them in slightly. Put the strawberry mass on the chocolate base. Leave it in the fridge to congeal. Slice the rest of the strawberries and put them on the cake. You can decorate the cake with ready-made chocolate elements or sprinkle with grated chocolate.

Photo: Katarzyna Posłuszny
https://www.home-madepatchwork.com/




PESTO PASTA


PESTO PASTA
250g gesnyde sampioene
250g salami, gesny
1 bak halloumi kaas
3 eetlepels basil pesto
Olyf olie
1/2 gekneusde knoffel
250g spaghetti, gaar gemaak
Braai sampioene in botter tot goudbruin en gaar. Voeg salami by, roer en voeg knoffel by. Meng goed deur, braai vir so minuut of drie. Skep mengsel in bakkie uit. In dieselfde pan, braai halloumi kaas tot goudbruin aan beide kante. Haal uit en sny in kleiner blokkies. Gooi gaar spaghetti in die pan, voeg sampioen mengsel by, gevolg deur basil pesto, en dan die halloumi kaas. Sprinkel so bietjie olyfolie en growwe swart peper bo oor en meng goed deur. Bedien dadelik.

Resep bron en foto: Charleen Nieuwenhuizen




KORSELOSE QUICHE MET SARDYNE EN GROENTE


KORSELOSE QUICHE MET SARDYNE EN GROENTE
1 ui gekap
3 knoffelhuisies fyn gedruk
20 ml olie
5 murgpampentjies gesipper
30ml Koekmeel
250-375 ml low warm melk
Sout en swartpeper na smaak
4 eiers geklits
1 blik sardyne in tamatiesous of rissiesous
Voorverhit oond tot 180 grade.
Braai ui en knoffel tot sag. Voeg gesnipperde murgpampoentjies by en braai tot amper sag. Sprinkel die koekmeel oor en roer tot dit borrel. Voeg melk by en verhit terwyl dit geroer word tot kookpunt. Prut vir 1-2 min.
Verwyder van hitte en geur met sout en peper. Laat effe afkoel. Kilts die eiers en roer stadig.
Vlok die Sardyne grof en skep op die meeste van die vulsel.
Skep enige orige sous op die vulsel.
Bak vir 30 minute en laat staan vir 5 min om af te koel.
4 porsies.

Resep geplaas deur Louw LP Senior
Foto: Louw LP Senior




BROODSLAAI A LA BENHET

BROODSLAAI A LA BENHET
1/4 brood in blokkies gesny en gediep braai
Meng saam en kook vir 5 min.
2 eiers
1/2 koppie gesmelte botter
1/2 koppie asyn
1 blikkie kondensmelk
1 teelepel sout
peper na smaak
2 teelepels mosterpoeier

Laat gebraaide brood en mengsels goed afkoel en meng deur. Strooi kaas oor.

Ekke love dit 😉

Bron: My ma se resepie
Foto: Benhet Nieuwenhuis