PAMPOENTERT A LA AMANDA

PAMPOENTERT A LA AMANDA
2.5 koppies gaar fyngedrukte pampoen (ek gebruik twee pakkies van Woollies se klaar opgesnyde pampoen wat ek stoom in mikrogolf?
1 koppie gesifte bruismeel
1 koppie vars room
1 koppie witsuiker
2 lekker vol eetlepels sagte botter
2 eiers
1 teelepel bakpoeier
Ek meng botter en suiker eerste by warm, fyn pampoen dat dit lekker smelt. Meng res van die bestanddele by. Skep in ‘n bak, sprinkel met kaneel en bak so 30 minute teen 180°C.
Bron: Amanda Diamond




GEBAKTE SNOEK


GEBAKTE SNOEK
Batter
1 ½ koppie koekmeel
1 ½ koppie bier
½ teelepel kerriepoeier
sout en peper na smaak

Meng alles saam tot ‘n loperige pasta.
Sny die snoek in porsies ons het ‘n halwe snoek gebruik.
Doop die stukke vis wat vooraf afgedroog is besprinkel is met ‘n
bietjie meel in die batter.
Bak dan in ‘n bietjie vlak olie vir drie tot vier min aan ‘n kant of tot lekker godbruin.
Ons het dit saam met blomkool in ‘n witsousie geniet asook suurlemoen skywe wat uitgedruk word oor die vis.
Ek het ook ‘n klein bietjie pietersielie oor gesprinkel net vir kleur.

Resep Rinie Louw
Foto Gideon Louw




KENT SE KERRIE

KENT SE KERRIE
6 knoffelhuisies
1 stuk gemmerwortel (so groot tot by jou duim se eerste lid)
1 ml growwe sout
2.5 ml fyn koljander
2.5 ml fyn komyn
2 E botter
2 uie in skyfies gesny
1 kg beesleis (ek het skaap nek gebruik)
1 kaneelstokkie
2 – 3 kardemomsade, gekneus (ek het 2 ml kardemom poeier gebruik)
1 – 4 steranyssade (ek het 2 gebruik)
10 – 15 ml kerrie poeier
1 ml rooipeper
1 k geskilde gekapte tamaties (ek het soma ‘n blikkie tamaties gebruik)
10 ml sout
3 k water of aftreksel (ek het beesaftreksel gebruik)
Stamp die eerste vyf bestandele tot dit ‘n pasta tekstuur aanneem. (die mengsel is masala)
verhit die botter in ‘n swaarboomkastrol en braai die uie tot ligbruin en sag. voeg die vleis by.
Braai 2-3 min lank en voeg dan al die speserye asook die masala, tamaties en sout by. kook oor matige hitte en roer aanhoudend tot die tamaties sag is.
Voeg water of aftreksel by en stowe 2-3 uur tot die vleis baie sag is . Verdik die sous met meelblom indien nodig.
(ek het die nie stowe op die plaat nie ek het dit in my agrilla bak skep en in die oond gesit vir 2 ure)
Bron: kook en geniet
Foto: Benhet Nieuwenhuis
Baie lekker geurig!!




GEVULDE RUMP STEAK

GEVULDE RUMP STEAK
500 g Rump steak
3 E roomkaas
halwe T tiemie
Olywe
Sout en peper na smaak
Maak ‘n sny in die steak strooi sout en peper in
Meng roomkaas en tiemie en druk in gleef. Gevolg deur olywe en dan weer roomkaas mengsel
Braai op lekker warm kole vir 4 min draai en smeer Jimmy sous en braai nog 4 min en draai en smeer Jimmy sous. Haal af en laat 4 min rus (maak toe met foelie op ‘n bord)
Let wel hierdie is ‘n rare to medium steak
HEERLIK!!!!!
Bron: insparasie op tv gesien en toe gemeng soos ek van dit hou
Foto:Benhet Nieuwenhuis




BILTONG EN TAMATIE QUICHE

BILTONG EN TAMATIE QUICHE
Deeg:
375 ml koekmeel
knippie sout
90 g koue botter gerasper
45 ml yswater
5 ml suurlemoensap
Sif meel en sout saam en vryf die botter in tot dit lyk soos broodkrummels.
Meng die water en suurlemoensap. en voeg by die deeg.
Ek het hier ‘n ekstra 45 ml yswater by gevoeg.
Meng deeg goed en vorm ‘n bal. bedek goed en verkoel vir 30 minute.
Voorverhit oond tot 200 ºC
Rol die deeg op ‘n meelbestrooie oppervlak uit en voer ‘n 23cm quichepan met die deeg uit. Prik die boom met ‘n vurk en bak 10 min lank blind.

Vulsel
30 ml botter
1 klein ui, fyngekap
1 koppie fyngesnyde biltong (ek het myne baie fyn gemaak en net bietjie oorgelos wat nog grof was)
12 kersietamaties
3 eiers
1 eiergeel
1 koppie room
125 ml melk
sout
varsgemaalde swartpeper
50 ml gerasperde parmesaankaas (ek het feta kaas gekrummel)

Verlaag die oond tot 180ºC.
Verhit die botter in ‘n pan en sorteer die ui tot sag.
Sprinkel die ui en bilton onder in die gebakte kors.
Plaas die tamaties eweredig verspei tusssen die biltong.
Klits die eiers en eiergeel saam, voeg die room en melk by en klits net tot gemeng. Geur goed met sout.
Giet die mengsel oor die biltong en tamaties in die kors totdat die kors vol is. Sprinkel peper oor.
Bak 30 minute tot ligbruin en ‘n mes skoon uitkom wat in die middel gesteek word.
Sprinkel die parmesaan oor sodra dit uit die oond kom.
HEERLIK
Foto: Benhet Nieuwenhuis




STOWE BOONTJIE IN TAMATIESOUS

STOWE BOONTJIE IN TAMATIESOUS
Iets anders met boontjies in tamatiesous. Lekker warm of koud.
15 ml olie
1 groot ui, gekap
2 knoffel toontjies, fyn
1 soetrissie, gekap
7.5 ml kerrie poeier
1 ml fyn kaneel
1 ml fyn koljander
1 ml fyn gemmer
1 ml fyn komyn
2 blikke boontjies in tamatiesous
1 groen appel, geskil en in blokkies
30 ml rosyne
30 ml blatjang
sout en peper
bietjie asyn

Braai rissie, ui, knoffel en speserye vir so 5 min. Roer gereeld. Voeg boontjies, appel, rosyne en blatjang by. Prut 20 min en voeg asyn by. Kook deur en bedien.
Bron: Heidi van Greyton
Foto: Martie Fourie Moolman




AVOKADOVORM

AVOKADOVORM
1 pakkie 80 g suurlemoenjellie
125 ml kookwater
250 ml avokado moes
125 ml mayonnaise
1 klein ui gerasper
Los die jelliepoeier indie kookwater op en laat dit effens afkoel.
Meng die aokado moes, mayonnaise en ui saam en roer die jellie by.
Skep in vorm en laat stol.

Foto: Benhet Nieuwenhuis




KUDUWORS

KUDUWORS
Resep en foto: Koos van der Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het maar my normale resep gevolg as ek wors maak met net die vleis wat verskil. Geen vark in nie.
7,5 kg vleis
2,5 kg beesbrisket vet
160 g sout
20 g swartpeper
20 g neutmuskaat
20 g naeltjie
200 ml bruinasyn
300 ml water
Maak maar gaar soos gewone wors in die pan. So lyk hy saam met pap en sous.




BLOMKOOL MET WITSOUS

BLOMKOOL MET WITSOUS
2 k melk
1 Desert lepel meel
1/2 k botter
1/4 t chillie flakes
1/2 t mostertpoeier
1/2 t sout
1/2 k cheddar kaas gerasper
Smelt die botter saam met 1 1/2 k melk in n mikrogolf oond
Meng intussen die meel en n halwe koppie melk tot n gladde pasta en voeg die botter en melk mengsel by en klits goed
Sit die mengsel in die mikrogolfoond en klits elke minuut tot dit dik en gaar is
Voeg die ander geurmiddels en kaas by en meng goed
Skep dan die mengsel oor gaar gestoomde blomkool en rooster in die oond vir vyf minute
Resep Rinie Louw
Foto Gideon Louw




MUESLI BESKUIT MET KARRINGMELK

MUESLI BESKUIT MET KARRINGMELK
Foto 1 : Louise Groenewald
Foto 2 en Nota: Renate Niebuhr Filter
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg bruismeel
1 kg muesli
500 g botter/margarien
500 g suiker (ek gebruik bruinsuiker)
500 g karringmelk
2 eiers
15 ml bakpoeier
10 ml sout

Meng droë bestanddele.
Smelt botter/margarien. Voeg karringmelk en eiers daarby.
Meng goed met droë bestanddele. Druk vas in pan/ne. (Ek gebruik ‘n beskuitpan met snyer).
Bak 30 minute by 180°C (Ek bak dit gewoonlik 35 minute by 190°C)
Droog oornag in ‘n koel oond. (Ek droog uit teen 70°C met waaier funksie en sit iets in die oonddeur om te keer dat dit heeltemal toegaan)

Nota: Renate Niebuhr Filter
Ek het die resep ongeveer 6 jaar terug iewers op die internet raakgelees. Resep is dus nie my eie nie.
Ek kry 100 stukke uit in my beskuitpan. Die foto is van 3 baksels.