GEBAKTE SKAAP SKENKELS

GEBAKTE SKAAP SKENKELS
1 skaap skenkels – Lamb shank (ongeveer 1kg)
2 Uie
Aartappels soveel jy wil in he
2 t Sout
1/2 t peper
1 t Roosmaryn
1 kp Rose wyn
1 kp bees aftreksel.
halwe knoffel bol
50 g tamatie paste
Meng alles saam en sit in swartpot.
hou halwe knoffel bol net so in sy velletjie en gooi in.
Bak 2 ure by 180 grade C
Druk knoffel uit hul velletjie (dit is dan omtrent soos ‘n paste) meng goed deur met sous.
En geniet!!!
Hou hom net dop want ekke het ‘n ekstra koppie wyn en ‘n ekstra koppie bees aftreksel by gevoeg na 1 en ‘n halwe uur want toe wil hy droog bak,
Foto: Benhet Nieuwenhuis




WITSOUT VIR “MAC AND CHEESE”

WITSOUT VIR “MAC AND CHEESE”
50g Botter
1/4 koppie Uie (fyn gekap)
1/4 koppie Koekmeel
1 blik Idealmelk
125ml Droë Witwyn
225g Cheddarkaas (gerasper)

Braai uie in die botter tot sag. Haal van hitte af.
Strooi meel oor en roer. Sout en peper opsioneel.
Voeg Idealmelk stadig by en roer oor lae hitte totdat botter/meel ‘opgelos’ het.
Voeg die witwyn by en roer oor lae hitte. Die wyn laat die sous dikker word.
Voeg gerasperde kaas by en roer tot gesmelt.
Meng met 250g Macaroni wat vooraf gekook is.
Verhit in die oond 180°C vir so 20 minute tot warm.

Resepie geplaas deur: Kanika Olivier




“KROKKEDIL” VARK FILLET MET SPEK TOEGEDRAAI EN IN HOISIN GEMARINEER MIELIEMEEL CHIPS

“KROKKEDIL” VARK FILLET MET SPEK TOEGEDRAAI EN IN HOISIN GEMARINEER MIELIEMEEL CHIPS
Tuisgemaakte Hoisin sous
1 koppie braaisous soos Jimmy’s
3 eetlepels molasse
4 teelepels sojasous
3 teelepels Chinese Five Spice poeier
2 eetlepels gladde grondboontjiebotter
2 ml rooipeper
5 ml gerookte paprika
Meng alles saam tot glad en gebruik om vleis te marineer die ten minste 2 ure.
Ek het die “krokkedil” in my glas oondjie gaargemaak soos volg:
Sit die lae rakkie onder in glas oondjie en maak die oondjie warm “pre-heat”.
Sit die vleis direk op die rakkie. Stel oondjie op 1 uur, 205°C en waaier op medium.
Ek het die vleis halfpad omgedraai.
Laat die vleis rus vir 5 minute voor dit gesny word.
***
Hollandaise sous vir aspersies
Hollandaise sous (die maklikste manier met stick blender)
Perfekte klassieke Hollandaise sonder dubbelkoker en sonder dat die sous skif of split.
3 eier gele
¼ teelepel Dijon mosterd
1 eetlepel suurlemoensap
1 druppel warm pepersous soos Tabasco
½ koppie botter
Metode:
Sit die eiergele, mosterd, suurlemoensap en Tabasco in ‘n maatbeker. Pols met stick blender vir 5 sekondes.
Maak botter in mikrogolf warm tot gesmelt. Druk die stick blender in die eiergele en sit aan op hoogste spoed terwyl die gesmelte warm botter stadig in dun stroom bygegooi word. Dit sal onmiddelik dik word. Hou die sousie warm deur in bak met warm kraanwater te sit tot opdiening.
Gebruik saam met Eggs Benedict, gerookte salm en gestoomde vars aspersies.
***
Oranje soetpatats met gemmerstroop is net patats in water gekook tot gaar en dan word botter en gemmerstroop (van my ingelegde gemmerstukke vir vrugtekoeke) daarby gegooi en geprut tot sousie begin karameliseer.
***
Mieliepap “chips”
Slap gaar mieliepap word in plat reghoekige bak gegooi tot gestol en koud.
Sny in vingers en braai al die kante in riffelpan met olie tot krakerig en effens verkleur.
Sprinkel met sout of fyn Parmesan. Bedien met enige vleis of hoender.
Foto: Elsabie Templeton




APPEL SLAAI A LA BENHET

APPEL SLAAI A LA BENHET
Braai ‘n halwe rooi uit en meng dan 1/4k rooiwynasyn en 2T suiker by en laat afkook tot 1E sous. Laat yskoud word.
Sny 1 steel van ‘n celdery fyn en
3 Rooi appels in blokkies.
Meng alles so uur voor opdien.
heerlike!!!
Foto: Benhet




ROASTED BEETROOT, BUTTERNUT AND CLEMENTINE SALAD

ROASTED BEETROOT, BUTTERNUT AND CLEMENTINE SALAD
Salad:
10 small baby beetroot
1 large butternut
6 clementines
1/2 cup pumpkin seeds
2 wheels of feta
1 bulb of fennel
mixed salad greens
Dressing:
2 parts olive oil
1 part white balsamic vinegar
juice of 2 clementines
1 tbs fennel leaves
2 tbs honey
Boil the beetroot until tender and cut into wedges. Sprinkle with olive oil, salt and pepper and roast in the oven. Remove and store. Prepare the butternut by cutting it into cubes. Sprinkle with olive oil and roast in the oven. Remove and store.
Slice the fennel bulb thinly with a mandolin. Sprinkle with olive oil and roast in the oven. Remove and store.
Allow all the roasted components to cool down well.
Segment the Clementines, using a sharp knife.
Toast the pumpkin seeds is a hot pan on the stove till a nutty flavour develops and the seeds have a deep color.
Start constructing the salad by laying a bed of mixed salad greens, followed by some beetroot wedges, butternut, Clementine segments, crumbled feta, pumpkin seeds and fennel. Repeat this process until all ingredients have been used. Garnish with optional fennel leaves and sprouts. Dress the salad before serving.
For the salad dressing, combine all ingredients in a jar and emulsify with a stick blender. Adjust the desired sweetness with more honey.
Photo: Johann Barnard




MOSSELS 3 MANIERE

MOSSELS 3 MANIERE

Ek het vars mossels gaan pluk hulle goed skoon gemaak, die baard gepluk en toe oop gestoom.
Ek het die eerste 1 net so in crushed ys bedien. Hulle word yskoud en is heerlik sommer net so.

Nr 2 het ek die mossels uit die skulpie uitgehaal en op ‘n stokkie geryg en gebraai oor die kole vir so 10 min met mayonaise en pietersielie gemeng.

Nr 3 het ek Gideon Louw se resepie net so bietjie aangepas en dit was heerlik!!!!!!!!!!!!!!
http://www.foodloversrecipes.com/2014/11/spek-en-mossels-sosaties/

Ek het slegs sy sous gedeelte gebruik van sy resep
1 teelepel kookolie
’n hand vol grasuie, fyngekap en ‘n handvol pietersielie
2 knoffelhuisies, fyngekap
125 g gesoute botter (ek het net 60 ml gebruik)
’n halwe koppie room (ek het hierdie uitgelos)
sout en peper
Braai ui en knoffel saam en voeg botter by om te smelt en ‘n handvol fyn pietersielie en sout en peper.
Draai mossels toe in bacon en ryg op ‘n stokkie. Ek het 1 met bacon en dan 1 sonder bacon op geryg.
Braai oor die kole en smeer die sous kort kort oor.

Foto: Benhet Nieuwenhuis




HOENDER – FILLETTE EN RYS VERRASSING

HOENDER – FILLETTE EN RYS VERRASSING
500gr hoender fillette (4 stukke fillet-genoeg vir 4-6 mense)
1 eetlepel hoenderspeserye
1/2 teelepel gemmer
2 eiers
Broodrummels – (ek sorg altyd dat ek groot genoeg voorraad het van die soort wat beskikbaar is by alle supermarkte – ek hou nie van die fênsy vooraf voorbereide krummels nie – gewoonlik te grof)
1 groot plastiek sak – ek gebruik die groot vriessakke
Genoeg olie of olyfolie

Sny skywe(nie te dik nie) oor die lengte van die hoender fillette.
Ek gebruik ‘n medium grootte toebroodjie plastiek sak, breek die eiers daarin oop en voeg dan die hoenderspeserye en gemmer by. Verseël die sakkie deeglik en meng/skud die inhoud totdat eiers en speserye goed gemeng is. Strooi die mengsel oor die voorbereide fillette in ‘n bak. Roer goed sodat dit kan versprei. (Die plastiek sakkie word weggegooi)
Gooi broodrummels in die groot plastieksak, voeg die fillette so 4-6 op ‘n keer by krummels. Skud dit goed sodat hoender bedek word met krummels. Gebruik ‘n koekroller om die filette so een vir een plat te rol – binne in die plastiek sak. Dit sprei uit soos dit platter gerol word en bespoedig die gaarmaak proses. Herhaal die proses tot alles gekrummels en plat gerol is.
Gebruik ‘n groot genoeg bak en bedek bodem met net genoeg olie. Pak die fillette langs mekaar in die bak. Wanneer alles in bak is, en deurweek is met die olie, gebruik ‘n vurk om dit om te draai, sodat die bokant ‘gesmeer’ word met olie.
Bak in die voorverhitte oond 180ºC vir ongeveer 20 min. Jy kan die hoender omdraai na 10 minute om te verhoed dat dit aan die bokant ‘uitdroog’.
Wanneer gaar, verwyder vanuit oondbak en plaas dit om kombuispapier om oortollige olie te dreineer.
Strooi bietjie sout oor….reg vir bedien….en heerlik sappig!

Die rys wat ek opgedien saam met die hoender is soos volg berei:
Kook 1 koppie rou rys tot gaar, spoel af en laat effens afkoel.
Ontdooi gedeeltelik 1 pakkie gevriesde Hawaiian Stirfry. Plaas in pan met ‘n klein bietjie olie, laat die groente net goed warm word en voeg gemaalde swartpeper en knppie sout by na smaak en dan die gaar rys daarby. Meng goed.
Siedaar jy het rys wat kleurvol lyk met die gemengde groente én heerlik smaak.
As ‘n bonus het ek ‘n baadjie aartappel in die mikrogolf gaargemaak, bolangs gesny en opgedien met ‘n mespunt botter.
Foto: Maria Kolesky




VISKOEKIES VAN VARS SARDYNE

VISKOEKIES VAN VARS SARDYNE
Resep en foto:  Benhet Nieuwenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
Maak sardienes skoon.
Braai oor lou warm kole met gerowe garlic sout.
Laat afkoel, verwyder die groot graat en vlok die vis.
Giet 1 eetlpele asyn oor en laat oornag staan.
Maak fyn in voedselverwerker. (hier kom baie grate uit en ander word fyn gemaal)
Viskoekies
Meng die volgende saam:
2 koppies kappokaartappels
1½ koppie koekmeel
1 ui fyn gerasper
1 eier
¼ teelepel peper
1 eetlepel suurlemoensap
1 teelepel sout

Meng in balletjies en rol in broodkrummels, sit in die yskas om goed koud te word en braai in matige olie tot gaar.
Heerlik 😉




FRANSE ROOSTERBROOD MET ‘N TWIST

FRANSE ROOSTERBROOD MET ‘N TWIST
Genoeg vir 4 persone
4 ½ snye brood
4 rooiworsies in ringetjies gesny
1 ui gekap en gebraai tot deursigtig
4 agurkies in ringetjies gesny
4 Ingelegte peppadews opgekap
2 hoenderdye opgekook en grof gepluis
1 groot spinasieblaar fyn gekap
Plat tamatieskywe
6 eiers geklits, met genoeg melk gemeng en gegeur met sout en peper
Gerasperde kaas
Pak 2 ¼ snye brood onder in ‘n vuurvaste oondbak.
Giet van die eiermengsel oor die brood en pak worsies op die brood.
Skep gebraaide uie oor en sprinkel gekapte peppadews oor.
Pak agurkieringe bo op peppadews en strooi grof gepluisde hoender oor, asook fyngekapte spinasie.
Pak tamatie ringe bo op.
Sit die res van die  2 ¼ snye brood bo op en giet die res van die eiermengsel bo oor.
Rasper genoeg kaas bo oor, en bak @ 180ºC tot gestol.
Foto en resep: Petré Van Jaarsveld




VINNIGE BESKUIT

VINNIGE BESKUIT
Foto: Benhet Nieuwenhuis
Dit was nogals baie vinnig en is lekker.
15 ml asyn
375 ml melk
2 eiers geklits
250 g botter, gesmelt
1 kg bruismeel
250 ml suiker
5 ml sout

Stel oond op 18°C.
Meng asyn, melk en eiers. Voeg by gesmelte botter.
Meng meel, suiker en sout in groot mengbak.
Roer bottermengsel by. Meng tot deeg vorm.
Voer oondpan met bakpapier.
Skep deeg daarin, maak gelyk bo-op en merk deeg af in vingers.
Bak 45 min of tot gaar.
Laat beskuit bietjie in oondpan afkoel, keer uit en breek in vingers.
Plaas beskuit op bakplate en droog uit by 90°C vir 4 tot 5 uur. Hou oonddeur op ‘n skrefie oop.