BANTING RUSK

BANTING RUSK
1 cup cream
4 eggs
125 g butter
1 cup almond flour
1 cup desiccated coconut
1 cup flaxseed
¾ cup xylitol
1 cup mixed seeds
1 ½ teaspoon baking powder
salt

Preheat oven to 180°C. With whisk cream eggs and butter together. Add all dry ingredients to butter mix. Press into a prepared pan and bake for 30 – 35 minutes.
Recipe: Marlene Minderon




GIDEON SE GEMARINEERDE LIESLAP ROL

GIDEON SE GEMARINEERDE LIESLAP ROL
gemarineer vir 4 ure in :
1/2 k woestersous
1 t raosted masala
1 t sout
2 e sweet chillie sous
1 e sojasous
1 e droe pietersielie
1 t gemaalde swartpeper
1 t chillieflakes
1 e olyfolie
wat alles saam gemeng is
Rol dan die twee lieslappe saam op en bind vas met ‘n tou
Plaas dan die vleis in ‘n oondvaste bak en giet die sous oor die vleis en bedek met foelie
Bak dit op 140 grade vir 3 tot 4 ure en draai na ‘n uur en ‘n half om en voeg ‘n kleinerige gekerfde ui by bedek weer met foelie
N halfuur voor dit klaar gebak is haal die foelie af en grill vir n paar minute
Ons het dit geniet saam met smash en pampoen en was djeeeerlik
Fotos : Gideon Louw




PANNEKOEK A LA BENHET

PANNEKOEK A LA BENHET
Ek het al paar keer pannekoek gemaak maar hierdie resepie is vir my nou regtig lekker.
125 ml olie
750 ml water
2 eiers
15 ml asyn
500 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
5 ml sout

Klits olie, water,  eiers en asyn tot gemeng.
Sif meel, bakpoeier en sout saam en roer by eiermengsel.
Giet klein bietjie olie in braaipan en bak pannekoeke.
Sit warm saam met kaneelsuiker voor.
Foto: Benhet Nieuwenhuis




LEMON TART WITH GINGER CRUST AND BERRIES

LEMON TART WITH GINGER CRUST AND BERRIES
200 g ginger biscuits
80 ml melted butter
1 tin (385 g) of condensed milk
½ cup of lemon juice
2 tablespoons lemon zest
3 eggs

Blitz  ginger biscuits until crumbed.
add  melted butter and press mixture into a round 20 cm tart tin. Refrigerate for 20 mins.
Whisk condensed milk,  lemon juice and  zest and  eggs together.
Pour into crust and bake at 180°C for 20 mins.
Remove and cool.
Sprinkle with icing sugar and top with berries.
Photo: Angela Landsberg




WHITE CHOCOLATE BROWNIES

WHITE CHOCOLATE BROWNIES
115 g butter
115 g caster sugar
2 medium eggs
125 g plain flour
200 g white chocolate, chopped
115 g fresh raspberries

Pre-heat oven to 190°C, 170°C Fan, Gas 5.
Melt butter, add half the chocolate and stir until nice and smooth.
Whisk eggs and sugar in a large bowl until creamy and slightly thickened.
Sieve flour into bowl and fold in gently with chocolate mixture, then add half of remaining chocolate and half raspberries.
Carefully pour mixture into an 18 cm (7 inch) square tin, lined with baking or greaseproof paper, brushed with oil.
Sprinkle remaining chocolate and raspberries on top.
Bake in pre-heated oven for 35-45 minutes until beautifully golden.
Leave to cool before cutting into delicious squares.
Photo: Angela Landsberg




GEROOKTE MOSSEL SOUTTERT

GEROOKTE MOSSEL SOUTTERT
Foto: Benhet Nieuwenhuis
2de foto:  Tanya Smith
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het hom gemaak 😉ek het net vars mossels gebruik en ook my eie mossels gerook.
1 ui, gekap
pakkie sampioene, in skywe gesny
2 blikkies gerookte mossels
1 koppie gerasperde cheddarkaas
3 eiers
4 eetlepels botter
125 ml melk
1 teelepel mosterdpoeier
1 eetlepel koekmeel
1 teelepel aromat
swartpeper na smaak (1 T)
rooipeper na smaak (1 T)

Voorverhitte oond teen 180°C.
Braai uie in botter tot deurskynend, voeg sampioene by en braai liggies, haal af van die plaat.
Voeg die gerookte mossels by met so 2 teelepels van die mossel olie.
Voeg gerasperde kaas, rooipeper na smaak by, roer liggies saam en giet in gesmeerde oondvaste bak.
In ‘n lekker groot mengbak, klits saam die eiers, melk, mosterdpoeier, koekmeel, aromat en peper, maak seker dis goed gemeng.
Giet die melkmengsel stadig oor mosselmengsel in tertbak.
Bak 180°C vir 30 min of tot gestol en mooi bruin.
Nota: Tanya Smith  – het hierdie lekker tert gemaak, maar met 1 blikkie gerookte mossels en 1 blikkie gerookte oesters.

Het die mossel souttert resep gebruik as riglyn. Het in die een tert salami, viennas en boeliebeef gebruik. In die ander een het ek artisjokke en spek gebruik. Bedien saam met n groen slaai.
Foto: Charleen Nieuwenhuizen




GEROOKTE MOSSELS

GEROOKTE MOSSELS
Ek het vandag mossels gaan pluk en hulle toe gerook. Heerlik
Pluk mossels op die rotse
Was en pluk baard.
Stoom tot oop gaan.
Voer ‘n kastrol uit met foelie, sprinkel saagsels op die foelie
Plaas ‘n draad rakkie in die pot en pak vol mossels.
Sit op lae vlam gas en laat rook vir 10min.
HEERLIK
Foto: Benhet Nieuwenhuis
Foto 1 – net voor rook
Foto 2 – In proses
Foto 3 – Mossels klaar gerook.




WENK OM KONFYT TE BOTTEL

WENK OM KONFYT TE BOTTEL
Wil net ‘n wenk deel om maklik die warm konfyt te bottel. Sny ‘n 2 liter melk bottel of soort gelyk af soos ‘n tregter…..dit het mos reeds ‘n handvatsel. Nou kan jy die warm konfyt in jou bottels gooi of skep sonder om te brand.
Wenk en foto geplaas deur Barbie Willemse




GEDROOGTE PIETERSIELIE

GEDROOGTE PIETERSIELIE
Sny alle blaartjies van die stamme af.
Plaas sommer ‘n dik laag op kombuispapier.
Mikrogolf vir 1 min.
Roer en mikrogolf dan 30 sek,  roer en herhaal tot droog.
Vryf fyn en stoor in glas botteltjies.
Foto: Benhet Nieuwenhuis




D SE HOENDER MAYO PANNEKOEKE

D SE HOENDER MAYO PANNEKOEKE
4-6 hoender stukke van die been af gekook (kan ook fillets gebruik, maar kook moeilik sag)
¾ koppie mayonnaise
± 4 eetlepels tamatiesous
2 teelepels suiker
2 eetlepels Sweet Chilly sous
speserye na jou keuse, sout en pepper
½ gekerfte ui, of 1 klein ui
Kook die hoender van die been af en kerf so fyn moontlik, braai die ui liggies en meng al die bestanddele saam in ‘n potjie, kook alles saam vir so 5 min max.  Sous verdun sodra dit gekook word, maar verdik weer sodra dit van die stoof af kom. Pak dan so 2-3 eetlepels binne jou pannekoek en rol toe.
Ek gebruik dieselfde mengsel in ‘n pastry en bak as ‘n pie, net so heerlik en gebruik selfs vir lunch die volgende oggend. Dit stol baie lekker koud of warm.

Pannekoek beslag:
2 koppies koekmeel
2 teelepls bakpoeier
3 groot eiers
2 koppies melk
1 koppie water
1 eetlepel suiker
Meng al die droë bestanddele, dan die melk, eiers en suiker saam en dan stadig meng die melk mengsel in jou meel, as dit te dik voorkom, gebruik die water om by te meng totdat dit dun genoeg is na smaak, as dit te veel vasbrand, sit ‘n extra eier by dan brand dit nie vas nie.
Foto: Dominique Oosthuizen