HOENDER IN MIKROGOLF

HOENDER IN MIKROGOLF
4 hoender stukke (boudjies)
20 ml  asyn
30 ml soyasous
hoenderspesery
vars tiemie
vars sage
vars roosmaryn

Sit hoender in mikrogolf bestande bak met deksel.
Strooi hoenderspesery oor.
Skud soyasous oor.
Voeg bietjie asyn by.
Mikrogolf by 70 % vir 15 minute.
Dan 10 minute by 100 %.
Mikrogolwe verskil, dit is hoe ek doen en kyk so na 7 minute.
Ek draai nie hoenderstukke om nie.
Foto: Marie Dumas Jennings




CHOCOLATE FUDGY MARIE BISCUIT SQUARES

CHOCOLATE FUDGY MARIE BISCUIT SQUARES
250 butter
125g cocoa
500 g icing sugar
1 egg
1 tsp vanilla
1 pkt marie biscuits

Melt the butter (on the stove or in a microwave), mix in the cocoa and icing sugar in a very large bowl (don’t worry about sieving – the mixture becomes thick enough to mix out all lumps). Stir in the eggs and vanilla, mix until smooth and glossy.
Add the crushed biscuits and mix into the glorious chocolate gloop until well covered. At this stage add other optional extras – glacé cherries/ rice crispie cereal/ mini marshmallows/ nuts.
Spoon out onto a pan and flatten the mixture with a spatula. (This mixture can be spooned into any container to set – asses how high you would like your squares to be and adjust by pouring into a wider lipped container).
Refrigerate for 2-4 hours or till set, cut into squares and keep in an airtight container.
Photo: Debra Esterhuyse




HOPSBIER

HOPSBIER
Resep was oorspronklik met orige brood krummels gemaak maar maklike een:
500 ml semels
13.5 liter water
250 ml rosyne
250 ml hops
1,5 kg suiker
5 ml droë brouersgis – nie die soort wat vir voeding gebruik word nie

Bring die semels tot kookpunt in 6,75 liter water.
Hou een koppie suiker eenkant en gooi die res by die semels, asook die hop.
Karamelliseer die koppie suiker in ’n pan en gooi dit by die kokende semels. Laat kook vir 5 minute. Verwyder van die hitte en voeg die rosyne en die res van die water by. Roer die gis by. Laat staan die mengsel vir 24 uur.
Gooi die bier deur ‘n klam doek. Gooi in bottels en kurk. Laat dit ten minste vir 7 dae staan voor gebruik.
Indien moontlik gebruik sjampanje gis, werk goed.
Bruin suiker of muscavado kan gebruik word as jy nie wil suiker karameliseer.
Resep verskaf deur: Punk Pompies




TUISGEBAKTE PIZZA

TUISGEBAKTE PIZZA
Foto: Susan-Katryn Janse van Rensburg
Kors is brooddeeg wat ek baie dun uitrol. Ek maak ook my eie tamatiesous vir die basis, en ek gebruik Mozzarella, Cheddar en Gouda kase. Jy kan gebruik waarvan jou familie hou.

Tamatie sous:
4 baie lekker ryp tamaties, in blokkies gesny (ongeveer 2 koppies)
1 groot ui, fyn gesny
2 – 4 knoffel huisies
10 mg oraganum
10 mg basil
100 g tamatiepasta
1 lourierblaas
1 – 2 teelepel suiker
1 teelepel chilly flakes, opsioneel
2 eetlepel Canola of olyf olie

Braai dan eers die uie tot deurskynend.
Voeg die knoffel by en braai vir so ‘n minuut of 2.
Voeg al die ander bestanddele by en laat alles stadig saam kook totdat die sous effens verdik het.
Maak fyn en gebruik dit as jou tamatie basis vir pizzas.




OONDGEBAKTE AARTAPPELS MET STEAK EN SLAAI

OONDGEBAKTE AARTAPPELS MET STEAK EN SLAAI

Oondgebakte aartappels: sny in dun skyfies maar nie reg deur nie. Bedruip met olie. Sout na smaak en gooi Robertson Aromatic Potato spice oor. Bak teen 190°C vir so 45 minute of tot gaar. Smelt 2 eetlepels botter en bedruip die aartappels net voor opdiening.

Tenderiser steak : 6 stukke steak
2 eiers
1/2 koppie krummels
2 eetlepels ina paarman meat spice.
Klits eiers, meng krummels en meat spice. Plaas vleis eers in eier dan in krummels. Braai in vlak olie vir so 1-2 minute aan elke kant (hang af hoe dik die steaks is).

MANGO SLAAI
Slaai: blaarslaai, komkommer, tamatie, rooi peper, mango, druiwe, Feta kaas. Bedruip slaai met balsamic gold reduction.
Foto: Adele Horn




AMARULA CHEESE CAKE

AMARULA CHEESE CAKE
200 g digestive biscuits
½ cup melted butter
1 cup Amarula
1 tablespoon gelatin
500 g cream cheese
½ cup sugar
1 cup cream

Crush biscuits and mix with melted butter and spread evenly at the bottom of a cake tin.
In a separate bowl combine Amarula with gelatin and microwave for 1 min, until the gelatin is melted.
In a large bowl combine the cream cheese with sugar and mix until fluffy.
Add the Amarula mixture and beat until combined.
Beat cream until light and fluffy and ad to the cream cheese mixture.
Spread the mixture over the biscuit base and refrigerate for 2 hour.
Photo: Benhet Nieuwenhuis

Nota: Ek het my Amarula en gelatine langer in die mikrogolf gehad en bo-oor het ek choc chips gesprinkel.
Baie lekker!




KAASSTROOITJIES

KAASSTROOITJIES
560 ml meelblom
10 ml bakpoeier
5 ml sout
2,5 ml rooipeper (ek gebruik 3 ml)
2 koppies gerasperde cheddarkaas
1 koppie gerasperde botter
yswater (ek het min of meer 60 ml gebruik)
1 eier geklits

Voorverhit oond 230°C.
Meng al die droë bestanddele.
Vryf die botter daarby in.
Voeg yswater drupsgewys by en meng tot ‘n stywe deeg.
Rol deeg 6 mm dik uit. Verf met geklitste eiers.
Sny in respies van 1 x 8cm en bak 10 min lank.
Laat strooitjies in die louoond uitdroog en bere in lugdigte blik.
HEERLIK!!
Foto: Benhet Nieuwenhuis




STRAWBERRY PRETZEL DESSERT

STRAWBERRY PRETZEL DESSERT
Recipe : Mary Wermers Larter
FOOD LOVERS RECIPES
1 ½ cups crushed pretzels
½ cup margarine
½ cup sugar
Filling:
¾ cup sugar
200 g plain cream cheese
250 ml fresh cream, whipped
Topping:
4 boxes strawberry jelly
4 cups boiling water
400 – 500 g fresh strawberries, slicedMelt the margarine and mix with the crushed pretzels and sugar. Pat the mixture in a 9” by 13” cake pan and bake in the oven for 8 – 10 minutes at 180ºC.
For the filling, mix the sugar, cream cheese and whipped cream together. Spread this mixture over the cooled pretzel crust and place in the fridge to chill.
For the topping, mix the jelly with the boiling water and let it cool a bit. Add the sliced strawberries to the jelly and let this mixture chill until it starts to thicken. Pour the jelly mixture over the cream layer and place the tart in the fridge to chill. This is the best pudding. Serves 15 people.
Note: Even better with raspberries, frozen ones are fine.




VRUGTEKOEK A LA RINA

VRUGTEKOEK A LA RINA
6 koppies droë vrugtekoekmengsel
1 koppie gesnipperde kersies, groen en rooi (Ek sit ½ koppie groen gesnyde kersies in en ½ koppie rooi kersies in)
¾ koppie gekapte pekanneute

Week  bogenoemde oornag in ½ koppie Old Brown sjerrie.
Voeg die volgende dag die volgende by:
1 teelepel Rum geursel
1 teelepel amandel geursel
(Jy kan ½ koppie swart koffie byvoeg, maar ek sit so ¼ koppie Mokador by die oornag mengsel.)

2 koppies koekmeel
250 g botter
5 eiers geklits
3 eetlepels appelkooskonfyt
1 koppie bruinsuiker
1 teelepel mixed spice
1 teelepel gemmer
¼ teelepel elk koeksoda, nutmeg en fyn naeltjies

Meng sagte botter en suiker goed. Voeg geklitste eiers en appelkooskonfyt by oornag mengsel. Meng baie goed.
Sif meel en droë bestanddele by en meng goed dat alle meel ingewerk is.
Bak by 140°C vir ‘n 1 uur en dan vir 1½ by 120°C.
Haal uit, giet brandewyn oor na jou smaak.
Laat koud word in die pan. Keer die koek môre oggend uit die pan en giet nog bietjie brandewyn of as jy Old Brown sjerrie wil oor, is dit ook ‘n goeie keuse.
Maak goed toe in lugdigte houer of foelie.
Foto: Rina Botha




KRAKERTJIES

KRAKERTJIES
250 g botter (moet botter wees)
250 g (300 ml) witsuiker (moet witsuiker wees)
2 eiers
5 ml vanilla geursel
500 g bruismeel
1 ml sout
graanvlokkies bietjie fyn gedruk maar nie te fyn nie

Room botter en suiker saam. voeg eiers 1 vir 1 by en klop goed na elke byvoeging.
Roer geursel by. Sif bruismeel en sout saam, en meng met die bottermengsel.
Rol deeg in klein balletjies en rol balletjies in graanvlokkies. (indien verkies kan graanvlokkies fyngemaak word).
Plaas balletjies ‘n entjie uitmekaar op ‘n gesmeerde bakplaat, druk met ‘n vurk plat.
Bak 10 – 12 min by 190°C of tot goudbruin.
Lewer ongeveer 130 koekies
Resep geplaas deur Tanya Smith