EISBEIN BOLOGNAISE


EISBEIN BOLOGNAISE
45 ml olyfolie
250 g spek
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies
4 Eisbeins, klaar gaar (ek het net 1 van 1,2 kg gebruik)
1 blikkie tamaties, gekap
250 g tamatiepasta (ek het net 115 g gebruik)
3 takkies tiemie (ek het 1 T gebruik)
350 ml rooiwyn
100 g parmesaankaas
sout en vars peper na smaak
Verhit die olyfolie en braai spek en ui en knoffel (ongeveer 5 min).
Voeg die gevolkte varkvleis by en braai vir 5 – 8 min.
Voeg die tamatie, tamatiepasta, rooiwyn en tiemie by. Meng goed deur en laat prut vir 15 min.
Voeg parmesaankaas by en proe en voeg sout en peper by.
Bedien op pasta van jou keuse.
Foto: Benhet Nieuwenhuis
Nota: Ek het bietjie suiker bygevoeg en ‘n groot lepel vol basilpesto.
HEERLIK












