SPINASIE, KAAS EN UIE BROOD

SPINASIE, KAAS EN UIE BROOD
4 kp koek meel
1/2 kp suiker
ongeveer 3 teel sout
1 pakkie Yeast
1/2  hand vol gemende groen spesserye
2 koppies lou warm water
Maak jou deeg aan

Kap ‘n lekker groot ui op,  jy kan spriet ui ook inkap.
Was jou spinasie mooi skoon en sny dit in repe.
Rasper so 2 koppies van jou gunsteling kaas, (ek gebruik lekker Cheddar en daai ou bleek enetjie dink dis Tassers soet melk).
Gooi alles by jou deeg en meng (knie) dit lekker in.
Voorverhit jou oond tot 180 grade C.
Laat jou deeg rys vir so ‘n uur of twee, knie dit af en dan sit jy die deeg in jou brood pan wat jy goed met spray en cook gespuit het.
Laat die deeg dan weer rys in die pan en dan sit jy nog kaas bo-op die broodjie en so ‘n paar uie ringe.
Bak vir ‘n uur en haal hom uit sodra hy gaar toets.
Foto: Marie Blom




BRUIN HEUNINGBESKUIT

BRUIN HEUNINGBESKUIT
500 g bruinmeel
125 g botter
200 g heuning
250 ml karringmelk/ongegeurde jogurt
1 eier
1 teelepel sout
2.5 teelepels bakpoeier
1 gelyk teelepel koeksoda
50 g neute en sade (net soos jy verkies)

In een bak, plaas alle droë bestanddele.
Meng die eier en karringmelk saam.
In ‘n ander bak, smelt die botter en heuning (moet nie kook nie).
Voeg die karringmelkmengsel by die heuningmengsel.
Voeg alles dan by droë bestanddele and meng goed.
Plaas in die beskuitpanne.
Bak vir 180°C (160 in konveksie oond) vir 35 – 40 minute.

Wenke:
Gebruik ‘n groter pan as gewoonlik, sodat dit platter kan wees en nie so baie hoef te bak nie. (32 blokkies)
I used a standard size baking tray – A4 size. It all depends on how big you want these rusks. As it’s so filling I made it more into bite size, rather than traditional big chunks.
Die mengsel is loperig so moenie bekommerd wees nie.
Koeksoda – maak dit lekker bruin en rys dan nie so baie nie.
Wat is bruinmeel:
Alta de Wet:
Volgens Google: Malted wheatgrain – This is brown or wholemeal flour with added malted grains. Ek sal volkoring meel gebruik.
Kyle Jensen:
Alta dit sal werk. Probeer en laat ons weet. Ek het baie keer verskillende mele oor, so maak variasies.

Foto en resep: Kyle Jensen




NEUTKOEKIES

NEUTKOEKIES
250 g sagte botter
125 ml versiersuiker
100 g ongesoute neute van jou keuse grof gekap
15 ml volroommelk
1 t vanieljegeursel
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
knippie sout
250 ml versiersuiker

Stel die oond op 180 grade C.
Voer ‘n bakplaat met bakpapier uit.
Klits die botter en versiersuiker ongeveer 4 min lank tot liggeel.
Voeg die neute, melk en vanieljegeursel by en roer tot gemeng.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam en roer by die bottermengsel in.
Skep teelepelsvol deeg uit en rol dit in balletjies.
Druk koekies effens platter
Bak 15 minute lank tot ligbruin.
rol koekies in versiersuiker terwyl dit nog warm is.
HEERLIK!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Foto: Benhet Nieuwenhuis




ONGEBAKTE GRONDBOONTJIE BLOKKIE

ONGEBAKTE GRONDBOONTJIE BLOKKIE
Kors
1 pakkie tennisbeskuitjies
knippie kaneel
90 g botter gesmelt

Vulsel
250 g botter
250 ml growwe grondbooontjiebotter
625 ml gesifte versiersuiker
625 ml rice krispies

Bolaag
200 g witsjokolade
3 eetl gladde grondboontjiebotter

Voer ‘n bak van 30×20 cm met bakpapier uit.
Kors: maak die koekies fyn en voeg die kaneel en botter by. Druk dit vas in die bak.
Vulsel: Smelt die botter en roer die grondboontjiebotter by tot gesmelt. Verwyder dit van die hitte. Voeg die versiersuiker by die mengsel en meng goed. Roer rice krispies by en meng. Skep dit op die kors en maak dit gelyk bo-op. Verkoel 2 ure lank.
Bolaag: smelt die sjokolade en meng grondboontjiebotter by. Skep die bolaag oor die vulsels en laat stol.
Heerlik met of sonder die bolaag.
Resep geplaas deur Benhet Nieuwenhuis




KRUIE KLUITJIES (DUMPLINGS)

KRUIE KLUITJIES (DUMPLINGS)
250 g bruismeel
3 ml sout
30 g botter
30 ml vars fyn gekapte kruie of 10 ml droë kruie
Omtrent 125 ml melk of water of ‘n mengsel van die twee

Sif meel en sout saam.
Vryf botter in meel tot dit soos broodkrumerls lyk.
Voeg kruie by.
Meng genoeg melk/water by om ‘n sagte deeg te vorm.
Skep lepels vol deeg op kokende stew of groente, sit die deksel op.
Op die stoof – so 10-15 min, sonder om die deksel op te lig, die kluitjies slaan toe.
Ek het dit in die prutpot gemaak en dit werk perfek. Was in die prutpot vir ongeveer 1 uur en moet glad nie die deksel oplig in daai tyd nie. Skep op en geniet.
Foto: Nicolette Papas




HOME BAKED BREAD

HOME BAKED BREAD
The easiest, softest and most delicious. Recipe can be used for rolls too.
1 sachet yeast
2 and 1/4 cups of lukewarm water
1/4 cup of sugar
2 Tablespoons of oil
1 tsp of salt
5 and 1/2 cups of flour

Mix the yeast and water in a large mixing bowl, add a pinch of sugar and let it rest for 5 minutes.
Thereafter add the oil, sugar and 4 cups of the flour.
Knead into a soft dough, add the rest of the flour a little at the time until dough is nice and rollable. (You may not need all the flour)
Leave to rise in an oiled bowl for 2 hours.
Put into a greased loaf tin and leave for another 1/2 hour.
Bake at 180 degrees C for 35 minutes.
Spread melted butter on top as soon as it’s baked.
Photo: Yasmeen Ibrahim




LAMSRIBBETJIE IN DIE OOND

LAMSRIBBETJIE IN DIE OOND
60 ml balsamiese asyn
60 ml heuning
60 ml chutny
60 ml olyfolie
60 ml suurlemoensap
60 ml woestersous
1 eetl crushed garlic
1 teel chillie flakes
1 eetl aromat
1 teel gerookte paprika
1 teel witpeper
1 medium ui, in skywe gesny

Meng alles saam.
Plaas twee kleinerige lamsribbetjies in ‘n oondpan en giet die sous en die uie daaroor.
Bedek met foelie en bak in die oond vir 2 ure op 160 grade.
Na twee ure haal die foelie af en sit die skorsies by met die oopkant ondertoe op die vleis en bedek weer met die foelie.
Bak dan vir nog ‘n half uur en haal die foelie af en bak vir nog ‘n halfuur.
Die vleis was murgsag.
Ons het dit saam met rys geniet en dit was heerlik.
Foto: Gideon Louw




3 BEAN SOUP

3 BEAN SOUP
I used 3 different types of beans
2 tins of tomato and onion mix
5 stalks celery
2 onions
5 small carrots
2 cubes of beef stock
4 packs of smokey Oxtail Soup
2 tbl spoons of bovril
salt and white pepper
beef brisket, about a kg
Enough water to just about fill the pot

This all I did in my 11L Pressure pot. Did not soak the beans. Took about 2.5 Hours in my pot.
Photo: Maritza Farham




GEMSBOK BREDIE IN DIE DRUKKOKER

GEMSBOK BREDIE IN DIE DRUKKOKER
2 uie, opgesny
10 gemsbok rashers, opgesny
4 aartappels, geskil en halveer
2 wortels, geskil en in ringetjies gesny
handvol gekerfde groenboontjies
4 knoffel stukkies, opgesny

Braai die uie en knoffel, gooi die vleis by en braai. Gooi al die groente in met 2 koppies Beef Aftreksel. Drukkook vir 40 min. Ek het nie nog speserye bygegooi nie omdat die Rashers klaar gespice is. Wanneer die druk af is. Dan meng ek van die sous met Bisto, tamatiesous en Chutney. Laat prut tot die sous dik is en bedien
Foto: Michelle Joubert




EENVOUDIGE KARRINGMELK BESKUIT

EENVOUDIGE KARRINGMELK BESKUIT
500 g botter
2 ekstra groot eiers
3 koppies suiker
4 koppies karringmelk
2 kg bruismeel
4 teelepel bakpoeier
7,5 ml sout

Stel die oond op 160 ºC.
Smelt die botter in ‘n kastrol oor lae hitte.Roer af en toe.
Verwyder dit van die hitte en laat effens afkoel.
Klits die eiers en roer die suiker en karringmelk daarby.
Roer die afgekoelde bottter by die eiermengsel tot gemeng.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
Roer die bottermengsel by die meelmengsel tot deeg vorm.
Knie die deeg ongeveer 4 min lank.
Bak die beskuit ‘n uur lank tot ligbruin.
Laat dit effens afkoel in die panne en droog ongeveer 5 ure lank teen 50°C.
Foto: Benhet Nieuwenhuis en Anmarie Watney