HOMEMADE GRANOLA

 

12669431_10153903704458497_6771293008825958691_ntested

HOMEMADE GRANOLA

300g whole grain oats
130ml honey
4 tbsp coconut oil
1 tsp vanilla extract
1/2 cup almonds
1/4 cup dried roll up fruit or dried berries
15 ml ground cinnamon
50 g flaked or desiccated coconut
1/3 cup raisins
Optional:  4 tbsp sesame, sunflower, pumpkin seeds each!
Mix oats, honey, oil and vanilla put in oven proof dish and bake for 20 minutes. Add rest of ingredients increase oven temperature for another 5-10 minutes depending on degree of crunchiness. I however added the raisins when it was done otherwise it will be to hard. Enjoy with yoghurt.
Photo and recipe: Gail Lynn Daniels Joshi




TUISGEMAAKTE GOUESTROOP

12650907_10208442576802938_7131506531860903391_ntested

TUISGEMAAKTE GOUESTROOP
Foto en resep: Petré Van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
6 x 250 ml suiker
750 ml (3 koppies) koue water
15 ml (3 teelepels) kremetart

Meng suiker, die helfte van die water en kremetart in ‘n groot kastrol.
Roer oor lae hitte tot suiker opgelos is.
Kook oor matige hitte tot stroop ligbruin is, sowat 15 – 20 minute.
Voeg res van die water stadig by.
Verwyder van hitte en giet in gesteriliseerde flesse.

Nota:
Jan Pieterse: danki Petré, en jy sê hy werk net so goed soos die winkel s’n?
Petré Van Jaarsveld: Jip, en teen baie goedkoper as die winkel s’n.
Dit gaan nog baie loperig lyk, maar moenie langer kook as die tyd nie – 15 tot 20 minute op die langste, anders gaan jy dit nie uit die flessies kry wanneer dit afgekoel is nie.




HOENDER A LA ITALIAN

tested
HOENDER A LA ITALIAN
1 heel hoender (of stukke)
1 bottel Knor Italiaanse slaaisous
Plaas die hoender in ‘n oondvaste bak. Jy kan heel aartappels rondom die hoender pak, maar eers so na omtrent 15 min in die oond. Giet die hele bottel slaaisous oor die hoender. Bak in die voorverhitte oond op 180ºC vir omtrent so 1 uur of totdat jy sien die hoender is deurgaar en mooi bruin.
Nota – Jy kan die Italiaanse slaaisous met Griekse of Franseslaaisous vervang, die hoender kan nie een van die drie tale verstaan nie.
Resep: Petra Nel




PETRÈ SE GEMMERKOEKIES

12644917_10208429718161480_1721323006175449583_ntested
PETRÈ SE GEMMERKOEKIES
Foto’s: Petré Van Jaarsveld en Lyn Pieters
FOOD LOVERS RECIPES
Resep is gekry uit ‘n handgeskrewe boek. Gemmerkoekies Rene – ek het geen idee wie Rene is nie. Dit is maar soos resepte vroeër jare bymekaar gemaak was.
Ek het die deeg uitgerol en uitgedruk.
3 x 500 g bruismeel
5 teelepels koeksoda
500 g goue stroop
500 g margarien
6 eiers
2 eetlepels gemmer
1 kg geel suiker
1 teelepel sout

Room suiker, eiers en stroop. Sif droe bestanddele saam.
Vryf margarien in meelmengsel. Meng eiermengsel met meelmengsel.
Maak klein balletjies en pak nie te na aanmekaar nie.
Moenie balletjietjies plat druk nie, hulle loop vanself plat.
Bak teen 180°C vir om en by 10 tot 12 minute.




STOKVIS A LA RINIE

 

12650932_982682241769600_2018485562357815319_ntested

STOKVIS A LA RINIE

Plaas jou stokvis fillette in n oondvaste glasbak wat gespuit is met spray & cook. Drup n bietjie suurlemoen sap oor die vis; smeer dan die fillette met lagie mayonaose en geur dan met sout , swartpeper en crushed garlic. Grill dan die vis vir +- 15 min tot mooi bruin en siedaar saam met dit was gesmashde aartappel asook n lekker tamatie , uie en greenpepper slaai met n bietjie suiker en asyn en peper daaroor.
Foto En Resep: Gideon Louw




DEEP FRIED TORTELLINI

tested
DEEP FRIED TORTELLINI
Feta cream en black pepper cream – bedien met tamatie en kruie sous
Pasta deeg:
2 koppies meel
2 eiers
1 eier geel
3 eetlepels olyf olie

Rol deeg deur pastamasjien om regte dikte te kry. Nr 7 – 5.
Druk sirkels uit. Vul met vulsel van jou keuse. (feta peper room wat ons gedoen het)
Vou in tortallini vorms, seël met eier.
Rol in meel en braai in warm olie.
Bedien met tamatie kruie sous, of sous van jou keuse.

Resep en foto: Monique en Cecil Dunhin




AFRIKA KOMKOMMER KONFYT

12654414_216282208716594_4590356102041145222_nvarkie konfyt

AFRIKA KOMKOMMER KONFYT
1 kg Afrika komkommer pulp (binneste gedeelte sonder die skil) (Ook bekend as varkies)
750 g suiker
50 ml suurlemoensap
2 ml sout

Meng bestanddele en laat staan vir 30 min.
Kook stadig in ‘n dikboom kastrol tot dik.
Voeg 5 ml gelatien by om sandsuiker te voorkom.
Bottel warm.
Resep: Betsy Bruwer
Foto 2:  Sharon Cronje




MAGDA SE GEMMERKOEKIES

jan se gemmerkoekiestested
MAGDA SE GEMMERKOEKIES
Resep en foto: Magda Van Der Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
180 g regte botter
60 ml goue stroop
250 ml suiker
1 eier
560 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
10 ml fyn gemmer
5 ml fyn “mix spice”
ekstra suiker

Smelt botter en goue stroop in kastrol, verwyder van hitte en roer die suiker by.
Klop nou die eier by met houtlepel, voeg die gesifte droë bestanddele by en meng tot sagte deeg.
Rol nou in balletjies en dan elke balletjie weer in ekstra suiker en pak op gesmeerde bakplaat.
Druk plat met vurk en bak vir 12 min op 180°C.




JAMAICAN LAMB CURRY

12642502_10208006081772043_1474571849060014683_ntested
JAMAICAN LAMB CURRY
Serves 6
800g diced leg of lamb, mutton or goat
2 heaped tablespoons Caribbean Curry Powder
1 large onion, chopped
2” piece of root ginger, grated
2 cloves of garlic, crushed
1 scotch bonnet pepper, seeded and chopped
Small (approx 2”) piece of cinnamon stick
Salt and black pepper
Oil for marinating and browning
Approx ½ pint of hot water

Place the lamb in a bowl and stir in the onion and curry powder, add a little of the oil as this helps the spice stick to the meat. Cover with cling film and leave to marinate in the fridge for at least 1 hour but preferably overnight.
Heat a glug of oil in a heavy frying pan or wok. Scrape away as much of the onion as possible from the lamb and set to one side.
Brown the meat in batches until well coloured.
Reduce the heat and add the onion, garlic, ginger, scotch bonnet, salt and pepper and fry gently for 5 minutes until the onions begin to soften.
Add the water and cinnamon stick to the pan, give everything a good stir, cover and leave to simmer for 1 hour. Check the pan half way through and add more water if required.
After 1 hour taste check for seasoning and sauce consistency, the gravy should be nice and thick and the meat tender. Boil rapidly to reduce if necessary.
Recipe adapted : Elize de Kock
Photo: Elize de Kock
Tweede foto: Elize de Kock
Al baie kerrie geëet maar hierdie een was die beste ooit. Resep hier onder, maar ons het bok gebruik.
Gebruik Mother In Law as jy nie carribean curry kan kry nie. Dit is potent maar baie lekker. 1.5 eetl op die resep was vir ons lekker. Maar miskien te veel vir iemand wat nie van sterk hou nie. Die moeder van alle kerrie. Die het cumin, coriander, turmeric, red or black pepper, cardamom, clove , mustard, ginger, bay leaf, fenugreek in . Sit chilli in as jy wil. Baie carribean.




TUISGEMAAKTE ROOMKAAS

tested
TUISGEMAAKTE ROOMKAAS

Resep: Sandra Loots Marais
Foto:  Charmaine Van Staden
2 liter Amasi
Vergiettes
Skoon vaddoek
Emmer/bak
Sit die vaddoek in die vergiettes en sit hierdie in n bak/emmer sodat die handvatsels hom bo hou. Gooi die Amasi in en sit in die yskas vir 24 uur. Klop vinnig en sit in bakkies. Jy kan dit ook geur met peper, spring onions ok kruie van jou keuse. Lewer ongeveer so 900g roomkaas vir R23. Gebruik die wei in soppe, stews in die plek van aftreksel en in jou gebak in plek van water of melk. Heerlik.